1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6870563

Besoekers aanlyn

Ons het 11 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ANC REGIME ILLEGITIEM! MAW. ONWETTIG!!

VolksregMANDAAT.

Die betekenis van die woord mandaat: Toesig oor ‘n gebied, lasbrief, bevelskrif, volmag.

Wanneer daar in ‘n demokrasie ‘n mandaat aan ‘n regering gegee is deur ‘n volk, behels dit benewens toesig oor ‘n betrokke gebied, ook ‘n bevel soos vervat in ‘n lasbrief wat indien dit nie uitgevoer word nie, dit as oortreding beskou word waarvoor jy aangekla kan word. By gebreke aan die uitvoering van die mandaat, tree so ‘n regering onwettig op en is die handelinge wat buite die mandaat val, onwettig! In sagter terme, illegitiem!

In ‘n verkiesing binne ‘n demokrasie stel opponerende politieke partye elk hulle beleid waarvoor hulle in effek by die volk ‘n mandaat vra. Dit was Harold MacMillan, Britse eerste minister wat by geleentheid aan dr. Verwoerd gevra het waarom hy so regied is oor die beleid van apartheid. Politiek het hy aan dr. Verwoerd beduie is soos ‘n rivierstroom waarin jy vaar. Druk die stroom jou na regs, verstel jy die roer. Druk die stroom jou na links, verstel jy die roer. Sodoende bly jy in die middel van die stroom, het MacMillan verduidelik.

Dr. Verwoerd se reaksie was, “Ek is verstom dat ‘n man van jou statuur so openlik bereid is om te verklaar dat jy jou seile na die wind span! Indien jy nie meer saamstem met die mandaat wat jy van jou kiesers ontvang het nie, is die eerlike ding om te doen, om te bedank!” Behalwe dat afwyking van jou opgelegde mandaat oneerlik is, is dit per definisie ook onwettig!

Daar bestaan natuurlik ook die opsie vir ‘n regering om ‘n versoek tot die volk te rig vir verandering van die mandaat deur dit byvoorbeeld in ‘n verkiesing of ‘n referendum aan die volk voor te lê vir goed-of afkeuring. Dit opsigself impliseer dat ‘n mandaat nie na willekeur aangepas of verander mag word nie.

Op slinkse wyse het F.W. de Klerk egter selektief met die reg omgegaan toe hy kiesers geleentheid gegee het om hulle uit te spreek oor waaroor daar op 17 Maart 1992 gestem is: ”Ondersteun u voortsetting van die proses van hervorming wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat gerig is op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling?” (JA of Nee, moes ons stem)

Waaroor moes ons ja of nee sê? (1). Die voortsetting van ‘n proses van hervorming. (2) ‘n Proses van hervorming wat gerig is op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling! In wese is daar gestem oor voortsetting van ‘n proses. Dit spreek tog vanself dat dit nie ‘n mandaat daargestel het vir ‘n nuwe grondwet waarvan die inhoud wat onderhandel sou word, totaal onbekend was nie. Géén volk is só naїf nie!

Op hierdie webwerf is aandag gegee aan vele van De Klerk se beloftes. Die onomstootlikste en duidelikste wat hierdie beloftes betref, het egter gekom met De Klerk se opening van die eerste sitting van Kodesa 20 Desember 1991: Daar sou geargumenteer kon word dat die 1992 referendum wat na hierdie Kodessabeloftes gehou is, die referendum is wat hier ter sprake is. Meet egter die inhoud van waaroor daar in 1992 gestem is aan die beloftes wat in die toespraak van 20 Desember 1991, en weer op 24 Januarie 1992 in die parlement, namens die parlement, herhaal is en hou dan in gedagte dat daar weer ‘n referendum gehou sou word voor die goedkeuring van die onderhandelde grondwet, en die bedrogvolle metodiek en naakte verraad kom soos ‘n legkaart bymekaar.

In [Hansard: Gesamentlike Sitting, Vrydag, 24 Januarie 1992: 37-38. Staatspresident se Openingsrede.]: spreek de Klerk die gesamentlike sitting van die parlement toe: “.]: Ons is in eer gebonde om ’n referendum te hou wat die kieserskorps van elk van die drie Huise van die Parlement die geleentheid sal bied om hulle uit te spreek oor enige wesenlike voorgestelde wysigings aan die Grondwet... Ek voorsien dus ’n referendum waaraan alle SuidAfrikaners kan deelneem en waarin die uitslag in die geheel, sowel as per parlementêre kieserslyste, bepaal kan word. Langs hierdie weg sal die legitimiteit van enige oorgangsregering op ’n demokratiese wyse bo alle twyfel gestel word. Terselfdertyd sal die Regering sy onderneming tydens die afgelope verkiesing gestand doen. Eers na so ’n referendum, en indien die uitslag positief is, sal implementering volg. Ek wil dit ook beklemtoon dat slegs die Parlement, soos tans saamgestel, die bevoegdheid het om die huidige Grondwet te wysig.”

RAMAPHOSA STUUR WAARSKUWING OOR AANVAL TEEN DIE GRONDWET

Staff Writer 22 February 2021

Cyril Ramaphosa het sy kommer uitgespreek oor individue wat 'minagting' vir Suid-Afrika se grondwet en sy howe toon. Hy het Maandag (22 Februarie) in sy weeklikse brief aan die publiek gesê dié individue ondermyn die land se regstelsel en veroorsaak skade aan die oppergesag van die reg.

Die ANC moet begryp dat die feit dat die AVP en baie ander Afrikaners die "grondwet" waarna hy verwys, verdra, dit nie beteken dat ons dit aanvaar het nie! Ons is verraai deur die de Klerk kabaal wat onder internasionale druk geswig het en wat die huidige beheer oor Suid Afrika illegitiem maak! Dit sal nooit verander solank as wat daar Afrikaners in Suid Afrika is nie.

WAT MOET NOU HIEROP VOLG?

In sy boek Volkseenheid sê dr D.F.Malan dat die bevredigendste aspek van die oorwinning in 1948 was dat daardie resultaat van hereniging van die Afrikaner bereik was, sònder ‘n koalisie òf hulp van enige ander party, sonder die prysgawe van èèn enkele beginsel!

“Op daardie pad, die Pad van Afrikaner-Volkseenheid, is daar ervarings opgedoen wat nie alleen in geskiedkundige opsig van belang is nie, maar wat veral ook in die toekoms vir die reisiger op die Pad van Suid Afrika tot lering of tot waarskuwing waardevol kan wees”, het dr. Malan gesê.

In die handhawing van wat in 1948 deur dr. Malan en Afrikaners wat sy beleid ondersteun het, deur advk. Hans Strydom en dr Verwoerd, het die AVP ‘n deurlopende H.F.Verwoerdgedenkdag in gedagte. 6 September 1966 was die dag waarop die verbreking van Afrikaner hereniging begin is. Ons beplan om in die lig van plaaslike en internasionale politieke ontwikkeling, Afrikanerorganisasie te oorreed om saam met ons daardie dag te herdenk deur klem te lê op wat vir ons volk se hereniging waardevol kan wees.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie