'n Sigbare verval, toenemende moord, verkragtings, diefstal en motorkapings, dan nog 'n gebrek aan veiligheid en dienslewering, instandhouding en herstelwerk. ‘n Duidelike waarneembare onvermoë, moedswillige misbruik van outoriteit, groeiende minagting vir eiendomsreg en stelselmatige selektiewe toepassing van reg en geregtigheid!
Steeds is daar Afrikaner blankes wat hierdie voorspelde toestand onder ‘n swart meerderheidsregime ondersteun het, geen woord van erkenning dat dit ‘n fout was nie maar ondersteun steeds die “regmatigheid” van die bestaan daarvan deur die ontkenning waarin hulle bly lewe! Net so aanspreeklik as wat die DA sedert hulle ontstaan by Jan Smuts en Louis Botha se Suid Afrikaanse Party, later VP, DP, NRP, IP, DP, PP, PFP,DP, en vandag Demokratiese Alliansie met hulle rasgemengde integrasiebenadering is vir die toestand waarteen die Nasionale Party sedert Jan Smuts gewaarsku het hulle beleid tot gevolg sou hê, net só aanspreeklik is elke Afrikaner wat vandag nog só ’n beleid ondersteun!
Die Woord van God sê dat die beginsel van wysheid, vrees vir die HERE is! Waar is hierdie vrees sigbaar by die onwettige regime en sy volgelinge en ondersteuners? Al die bovermelde ongeregtigheid dui op ‘n totale gebrek aan geloof en meer nog, ‘n veragting vir reg en geregtigheid! Om nou die skuld op die ANC te wil pak het géén regverdiging nie! Daar was mos vroeg en laat gewaarsku dat dit só sou wees. Om deel te wees van dit waarvoor jy tydig gewaarsku was, maak jou aandadig aan die gevolge! Het Mnr. Jaap Marais nie by herhaling gesê dat Afrika tog vir eeue lank ‘n aanskouingsles was op sterkte waarvan Suid Afrika ‘n werkbare en verantwoordbare beginselbeleid toegepas het in elke betrokke volk se belang nie?
Die DA, VF Positief, Afriforum en veral Solidariteit is met hulle slimmigheid, gebaseer op verandering in aandrang van die sekulêre wêreld, almal ewe aandadig as die ongelowige, onvermoënde swart ras se ongelowige en vreeslose optrede met al die ellende wat daaraan verbonde is en nog verder sal vererger!
Die “geldmag” met al sy geheime organisasies wat internasionaal sy vinger in elke land se “rykdomme” het en ewe ongelowig die ongeregtigheid najaag, is ook die aanvoerders in dit wat in ons land gebeur het en steeds voortwoed met behulp van sommige van ons eie mense! Is u deel daarvan? Kom liewer saam met ons in verset daarteen! As ons in ons eie land moet omkom, laat dit dan ons lot wees en nie ons skuld nie!