1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7033782

Besoekers aanlyn

Ons het 10 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

AAN WATTER JUK TREK ONS?

BybelMatt. 11:25-30 “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (:29&30).

Geliefdes, daar word op verskeie plekke in die Woord van die HERE na ‘n juk verwys.  Die ouer mense onder ons sal natuurlik baie beter bekend wees met die doel en die werking van hierdie voorwerp as die jonger geslag.  Wanneer osse onder ‘n juk gebring word, is dit vir hulle nie moontlik om vanself daar uit te kom nie.  En hulle word ook onder die juk gebring wanneer hulle harde werk moet verrig en swaar vragte moet trek.  Daarom is die gebruik van ‘n juk as voorbeeld van diensbaarheid in die Woord van die HERE natuurlik baie gepas   

Ons lees in Deut. 28:48 hoedat die HERE Sy volk waarsku dat hulle onder ‘n juk van sware diensbaarheid gebring sal word indien hulle aan Hom ongehoorsaam is.  “sal jy jou vyand wat die HERE teen jou stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.” ‘n Juk van yster is natuurlik ‘n baie swaar juk.  En dit is ‘n harde juk.  Dit is ‘n juk wat jou sal seermaak en verniel.  En jy sal gedurig van die ongemak en seer daarvan bewus wees.  Dit is tog logies dat geen mens so ‘n lyding begeer nie.  Ja, luister gerus na die versoek van die kinders van Israel aan die troonopvolger van koning Salomo in 2 Kron. 10:4.  “U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.” Maar hierdie koning het nie hieraan gehoor gegee nie en daarom het die volk begeer om van hierdie juk vry te kom eerder as om in diensbaarheid hierin te bly.

Geliefdes, omdat die HERE in Sy grote barmhartigheid en liefde nie ons vernielig, seerkry en swaarkry begeer nie, rig Hy aan ons die uitnodiging waarvan ons in Matt. 11 lees.  Die uitnodiging dat ons Sy juk op ons moet neem.  Sy juk is nie ‘n harde juk wat ons gaan seermaak en verniel nie.  Dit is egter interessant dat Christus steeds na ‘n juk verwys.  Hy stel dit nie dat ons die juk van sonde wat vir ons kan seermaak en verniel moet afgooi om van enige juk vry te wees nie.  Nee, Hy stel dit dat ons eerder aan Sy juk, ‘n sagte juk met ‘n ligte las, moet trek.  Wanneer ons Sy juk opneem, sal daar nie plek wees vir ‘n ander, harde juk wat ons verniel nie.  Hy nooi ons uit om Sy juk op te neem sodat ons in ons diensbaarheid aan Hom sal volhard en nie terugkeer na die dwase begeerlikhede van die vlees wat ons weer onder ‘n harde juk sal laat beland nie.  “STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus julle vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.” (Gal. 5:1).    

Dit is dus so duidelik as daglig dat Christus se uitnodiging ons nie roep om Hom te dien sodat ons ‘n ongekende vryheid sonder enige grense en perke kan geniet met verskoning dat “Hy ons vrygemaak het” nie.  Tewens, die HERE bestraf Israel juis oor hul onwilligheid om hulself onder Sy juk van diensbaarheid te bring.  “Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk.  En jy het gesê: Ek sal nie dien nie; ...” (Jer. 2:20).  Geliefdes, dit is nie so moeilik om te verstaan nie.  Die vryheid waarvan ons in die Woord lees, is ‘n vrymaking van die sonde.  Dit is is waarvoor Christus na die aarde gekom het.  Hy het nie gekom om ons “vry te maak” van gehoorsaamheid aan God nie.  Laasgenoemde is gewoon nie moontlik nie, want ongehoorsaamheid aan God het noodwendig diensbaarheid aan die sonde tot gevolg.  Hier is nie ‘n neutrale posisie moontlik nie.  Dit is óf die een, óf die ander.  “en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.” (Rom 6:18).  “Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.” (Rom. 6:20).  “Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.” (Rom. 6:22).

Geliefdes, die HERE Jesus stel dit ook – “en leer van My.”  Wanneer jy My juk op jou geneem het, wanneer jy besluit het om aan My diensbaar te wees, aan My juk te trek, leer van My.  Ja, leer uit My Woord Wie Ek is.  Leer uit My Woord wat die dinge is waarin Ek ‘n behae het sodat jy dit kan doen.  En leer van die dinge waarvan Ek ‘n afsku het sodat jy jouself daarvan kan afkeer.  

Geliefdes,  hoe meer ons van Hom leer en hoe beter ons verstaan, sal ons toenemend insien dat Sy juk inderdaad sag is en dat Sy las lig is.  Ja, ons sal in opregtheid saam met Johannes kan getuig – “...en sy gebooie is nie swaar nie.” (1 Joh. 5:3).  Maar ons sal ook insien dat diensbaarheid aan Hom, om aan Sy juk te trek ons onverdeelde trou eis.  “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor. 6:14).  

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie