Dit is die les wat die Regering van Nasionale Eenheid weereens moet leer. Om afvaardigings te stuur na Amerika ter verbale vervalsing van meer as 140 kwaadwillge geskrewe wette teenoor witmense, is ‘n “non-brainer”. Tog wil ek toegee dat dit ‘n gruwelike onreg is om slegs Rasool as persona non-grata te verklaar, instede van die totale Regering van Nasionale Eenheid. Die DA en VF+ doen Suid-Afrika baie groter skade aan as wat Rasool kan droom om te doen.
Na die ervaring van 350 jaar se rassehaat teenoor witmense, verkondig die DA en VF+ steeds dat die sogenaamde reënboognasie-konsep ‘n etopie sal bring. Dit kan sekerlik nie toegeskryf word aan ‘n politieke koma in hul geledere nie, maar as ‘n poging tot Afrikaner vernietiging. Suid-Afrika het nou ontaard in ‘n politieke rasse-oorlog wat gaan oorspoel in bloedvergieting.
Dit gons nou op internet van ja-stemmers (en nee-stemmers soos die VF+ wat ja stemmers geword het), om oplossings te vind weg van swart dominansie en vergrype. Gatkruip, selfontkenning en saamdoen met die vyand, is geen oplossing nie. Geen beter oplossing bestaan as om politieke regte te koppel aan ‘n grondgebied nie. ‘n Oorhoofse grondwet wat alle rasse insluit in een onverdeelde land, is ‘n geklikheid soos duidelik gedemonstreer die afgelope 30 jaar.
Demokrasie het absoluut niks te doen met veelrassigheid nie. ‘n Onoorbrugbare kloof bestaan tussen geskapenheid en demokrasie. Demokrasie soos nou weereens uitgewys, is net werkbaar in ‘n homogene bevolking. Lipstiffie op ‘n vark se lippe maak nie van haar ‘n mannekyn nie. Soortgelyk kan swartes nie wit gepraat word nie, afgesien van die DA en VF+ se bekpraatjies. Die DA en VF+ verkondig die ergste vorm van slawerny wat witmense ‘n illusie gee van vryheid, terwyl die swart onderdrukker geloof word en samewerking gegee word, terwyl diegene wat hul laakbaarheid uitwys as vyande verklaar is.
‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy geloof in die skeppingsorde en dienooreenkomstige politiieke ordening, wat hom in staatstel om homself te laat geld. Ek beskuldig dus die DA en VF+ as die verwoesters van ons erfenis, en oorsaak waarom broer teen broer sal veg. Die Christiaan de Wets teen die Piet de Wets.
KLAAS WAARSEGGER