1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7548332

Besoekers aanlyn

Ons het 84 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE SOGENAAMDE AFRIKANER VERKLARING

Klaas WaarseggerDr Theuns Eloff en sy dissippels se verklaing is in wese ‘n witskrif , of moet ek liewer sê ‘n swartskrif van hoe ‘n mens ‘n mislukking vooraf beplan. Die pleidooie wat geeȉs word van die regering is gelyksaande aan die gedagte om die krummels van die grond af te lek, wat van die ANC se “gsteelde´ tafel afgeval het. Om voor te hou dat kulturele regte vir die Afrikaner opsigself die chaos in ons land kan besweer, is dwelmdenke. Kulturele regte kan die staatkundige aanspraak van die Afrikaner in Suid-Afrika in ewigheid nooit herstsel nie, en sy verklaring beklemtoon juis dat ons ondergeskiktheid aan swart dominansie gelate moet aanvaar.

Die groter wesentlike probleem in ons land is die huidige politieke dispensasie wat selfdeterminasie, selfbeskikking, eiendomsreg, regsorde, eie aard, ras-geskapenheid en volksgebondenheid ingesluk, uitgespoeg en van die beskawingstafel afgevee het! Die reënboognasie konsep waar die witman die swartman moet abba, plaas ’n vernietigende las op die witman. Die afgelope 30 jaar het bewys dat die regime geen skikking kan, wil of sal nakom nie, maar ook elke enkele regerings- mislukking word toegeskryf aan witmens slegtigheid. Wat in ‘n sin waar is want ons het mos hierdie onreg gelate aanvaar en is daar selfs witmense wat nog in erkenning dat hulle ‘n reg op ons eiendomlike het, gaan stem! Die swart “demokrasie” in ons land het hulself lank reeds onthef van enige eie verantwoordelikheid en verpligting.

‘n Volk is anders as ‘n reënboognasie. Dit is ‘n homogene groep wat slegs kan voortbestaan in volksgebondenheid, geneties oorgeërf en doelgerig nagestreef. Dit is die verbintenis met diegene wat voor ons was, en dié wat na ons kom. Dit is die oorhandiging van die Afrikaner “ark” as ‘n volkstrots. Om in te koop in die demografiese monster soos wat Theuns Eloff wil doen, is selfmoord vir ons volk.

Sonder eie staatsmag is enige volk gedoem tot ondergeskiktheid. Wat elke Afrikaner moet weet, is dat die sogenaamde Afrikaner drog-verklaring gemaak is in samewerking met al die ontstigtelike stigtings soos die FW de Klerk stigting, die Thabo Mbeki stigting, en ander Afrikaner-hatige swart en blanke goeperings wat die Afrikaner reeds deur hulle handeling en deelname verdoem het tot ondergang. Om kultuur-vryheid bokant staatkundige vryheid te stel, is pure bog en ‘n daad van verraad. Dr Theuns Eloff, ek het bedenking oor waar en hoe jy jou Dr’s graad behaal het. Dit ruik na skadelike politieke dwaasheid.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie