As ‘n mens na die opskrif kyk is daar twee sake wat jou dadelik voor die gees kom. Wat is die waarheid waarna hier verwys word en tweedens, as die waarheid jou begin inhaal, moes jy iewers op die pad daarby verby gegaan het!
Die Beeldkoerant verwys na ‘n tweede transformasie waarop nou gefokus word, wat dan ook aanduidend is dat daar ‘n eerste transformasie is wat agter die rug lê. Dit is volgens die berig in Beeld, Jeff Radebe wat enkele ontstellende geluide gemaak het toe hy die beleidsvoorstelle van die ANC bekend gemaak het.
Die eerste transformasie wat volgens Radebe nou voltooi is, het gehandel met politieke demokrasie wat eintlik beteken dat die ANC nou oor genoeg politieke mag beskik nadat dit uit die hande van die blankes geneem is, om sy ander doelwitte sonder effektiewe teenkanting te kan bereik.
Die volgende transformasie is gerig op ekonomiese en maatskaplike “beheer” in Suid Afrika wat veral gefokus gaan wees op armoede, ongelykheid en werkloosheid onder swartes. Volgens Radebe wortel hierdie probleme in apartheid, kolonialisme, kapitalisme en patriargie. Die ANC se doelwit is ekonomiese Vryheid waarvoor daar beleidsaanpassings gemaak moet word, Aldus Radebe. Nou wonder ‘n mens waarom hulle Malema afgedank het.
Daar is weinig indien enige blanke oorlewendes uit die sestigerjare wat sal kan ontken dat daar gereeld en veral tydens verkiesings gewys is op die gevaar van integrasie en die gevolge daarvan. Daar was gereeld beleidsdokumente wat gedui het op die gevolge sou die VP en latere PFP, DP en Progresiewe Federale partye met hulle rasgemengde beleidsrigtings in beheer van Suid Afrika sou kom.
Die verraad wat in 1994 deur die Nasionale Party gepleeg is, is goed gedokumenteer en welbekend. Om die waarheid te sê daar word steeds gespog met die prestasie deur sommige linksliberales. Dit is egter opsigtelik hoe die hand-oor-hand greep van die Swart Meerderheidsregime op elke terrein van die samelewing wat die blanke al meer en meer benadeel en ontmagtig, blankes begin ontstel. Selfs sommige liberale Blankes.
Die oplossing wat die DA vir hierdie dreigende onheil bied met hulle onlangse plakaat van swart en blank in ‘n half naakte omhelsing, blyk algehele ontugtigheid te wees asof die welwillendheid van die swart ras daardeur gewen kan word.
As saam met die ongebreidelde moorde, verkragtings en verminking van blankes deur hoofsaaklik swart barbare, waaraan die swart regime niks gedoen kan of wil kry nie, ook die wet op die publikasie van inligting, die ondersoek na beslisings van die regbank en nou Radebe se uitlatings oor veranderings aan die grondwet in aanmerking geneem word, is die waarheid van die gevolge van ‘n meerderheidsregering, vining besig om die blankes in SuidAfrika in te haal.
Sou John Vorster nog geleef het, sou hy veral in Engels, soos wat hy vir ons destyds wou bang maak, ongetwyfeld nou weer, en hierdie keer tereg kon sê: “To ghastly to contemplate!” ‘n Toestand wat ons wat gewaarsku het en hullewat dit beplan het te wagte was, maar vir hulle wat daaraan meegewerk het en Utopia verwag het, die uiterste ontnugtering en vrees vir die toekoms.
Redaksie.
7 Maart 2012