1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7446749

Besoekers aanlyn

Ons het 209 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WANNEER JOU OPLEIDING BY JOU INTELEKTUELE VERMOË VERBYGEGAAN HET, KOM JY BY "KOMMIN SENSE"

Weg met die oueRAS: 'DIT BESTAAN NIE' sê Jurie van den Heever en Chris Jones op 16 November 2020 in Nuus 24 se Beeldkoerant. Daar is net één ras, verklaar hulle, en dit is die menseras! Nou hoe nou? Ras sê hulle, bestaan nie, maar dan sê hulle daar is 'n ras! Is daar nou 'n ras of is daar nie 'n ras nie?

Indien jou vermoë om jouself verstaanbaar uit te druk só ver tekortskiet is jy bepaald 'n gevaar vir die samelewing, wat nog te sê vir die studente wat jy op Universiteit moet oplei? Dit was professor Lyle Rossiter, skrywer van die boek "The Liberal Mind" wat gesê het dat as jy dit wat jy met jou oë kan sien nie glo nie, moet jy kranksinnig wees!

Daar is verskillende beesrasse, honderasse, wildrasse maar nie mensrasse nie? As die omstandighede só dwingend geword het dat die vrees om 'n rassis genoem te word jou die waarheid en die werklikheid só akademies laat beknoei dat dit nie meer bestaan nie, dan verval die ou Afrikaanse gesegde dat perdedr...e nie vye is nie! Jy kan dit dan maar eet vir vye want dan is daar mos nie meer verskil nie, of hoe?

Dit is dieselfde as Flip Buys se "AWB" toespraak waar hy die simptoom wat hy help skep het nou aanval en al die skuld op die regime probeer laai terwyl hy self deel van die oorsaak van die simptoom is! Hy dreig selfs die regime se "president" met die hof deur Maroela Media indien hy aanhou met die onbillike grendelstaat. In ondersteuning van Solidariteit se beeld onder Afrikaners is dit Dirk Herman wat Malema aanpraat oor sy uitlatings en optrede, terwyl dit alles simptome is van die beleidsrigting wat hulle vandag nog ondersteun. Toe hulle gewaarsku was dat die teenhang van Afsonderlike Ontwikkeling wat moes uitloop op magsoorheersing ons land en volk sou benadeel, het hulle veelrassigheid toegepas in weerwil met die waarskuwings van baie kundiger mense as wat hulle gesamentlike brienkrag ooit kon wees.

Wat hulle met veragting verwerp het en hulle eie landgenote se pogings om die katastrofale politieke afwyking van beleid en beginsel te probeer stuit, as onverdedigbaar, onmenslik en euwel beskou het, het dit hulle nou ingehaal en instede daarvan om hulle foute te erken en met ons saam in verset te kom teen die onwettige regime, ploeter hulle voort op die veelrassige pad en versterk sodoende hierdie uitoorlêpogings van "akademici" wat die werklikheid probeer wegredeneer met allerlei verbeeldingsvlugte wat die oë en ore moet verbygaan sonder hoor of sien!

Sou hierdie nuwe geloof oor ras geglo word, sal 'n mens ook beter verstaan hoekom mense die grootste leuen in menseheugenis, naamlik die pandemie wat nie bestaan nie, hartstogtelik glo en elke absurde maatreël van gesigmaskers, afstandhandhawing, honderdmaal op 'n dag hande ontsmet, beprkte byeenkomste ens., ens. slaafs handhaaf asof jou lewe daarvan afhang.

Soos wat Mandela en de Klerk die Nobelprys vir vrede ontvang het terwyl hulle niks anders as moord, onrus, rassekonfrontasie en onveiligheid bewerk het nie, behoort hierdie twee "slimmes" wat ontdek het dat ras nie bestaan nie, ook die Nobelprys vir "vrede" te ontvang omdat rassebotsing nou iets van die verlede gaan wees! Wat 'n ontdekking van ontdekkings! Die volgende sal seker volk wees wat nie bestaan nie! Daarnaas die taal en dan die godsdiens gevolg deur die regering en eensklaps is ons terug by die toring van Babel! "We are One", the people en ubuntu! Wat 'n vooruitsig vir die liberalis en wat 'n ontnugtering as hulle wakker word, want daar is 'n verskil tussen Common Sense en "Kommin sense"!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie