1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037143

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONBEKWAAM, ONGESKIK, ONGEPAS, ONGERYMD, ONSINNIG?

ineptLONDON TIMES - QUOTE OF THE WEEK

Interesting point of view Affirmative Action: " South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from
others." Finally, a word recently coined to describe  South Africa 's current political situation. Ineptocracy (in-ep-toc'-ra-cy)
- a system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid for  by the confiscated wealth of a diminishing number of producers.

Oor hierdie stukkie Engelse wysheid wat iemand vir ons aangestuur het, kan ons regtig nie mee fout vind nie. Die woord Inept word in Afrikaans weergegee as onbekwaam, ongeskik, ongepas, ongerymd, onsinnig of dwaas. Onbekwaamheid kan egter reggestel word deur opleiding. Dit is hier kennelik nie van toepassing omdat selfs die beste van opleiding in al die jare van die Struggle, deur veral die Britte, maar ook vele ander nasies, nie hond haaraf kon maak nie!

Enige van die ander vyf betekenisse sou egter met vrug aangewend kon word. Om egter te sê dat die vestiging van die huidige regime deur elkeen en almal wat daarby betrokke was, ongepas, ongeskik, ongerymd, onsinnig en tegelyk dwaas was, sou steeds in Engelse terme ‘n “under statement” wees!

Met die afsterwe van F.W. de Klerk en veral sy laaste toespraak in 'n vrugtelose poging om sy gebrek aan aansien onder Afrikaners te probeer herstel, het hy bloot die bo-genoemde, wat as sy nalatenskap beskou kan word, opnuut bevestig as die fondasie waarop gebou moet word in die "Nuwe Suid Afrika". Dít is tewens ook die juiste fondasie waarop Solidariteit, Afriforum, Agri Suid Afrika en nog vele ander, hulleself staan gemaak het en in die oë van die sekulêre en liberale wêreld, polities korrek voortploeter.

In terme van die definisie van "inept", word ook elkeen wat op daardie fondasie probeer bou, naamlik die teenhang van apartheid wat de Klerk volgens hom gevestig het, gedoem om self aan daardie definisie gemeet te word. Die gevolg daarvan lê in stof en as rondom ons as sigbare bakens van agteruitgang, terwyl die lofsange oor die wonderlike prestasie van vrede en voorspoed en "moderne" demokrasie wat bereik is, die opsigtelike agteruitgang moet versluier asof dit nie bestaan nie.

Die onskuldige bloed wat in die proses verspil is roep luidkeëls na vergelding soos dié van Piet Retief en sy manne in die kraal van Dingaan. Verskil is dat dit hierdie keer witmense is wat ons volk in daardie moordkraal ingelok het. Die vraag wat eggo is waarom het ons volk vrywillig daar ingegaan? Selfs nadat die tekens van gevaar duidelik geword het en waarskuwings opgegaan het, steeds daar binne gebly en vandag nog daarbinne bly? Is dit verantwoordbaar? Het ons werklik verweer as ons sien en hoor maar nie wil luister nie?

Het die grootste gedeelte van ons volk dan "inept" geword? Het die breinspoeling waaraan de Klerk onderwerp is dan ons volk bereik? Quo Vadis Afrikaner?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie