1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7463591

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SAMESWERINGS EN SLUIPMOORDE

SamesweringsDie verval van die beskaafde en christelike waardes waaraan ons Afrikkanervolk in die ou Suid Afrika gewoond was, is iets van die verlede! Om die waarheid te sê, het daar met die verlê van die grense van ras wat na die sluipmoord op dr. Verwoerd begin is, ‘n gees van sameswering, onderhandelings in die geheim en selfs moord in Suid Afrika posgevat!

Nadat de Klerk oorgeneem het, het dit momentum begin kry en is daar met vrees en uitoorlêtaktiek begin, wat die geloof en vertroue van die Afrikanervolk misbruik en ten koste van hulleself, vir sy valse voorwendsels laat stem het wat ons die land gekos het. Chaos en enorme verlies omdat die meerderheid van ons volk nie kon, of wou onderskei tussen vals en waar nie!

Dit is verstommend hoe vinnig die jong politici die Huntington filosofie van perseptologie aangeleer het. Sê wat jy weet die mense graag wil hoor, maar doen dan wat jy in gedagte het en wat jy wéét die hoorders nie sal wil aanvaar nie. Ten spyte van die feit dat die aard, kultuur, geloof en waardestelsel van blank en swart nie net verskil nie maar selfs teenstrydig is, word die byderwetse “nie-rassigheid”,”rassisme” en gelykheidsbeginsel aangevoor om “rassediskriminasie” die vloekwoord van ons tyd te maak.

Die apartheidsbeleid van dr. Malan van 1948 wat per definisie bedoel was om elke volk in Suid Afrika die geleentheid te gun om volgens sy eie aard, sy eie behoeftes, sy eie taal en kultuur, binne sy eie grondgebied oor homself te regeer! In hoofsaak om elke volk die behoud van eie identiteit te verseker!

Jy “tree in die Afrikaner se belang op”, maar jy verwerp die Godgeskepte rasseskeiding! Die onvermydelike teenhang daarvan is rasvermenging wat onafwendbaar moet uitloop op meerderheidsoorheersing! Dit bring jou by getallepolitiek, een-mens-een-stem en onderwerping van elke kleiner volk deur die domminansie van die getalsterkste volk.

Dié verwronge en fatale beleidsiening, geskoei op die liberalis se humanistiese vertolking van die Bybel van “gelykheid” en “eenheid”, wat ook in lyn is met dié van die Kommunis, Wêreldraad van kerke, die VN, die EU, die Britte, Amerikaners en elke swart staat in Afrika wie se belang nou voorkeur kry bo die voortbestaan van die Afrikanervolk, het reeds van Suid Afrika ‘n ashoop gemaak!!

Nog is het einde niet! Steeds is daar mense wat reken dat die moontlikheid om saam met die nie-blanke Suid Afrika weer op te bou, moontlik is. Die honderde duisende verlies van menselewens deur wreedaardige moorde, verkragtings, verminkings en ekonomiese wanbestuur, by gebrek aan wet en orde en die handhawing van veiligheid, is blykbaar op te weeg teen die enkele gevalle van dood in die oorgangstydperk van apartheid na die ideaal van almal gelyk maar almal apart, met ‘n toestand van veiligheid, voorspoed en vooruitgang!

Die dokumente wat nou bekend geraak het in Amerika, van wie almal betrokke was om te verhoed dat Donald Trump president word en die onderduimse metodes wat mense benadeel het, het ‘n blik wurms oopgemaak wat diep in die Amerikaanse gemeenskap insny. Soos in Suid Afrika met die moord op dr. Verwoerd en agterna die Boeremagsaga, vergelyk dit alles met die geknoei met Brexit in Brittanje, as bewys van hoe die beskaafde wêreld verval het tot niks beter as wat in Afrika aan die gang is nie.

Onderkruipery, rugstekery en verraad is aan die orde van die dag. Die oorsaak? Oral waar daar geen rasgrense was en steeds nie is nie, was die kunsmatige vrede gehandhaaf omdat die blankes daar nagenoeg 90% van daardie bevolkings uitgemaak het. Noudat die 10% nie-blankes aangegroei het en drasties toeneem met die potensiaal om binnekort die meerderheid te wees, is hulle eise en optrede reeds bykans onhanteerbaar!

Is dit waarmee die Afrikanervolk nou vrede maak? Derde wêreldstandaarde waartoe ons afgetrek word en dan nog roem dat ons in hierdie toestand verkeer asgevolg van ons voorgeslagte se vrymesselaarbetrokkenheid en algemene misverstaan van die Bybel?

Ons word ontwapen en instede daarvan om ons eendragtig as ‘n volk te verset daarteen, word daar geknoei in die donker om lisensies hernu te kry. Van eerlike en bevoegde wapeneienaars het die regime nou kriminele gemaak.

Onder blanke bewind was ‘n vuurwapenlisensie eenmalig uitgeneem sonder die noodsaak vir hernuwing. Nooit was die besit van ‘n gelisensieerde vuurwapen ‘n probleem nie en was ons land een van dié waar die laagste moordsyfer deur blankes gepleeg was met ‘n vuurwapen. Nou word daar moord gepleeg op ‘n polisie amptenaar wat gemoeid was met ondersoek na ongeldige uitreikings van lisensies. Kyk waartoe het Suid Afrika verval na beleidsafwyking!

Kom tot nugterheid Afrikaners! Oud en jonk moet opnuut besef dat ons heil nie te vinde is in toegewings en aanvaarding van onreg oor reg nie! Ons het ‘n verantwoordelikheid om onreg te weerstaan. Hierdie land is óns land! As ons erken dat ons dit uit God se Hand ontvang het as erfenis, dat ons male sonder tal deur God uitgered was uit onwenbare toestande, dat ons onder Sy seënende Hand tot vryheid en voorspoed gevorder het, maar nie sonder dat ons bereid was om in geloof daarvoor te stry nie, dan is dit nou tyd dat ons ons verantwoordelikheid teenoor ons hemelse Vader nakom!

Verootmoedig uself in u binnekamer, bely u oortredinge en laat dit staan! Hef dan u oë op na die berge en vra waar u hulp vandaan moet kom! Soos Dawid sal u hoor, my hulp is van die HERE! Dit is waar ons Afrikaner volk se heil te vinde is. Nie by die buiteland wat nou besef dat hulle grense moet hê nie en waar dit reeds vir sommige te laat is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie