1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037299

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE ANC SE NUWE NORMAAL

Klaas WaarseggerNormaal is 'n relatiewe begrip in die nuwe Suid Afrika. Soveel so dat Rhoda Kadalie met selfvertroue die uitspraak kan maak dat 'n Republiek nie 'n demokrasie is nie. Gepraat van logika, dit is hoe 'n mens suurstof gee aan Afrikanisme.

Dit laat mens se gedagtes swewe en wonder watter betekenis die ANC heg aan 'n demokrasie? Die Zondokommissie het vir ons onteenseglik die antwoord gegee.

Die staatsdiens behoort aan die regerende party en belastinggeld sal verdeel word onder die leierskorps. Vandaar Ramaphosa se skaamtelose erkenning dat die ANC voor in die ry staan as dit by korrupsie kom.

Selfgeregtigheid by die ANC skreeu ten hemele! Wette , reëls en regulasies is net vir die blankes en klaarblyklik nie op ANC lede van toepassing nie.

Korrupsie het só "normaal" geword dat dit beskou word as swart bemagtiging. Die stadium is nou bereik waar die konsekwensies van die "nuwe normaal" nie verder geïgnoreer kan word nie. Ons land word bankrot gesteel! Selfs wetgewing(grondroof sonder vergoeding) word aangeneem om fatsoenlikheid te gee aan diefstal. Die aanmatiging en eiegeregtigheid van die ANC ken géén perke nie.

 

Die nuwe Suid Afrika is nou amptelik 'n mislukte staat en ten spyte daarvan stem die swart stemvee steeds vir die ANC. Die rede daarvoor is dat 'n fiktiewe prognose gepropageer word dat al die landskwale die witman en apartheid se skuld is. Die oë van Suid Afrika se bevolking moet weer gewas word met trane om te kan sien dat die afskaffing van apartheid, die land in chaos gedompel het. Die waarheid klink soos haat by diégene wat die waarheid haat! Waarheid kan nie afgemaak word deur 'n leuen wat by onnadenkende mense ingeprent is nie.

 

Die les wat die DA en VF Positief nog moet leer, is dat jy nie mense kan verander wat nie met hulle eie dwalings en dienooreenkomstige optrede kan foutvind nie. Wat jy wel kan verander is hoe jy teenoor hulle optrede reageer en jouself nie in 'n ondergeskikte posisie plaas waar jy sienderoë jou volk se welstand deur hulle onvermoë aan die een kant en moedswillge wraakgierigheid aan die anderkant, ondergrawe en vernietig beleef nie! Jy sal deurlopend altyd meer van dieselfde moet beleef van dit wat jy gewillig aanvaar. Moet dus nie probeer slagoffer speel van omstandighede waaraan jy deelagtig is en waaraan jou volksgenote onderwerp is as gevolg van jou gebrekkige en waarskynlik akademies-geïnduseerde politieke "slimmigheid" nie.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie