1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037316

Besoekers aanlyn

Ons het 55 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

MAG ONS OOK OPNUUT REIN WORD

BybelEségiël 36:1-38

“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.” (:25-27). Ag, geliefdes – hoe het ons volk nie ook ‘n ware nood aan hierdie belofte van God nie! SouGod nie ook met reg vandag met ons volk kan twis oor die verontreiniging van ons land deur ‘n goddelose wandel en skandelike handelinge nie? Ja, het ons nie ook ons land en volkshuishouding besoedel met allerhande drekgode soos die volk Israel van ouds nie? “Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling

van die maandelikse onreinheid. Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode

verontreinig het.” (:17&18).

 

Die Here het Sy volk uit die slawerny van Egipte verlos en aan hulle ‘n eie land en kosbare erfenis gegee. Hy het hulle daar in hul eie land geplant met die verwagting dat hulle vrug sou dra, maar die opbrengs was teleurstellend! “En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5:2). God was nie maar tevrede met hierdie teleurstellende opbrengs nie, geliefdes. God besluit om hierdie wingerd tot verwoesting oor te gee a.g.v. die teleurstellende opbrengs daarvan! “Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.” (Jes. 5:6). 

 

Geliefdes, wanneer die Here vandag na ons as ‘n volk moet kyk, sal Hy tevrede kan wees? Hoe lyk die opbrengs uit ons wingerd waarna Hy met verwagting uitsien sedert Hy ons hier geplant het? Hoeveel kosbare en edele opbrengste lewer ons op van dinge wat vir Hom aanneemlik is, geliefdes? Ja, hoeveel liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing word deur ons opgelewer? Erger nog, hoeveel onkruid van owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, naywer, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge is daar nie in ons volk se wingerd sigbaar nie? Geliefdes, u verstaan nou seker waarom ek sê dat ons volk ook ‘n dringende nood aan hierdie belofte van God uit Eségiël 36 het? Nie alleen is die opbrengs wat ons bied teleurstellend nie, maar daar is ook by die meeste van ons volksgenote geen droefheid oor ons verdorwenheid voor God nie!

 

Dit kan ons nie minder skeel nie – ja, asof ons harte van klip het wat geen berou en droefheid ken nie. Ja, ons mense se harte raak nie seer oor die feit dat ons God bedroef en teleurstel nie. Ja, daardie drek op die televisie sal in huise ingesleep word en mense sal daarna kyk ten spyte van die lastering van God se Heilige Naam in feitlik elke program! Ouers sal hulself met Facebook, You Tube, Netflix en allerhande sinneloosheid besig hou en hul tyd verkwis en in die proses nalaat om hul kinders

in die gebooie, vrees en liefde van die Here te onderrig. En mense se harte raak nie bedroef deur die gedagte dat hul geliefdes dalk die ewige lewe kan misloop nie!

Geliefdes, mag die Here ons weer opnuut lei na die fontein van die lewe waar ons ons dors kan les en onsself kan skoon was in die reinste waters van die lewe. “Want by U is die fontein van die lewe; …”(Ps. 36:10). Mag Hy ons oë open om ons eie onreinheid raak te sien en ons harte van vlees gee wat hieroor bedroef sal wees. Ja, geliefdes, want hierdie dinge is nodig vir ons om vrugbaar in Sy wingerd te wees. Ja, meer nog – hierdie dinge is nodig om ons vir ons erfdeel in die koninkryk van God voor te berei. “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

 

Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” (1 Kor. 6:9-11). Ja, geliefdes, nie alle mense sal die Aangesig van God met vreugde aanskou nie. Dit is ‘n voorreg vir diegene wat oor hul sonde bedroef is en hul onreinheid beween. Dit is ‘n voorreg vir hulle wat gedurig na die Fontein van die lewe gaan om hulself in Hom te reinig. “Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Matt. 5:8).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie