Veertig randeiers het uitgebroei in die rioolsloot van die nuwe Suid-Afrika. Hulle het dit goedgedink om ‘n smeerskrif te skryf, waarin ons Afrikaner verlede liederlik belaster word. Hulle poseer as intellektuele politieke raadgewers wat geȉnspireer is deur ANC beleidsrigtings. Ek kan maar net sê; geleerdheid in die kop van ‘n dwaas
is erger as purgasie in die maag. Met reg kan hierdie 41 as Suid-Afrikaner hibriede hoenders beskryf word, wat dringend uit die Afrikaner huishouding uitgeboender moet word.
Kennelik het hierdie neo-liberaliste ‘n breuk gemaak met die realiteit wat hulle probeer vergoeilik met absurdhede. Met fantasieë oor reënboë, probeer hulle optimisme laat opstuwe in die buiteland, soos skuim in ‘n rioolsloot. Hulle propageer ‘n inkarnasie van ‘n swart domein, ingekleur in queerwaardes. Soos radioaktiewe afval, vergiftig hulle die eers leefbare ruimte van die apartheidsera tot 'n rioolsloot. Hulle probeer om ‘n ondergrondse politieke wêreld te verpak as “super cool”. ‘n Heersende diskoers in hul denke, laat hulle twyfel of hul wit vel in Suid-Afrika hoort. Dit is so asof hulle ‘n rituele selfreiniging gekry het in “Madiba Magic”.
Onkant gevang aan die rand van die kant, word daar nou gespoeg op ‘n trotse Afrikaner verlede. Vervreemd van ‘n eie wêreld (blank Suid-Afrika) word ‘n kosmopolitiaanse illusie voorgehou as ‘n utopie. ‘n Kontinium van brutaliteit,
disintegrasie deur integrasie, word deur lofprysing besing met dawerende applous. Applous wat die eie witvolk wil afsny van ‘n leefbare en voorspoedige milieu. Hierdie verlooptes het hulself eerloos onderwerp aan die “Madiba Magic”. Ongelukkig is die Regering van Nasionale Eenheid ook besmet met hierdie skisofreniese politiek. Ek rus my betoog in die wete dat die kern van die Afrikanervolk, hierdie mense beskou as polities-geestelik melaats).
GEESTES-GESONDE-GROETE
KLAAS WAARSEGGER