Afrika onderpresteer op feitlik elke denkbare gebied. Die kontinent gaan gebuk onder staatsgrepe, sedisie, rebellies, hongersnood, konflik, etniese geweld, armoede, swak onderrig, lands-vlugtelinge, korrupsie, diktature en bekookte verkiesings. Daar is bitter min vooruitsigte vir verbetering.
Waarom is dit só?
Dit is onteenseglik so omdat despote verkies word as staatsleiers deur naȉwe landsburgers.
‘n Tweesnydende swaard wat ‘n toekoms van bloed en derms voorafgaan. Dit is al te maklik om in die kontinent van die politieke “blindes” die gepeupel te verkul met mooi klinkende woorde, leë beloftes en ‘n t-hempie. As verkose president van sy land, verbeel hy homself as ‘n ingeseënde bo-menslike wese wat kan maak wat hy wil. Die land se wette is nie op hom van toepassing nie.
In ‘n japtrap word hy super-ryk want die staatskas is nou deel van sy persoonlike rykdom, terwyl sy land se mense krepeer van ellende. Mense wat presteer in die gemeenskap verlaat die land, want hulle word gesien as ‘n bedreiging vir sy koningskap. Algou motiveer die haglikheid in sy land baie mense om deur die middelandse see te probeer swem om te ontsnap van ‘n prekȇre omstadigheid. Hulle het uitgevind hulle kruisies op ‘n stembrief tel nie, wat wel tel is die tel van die stemme wat uitgebring is.
Die weermag word goeie salarisse betaal want hulle is instrumenteel vir sy regeringstermyn wat lewenslank moet duur. Met hulle optrede as ystergarde word die ontevrede burgers vinnig “tevrede” gemaak met brutale geweld. Die mislukte staat is nooit die president se skuld nie, maar altyd ‘n ander etniese groep in sy land.
Kolonialisme en apartheid van vergange se dae is ook ‘n geliefkoosde verweer. Die belofte dat die nuwe Suid-Afrika ‘n land van melk en heuning sou word onder swart bestuur, is nou ‘n land van trane en tirannie. Dit gis in die buiteland van ‘n komende volksmoord. Witman jy sal die slagoffer wees. “Kill a farmer, kill a boer is reeds gedeeltelik in vervulling.
Die les van die onvermydelike in die nuwe Suid-Afrika:
Wanneer ‘n volk geȉntigreer word in ‘n veelrassige en veelvolkige opset van ‘n meerderheid, word jou waardes en eiesoortige menswees aangetas. Dit beteken Afrikaners kan nie meer Afrikaners wees nie, en Zoeloes kan nie meer Zoeloes wees nie. Assimelasie is ‘n prysgawe van volkskarakter. Jou volk word ‘n “parapleeg” in ‘n meerderheidsopset. Die doelwit van die nuwe Suid-Afrika was magsoorname onder die vaandel van demokrasie. Moet ons toelaat dat die VF+ ons bedrieg met vryheid wat sy naam skaamteloos aandui en in wese uitdelging beteken?
Klaas Waarsegger