1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9953639

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HET ONS AFRIKANERVOLK NOG INTEGRITEIT?

Prof Willie EsterhuyseDit was Professor Willie Esterhuyse wat in die Sakebeeld van 10 Maart 1999 in sy rubriek kompas, die baie gesigte van korrupsie debatteer, dat die beskerming en handhawing van onbevoegdheid, mense met integriteit se moed breek, wat dan die pad oopmaak vir die vestiging van ‘n kultuur van korrupsie.

 

Maar wat is integriteit en na wie verwys prof. Esterhuyse as mense met integriteit? Volgens die Afrikaanse verklarende woordeboek is integriteit “Onomkoopbaarheid, Eerlikheid en Regskapenheid”. En, is ‘n kompas dan nie ‘n instrument wat rigting moet aandui nie? Klaarblyklik het die Kompas waarvan veral die akademici en politieke leiers gebruik maak, na die sluipmoord op dr. Verwoerd, duskant integriteit vasgesteek!

 

 

Ek wil verder gaan as prof. Esterhyuse en sê dat die be-ywering, die totstandbring en uiteindelike verdediging van ‘n stelsel wat dit moontlik gemaak het vir onbevoegde mense om in beheer te kom van ons land en die onderwys, die stelling korrup, hopeloos ontoereikend maak en met niks minder as veragtelike verraad, vervang behoort te word nie! Dat elkeen wat hierby betrokke was en vandag nog is, integriteitloos is!

 

Die verval van feitlik elke waardesisteem van die Afrikaner is mos darem al in 1969 vooruitgesien, die Volk daarvoor gewaarsku. Vir jarelank ons eie mense saam met ons vyande daaroor teengegaan! Dit is mos voor die handliggend dat die onbevoegdes hulle eie (onbevoegdes) sal aanstel en beskerm! Ad infinnitum!!!! Of ten minste so lank as wat dit ons neem om weer politieke beheer te verkry! Kan daar ooit enige sukses wees in die behandeling van die simptoom van ‘n siekte?

 

Die Afrikaner se onderwys wat opvoeding as grondslag vir integriteit gehad het, het nou in gedrang gekom en word doelbewus ondermyn!

Wat kan erger wees as dat die fondasie van ‘n struktuur vernietig word? Het ons dan vergeet van die totale aanslag waarteen die huidig biegende generaals en huilende predikante ons in dr. Verwoerd se tyd gewaarsku het?

Die opvoeding het dan mos juis vanuit sy bybelse oorsprong ten doel om die mens met God te versoen. Om onomkoopbaar, eerlik en regskapend te leef en op te tree.

Om sy lewe so te orden dat sy verhoudings met sy medemens volgens die riglyne van Gods Woord kan wees. Dit alles omdat die mens ‘n ewigheidsbestemming het waartoe elke verbondsouer opgeroep is om sy kind te onderrig en te laat onderrig! ‘n Aspek van ons Volksmondering wat tot kort voor die Fillistyne ons land by die verraaiers in ontvangs geneem het nooit deur ons vorige ge-eerde Afrikanerleiers deur die vingers gesien is nie! Inteendeel!! President Paul Kruger het by geleentheid aan ‘n vergadering onderwysers gesê dat as hulle nie in staat was om die kinders ook tot belydenis op te voed nie, en die kinders bloot akademies onderrig word, van hulle gesê sou kon word: HOE GROTER GEEST, HOE GROTER BEEST!!

 

Behalwe die aanslag op ons geestelike waardes in die onderwys is daar ook nog ons Taal, ons Tradisie, ons Geskiedenis, ons Kultuur en veral ons integriteit ondermyn! Nie net word ons kinders nou blootgestel aan die korrupsie waaroor Willie Esterhuyse dit het nie, maar ook aan die gevolge daarvan, soos die gebrek aan boeke en ander opvoedkundige materiaal, wanpraktyk met vraestelle, en nou ook dwelms, verkragtings, aanrandings ontvoerings en selfs moord!! Van integriteit geen sprake meer nie!

Absolute ongehoorde dinge in die Afrikaner se skoolmondering, en die uitwerking daarvan op die kwaliteit van onderwys behoef sekerlik geen debat nie!!

 

Soos reeds in Amerika die geval is, sal skoolverlaters sekerlik nie die eerstes in ons Volk se geskiedenis wees wat akademies asook geestelik, swakker toegerus gaan wees as wat hulle ouers was nie!

Ons Volk van môre word deur die onderwysstelsel vermoor! ‘n Geslag Afrikaners uitgewis!! Omdat ons Volk agter Integriteitlose onderhandelaars, kompromiemakers, joiners en hensoppers, aangeloop het!

As dit nie roep tot verset nie,volksgenote, nie net geestelike verset nie maar ook fisiese verset, SAL DIE WIND OOR ONS GAAN TOT ONS PLEK ONS NIE MEER SAL KEN NIE!! ,

 

DANIE   VARKEVISSER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie