Slovo se grondwet is bloot ‘n wenslysie gestroop van ‘n regverdige werklikheid in ons land. Wie wil nou as mens deel vorm van ‘n spesie wat die land vertrap, plunder en bemors. Die aanloop na die komende verkiesing ruik na oorlog. Die spanning van homofobie en stamoorlog is in die lug. Politieke moord gaan beslis weer tot ‘n klimaks gedryf word. Die waarde van enige grondwet is nie enkel en alleen geleë in die geskrewe woord nie, maar grootliks in die integriteit van diegene wat dit moet toepas, (eerlik, deurdag en regmatig). Juis dit waaraan die grondwet mank gaan!
Die mensheid kan nie geskei word van ‘n ingebore identiteit en agtergrond van waardes nie. Juis daarom het die Afrikaner nou ‘n slaansak geword in die nuwe Suid-Afrika. Die groot ironie is dat ‘n blanke met ‘n swart en boonop vrot hart, (Jo Slovo) die argitek van die gondwet was, en is in werking gestel deur Judas de Klerk. Die konsekwensie hiervan is die huidige disfunksionele staat waarin ons moet leef. ‘n grondwet só beplan en só geweef!
Die parlement het ontaard as ‘n “slaghuis” vir die witman. Verlore wit siele neem aktief deel aan die ondergrawing. Hulle is so geestelik vermink dat hulle die grusaamheid van die grondwet nie verstaan of wil verstaan nie. In hul verlossingswaan heet ‘n sekere party, die Vryheidsfront. Dit slaag nie eers die lagtoets nie. Géén begrip van vryheid géén koers na die front nie. Die geestelike kolk waarin hulle beland het, het hulle laat vergeet van hul nee-stem in die referendum en dat hul kwansuis wou oorlog maak. Met dié gebrekkige politieke begrip kan mens sekerlik nie onthou wat jy gister gepreek het nie.
Nuutgevonde slagspreuke op plakkate kan hulle nie verontskuldig nie. Terwyl daar nou kruise getrek word op ‘n stembrief, word daar ook granietstene geplant op volksgenote se grafte. Dit is die les van ‘n swart hart se ingesteldheid in die politiek. Die vraag huidiglik in die politiek is, hoe ontroer mens ‘n geroerde eier? Dr. Verwoerd het die antwoord geformuleer. Nie-rassigheid of ‘n reënboognasie is ‘n gruwelike miskenning van die mensheid se geskapenheid.
KAKTUSLEWE (ZEBULON KOCHK)
Dae dobber verby
Soos ’n rivier uit sy gety
My lewe hang aan ‘n kaktus
Met kleurlose liddoring
Gepynig in gif
Maar my psige
Sien ‘n wit omringende Iris
Wat sweef soos ‘n duif
KLAAS WAARSEGGER