1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961687

Besoekers aanlyn

Ons het 102 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SO TUSSEN DIE REëNBOOG EN DIE DUIWEL Satire

Klaas WaarseggerDeur die groot gat van die ozoonlaag loer die duiwel om te sien wat vang die ANC nou weer aan. Hy prewel by homself – soos ek gedink het – Rasmal en magsbehep. Hy glimlag breed en behaag homself, daarin dat hy sy boodskap so goed gepropageer het. Die pragtige reënboogstorie wat die kommunistiese sekel verskuil daar agter. Elkeen vir homself en net die ANC en ek vir almal se welsyn. Ja, bekook die politiek met ‘n duisterheid sodat niemand kop of stert kan uitmaak nie.

Belowe die mense hemel op aarde, maar gee hulle in ruil die teenkant. Deel t-hemde uit om die gepeupel se gewetes te sus. Politieke kriminaliteit, covid gifspuite as depopulasie eksperiment, armoede en cholera water om te drink en riool in die strate vir die geur. Noem dit die nasionale gesondheidsplan. Moenie toelaat dat die granietsteen grafte jou pla nie. Verklaar ‘n fatwa (kill a farmer, kill a boer) oor die “clever whites” en hou ‘n jihad. Vertel vir hulle dit is nodig om die gemeenskap te demoniseer. Umkhonto we sizwe bestaan vir ‘n rede in eindelose medeliefde. Om te lewe is om te moor.

Skep ‘n komplekse situasie verskuil in oënskynlike eenvoudige terme. Afrika vir die Afrikane. Dit is ‘n binêre kwessie met ‘n binȇre antwoord soos om wapens te verskaf aan Rusland om die Okraȉne te help teen die Russe. Die groot Induna het toe ‘n dooie muis gebaar – een twee drie - blok myself met die roerende boodskap – ons het gekom om te luister. In Suid-Afrika leef ons reeds in ‘n gemeenskap wat met woede aanmekaar geslaan is. Die regering blameer apartheid. Die waarheid is dat elke deel van die staat tot aan sy wortel verrot is met korrupsie en lucifer glimlag breed. Die feit is die ANC luister vir niemand nie.

Pa, waarom kan sommige rasse nie regeer nie? My kind hulle probeer en ons moet keer. 

Pa, wat moet ons keer?

My kind, presies dit wat in Durban en op die plase gebeur het en steeds gebeur.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie