Eric Blair, oftewel George Orwell, het ons mos al in 1945 gewaarsku in sy breinvlug Animal Farm, maar ons het nie gehoor nie!. Voor hom was dit Genls. Louis Botha en Jan Smuts wat gemaan het sonder begrip by die massas vir die gevolge van hulle waarskuwings. Nou is die varke in beheer soos Orwell voorsien het en terwyl sommige liberales nugter geskrik het, is daar tog nog ander wat dink dit kan werk! Dit tenspyte van Afrikanerleiers na die 1912 waarskuwings van Botha en Smuts, toe Genl. Hertzog, dr. Malan, Adv. Hans Strydom dr. Verwoerd, Jaap en Willie Marais sedert die 1900's tot en met vandag deur die AVP, deurlopend daarteen gewaarsku het!
Die utopia was van besondere korte duur. Dit neem 'n vark immers nie baie lank om van 'n netjiese skoon hok 'n spreekwoordelike varkhok te maak nie! Wat egter moes bykom was die afbreek van grense. Nie meer sensuur nie, nie meer taalsuiwerheid nie, nie meer verskil van ras, identiteit nie, nie meer verskil van geslag, kleur of aansien nie.
Wat wel bygekom het is gelykheid! Sommige baie meer gelyk as ander het dit geblyk uit Orwell se "Animal Farm" Nou sigbaar in Suid Afrika waar gelykheid geen perke het nie. 'n Krimineel wat inbreek moor en steel is bv. baie meer gelyk as die slagoffer wat uit verdediging van goed en bloed, die krimineel dood. Die dief wat eiendom beset se reg om daar te bly, selfs sonder toestemming wederregtelik en sonder die voorneme om vergoeding aan te bied, se reg is baie meer "gelyk" as die regmatige eienaar se reg om so 'n besetter van sy eiendom af te dwing!
Die varke van Orwell sou selfs wette kon maak wat van 'n eens wetsgehoorsame burger, 'n krimineel maak wat strafbaar is deur wetsongehoorsame wetstoepassers wat sulke, nou ongelyke wetsgehoorsame burgers mag arresteer en boetes oplê! Wat 'n utopia! Dit blyk dat baie van die yweraars wat sterre in die oë gejuig het na 1994, nou 26 jaar later met hangkop en dowwe oë, maar halstarrig sonder erkenning van swak oordeel, dalk sal baat by die lees van "Animal farm" . Veral omdat daar in Suid Afrika baie meer "animals" as "farms" oorgebly het na 'n skamele 26 jaar! 'n Totale verlies aan "farms" vir die toenemende vraag van "animals" onder beheer van veral die varke wat van 'n variant van pandemies wat maand na maand aangepas word vir beter en volhoubare beheer, sommiges op meer gelyke basis as ander manipuleer!!
Vir hierdie welriekende Suid Afrikaanse liberale utopiese klank, wie moet ons bedank? U moet maar verskoon as ek nie die name hier noem nie, want die lys is lank!