Dit is absoluut absurd om te glo dat die rampspoed in die nuwe Suid-Afrika genees kan word slegs deur die ANC uit die kussings te lig. Die kombinasies van koalisies wat gevorm kan word deur Afrikaner-hatige partye (die DA en VF+ inkluis), is veelkantig. Die werlike oplossing vir Suid-Afrika is om die vrotsige menslike materiaal waarmee ons te doen het in ag te neem, binne en buite die parlement.
Die sogenaamde “moonshot” van die DA is gelykstaande, indien nie erger as ‘n “doodskoot” vir die Afrikaner in sy eie land. Die politieke struktuur (Slovo se grondwet) is die gif in die drinkwater. Dertig jaar se ervaring het die noodlottigheid van swart dominansie bevestig. Die DA en VF+ weet so goed soos ek en jy, dat hulle geen impak kon maak nie, nienteenstaande gaan hulle saam op die pad van verwoesting en swart magspolitiek. Hul diaboliese verkiesingsmanifeste wil met jou kop smokkel, asof hulle die bomenslike kan doen as ‘n geringe minderheid, ingesluk deur die Slovo denke.
Alle venyn word vandag weer op die Afrikaner oopgedraai, en ons land is weer op die brandaltaar geplaas. Klipgooiers, onheilsduiwels en verraaiers het teen ons verenig. Die strewe en begeerte van die Afrikaner was deurlopend om vry te wees, vry van vreemde oorheersing. Getrou aan ons Afrikanerstrewe het blank Suid-Afrika tot strand gekom in 1961. Die vryheidstrewe moet sy spore weer hard en duidelik trap. Laat die boodskap hiervandaan uitgaan – neem terug die oranje blanje blou.
Gee elke volk sy eie huis. Volksverband is soos ‘n broederskap, dit is die waarde in ‘n nasie as die hoogste vorm van sosiale eenheid. Dit gaan oor ‘n volksgevoel van patriotisme, lojaliteit en toewyding tot jou volk se aard. Dit impliseer politieke onafhanklikheid, ‘n eie identiteit en kulturele uitlewing. Dit bewerk legimiteit in jou staatsbestel sonder vreemde oorheersing of abberasie. Dit verkondig volkswaardes en volksregte, ook vir elke ander volk.
Die Slovo grondwet bied geen ruimte vir die Afrikaner se politieke strewe, en kulturele uitlewing. Die status en regmatige aansprake van die Afrikaners kan slegs herstel word deur te onttrek van die huidige poltieke orgie. Die pad van die DA en VF+ is verraderlik!!
KLAAS WAARSEGGER