1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7548167

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE DIABOLIESE SAMESWERING

Klaas WaarseggerDertig jaar gelede is die voorafbeplande oorrompeling van ons land en witmenseradikasie in werking gestel met die Afrika  slagwoorde vryheid, vrede en voorspoed. Een man een stem, is besing as die alfa en omega van ‘n politieke wonderwerk in wording. Die Afrikaner haters het in hul mou gelag en gejuig oor die sukses van hul politieke toertjie, en die naȉwiteit van die goedgelowiges.

Die hele ou spul, die NP, DA en VF+ is die kous oor die kop getrek. Daar is gesmous met verleidende woorde soos een menslike ras, gelykheid, inklusiwiteit, wegbeweeg van diskrminasie, wigte en teenwigte, broederskap, reënboognasie, regstellende aksie, ens, ens.

 Niks kan tog verkeerd gaan met so ‘n ingesteldheid nie, het baie mense gedink. Die ommekeer het gekom toe die hef eers stewig gevestig was, in die samesweerders se hande. Die plundertog se tyd was nou ryp vir die vergryp. Die sogenaamde demokrasie                         word toe ‘n demonokrasie. Die plundertog woed met onteiening sonder vergoeding, BBBEE, kwotastelsels, kaderontplooing, ens, ens. Hulle sing dit hartlik saam :”Kill the farmer, kill the Boer”. Die howe het bepaal dit is heeltemal vatsoenlik. Dit is deel van die groter goed.

Die kaders rysmier die staatsdiens, die parlement en die private sektor. Etniese suiwering moet die pad verder oopstoot. Die Afrikaner eiendomlike moet verwoes word. Standbeelde word afgebreek, dorpe en stede se name word verander, Afrikaans kom in gedrang by skole, universiteite en so ploeter dit voort. Alles ontaard in ‘n vernietiginstryd teenoor die witman.

Dit is die vernietiging seën van die Slovo grondwet wat op ‘n diabolise manier traksie gekry het deur ‘n onregmatige stemproses. Blank Suid-Afrika behoort ook nou aan die swartes, omdat ‘n stuk papier so sê. Die wittes het die land gesteel, is die aanspraak. Eie skole, eie woongebiede, eie hospitale, eie gemeenskappe en die reg tot assosiasie was die narkose vir die goedgelowiges. Die demografiese monster soek  nou jou dood. Viva Azanie viva, skree hulle. Afrika vir die Afrikane. ‘n Vorige VF+ leier het dit self ook só bely: “I am an African”. Die VF+ is vérder gekompromiteer dat hy ook deel was van die Zuma regering. Sy uitlating is gemaak in die konteks dat hy beslis ook deel is van die reënboognasie. Alle parlementslede sweer ‘n eed van getrouheid om die grondwet in stand te hou.

Die nuwe Suid-Afrika het ‘n ramp gebaar. As jy gaan stem, bely jy ook dat daar geen fout te vinde is met die nuwe Suid-Afrika nie, en jy dit deelagtig wil wees. Stem reg, bly tog net weg! Gaan stem en dans met die duiwel op die ritme van Afrika!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie