Die onbetwiste wetenskaplike bewyse uit alle oorde ten opsigte daarvan dat die Coronading ‘n infame leuen is wat aangewend word om die “Nuwe Wêreld Orde” se beheer oor die ganse mensdom te bewerkstellig sonder geweld en bloot deur die mensdom te uitoorlê met die skep en handhawing van ‘n vreessigose, kan nie meer ontken word nie.
Die geweldige sukses wat die Duisternis tydelik hier oor die Lig behaal het, is betekenisvol as ‘n mens dit van nader bekyk.
Om in die eerste plek daarin te kon slaag om ‘n ieder en ‘n elk te laat glo dat daar ‘n pandemie is, moes die bose beheer gehad hê oor prominente en gesaghebbende instansies en figure.
Tweedens is dit duidelik dat om die vrees te kon handhaaf, hulle ook oor die media beheer moes hê. Derdens kan dit ook nie betwis word dat feitlik elke regering wat hieraan deelneem, ook onder die beheer van hierdie bose en diaboliese beplanning is nie.
Indien daar tog wel enkele regerings is wat nie regstreeks onder beheer van hierdie bose mense is nie, dan kan dit tog net wees dat so ‘n regering wat in elkgeval daaraan deelneem, of bloot dom en onbevoegd is, of slim genoeg is om van hierdie geleentheid gebruik te maak om hulle eie posisie te bevoordeel!
Die onderstaande punte is die standpunt van professor Michel Chossudovsky in Global Research, September 07, 2020.
Dit is belangrik dat u die onderstaande skakel gebruik om na die video te luister wat hy saamgestel het. https://www.globalresearch.ca/video-what-is-covid-19-the-fear-campaign-has-no-scientific-basis/5723219
Dat die inperking en verskillende vlakke daarvan in Suid Afrika op leuens gebaseer is en hoofsaaklik daarop gemik is om nasionalisme en saamhorigheid aan bande te lê, is ‘n bewys van die manipuleerbaarheid van die swart regime wat dit enersyds gebruik om hulleself finansieël te bevoordeel en andersyds om die regmatige eienaars van Suid Afrika onder beheer te probeer hou.
Om vrywillig aan hierdie leuenveldtog deel te neem,maak ons aandadig aan die gevolge daarvan. Dit is duidelik dat daar géén wetenskaplike of enige ander bewys is dat Corona se aan- of afwesigheid bewys kan word deur die smere van neus of keel as toets te gebruik nie. Dit is eweso dat die dood van ‘n persoon wat enige ander vorm van gevaarlike siekte onderlede gehad het, as ‘n Coronasterfte gediagnoseer kan word nie, omdat die toets nie bewys dat so ‘n persoon negatief of posetief met die virus besmet was nie. Daaruit vloei voort dat enige ander maatreëls van afstand, gesigsmaskers, kwarentein, reisbeprkings of watter ander maatreëls gebruik word om jou in te perk, te beperk of te straf vir die oortreding daarvan, op leuens baseer is en teëgegaan behoort te word.
Dit is ‘n feit dat die media die massabetogings teen hierdie leuen van Covid 19 ignoreer omdat dit die potensiaal het om die VN se opdrag van inperking van 187 lande se mense, ongedaan te kan maak. Die media se verkondiging van toe-of afname van gevalle wat dus baseer is op leuens, behoort aan bande gelê te word vir aandadigheid aan die skep en instandhouding van valse vrees.
Dit is noodsaaklik dat ons Afrikanervolk in belang van geregtigheid, in verset sal wees teen hierdie beheer wat nou nog geweldloos voorkom omdat baie mense bloot uit vrees vir kontaminasie, gehoorsaam is. Hierdie “vreedsame” beheermaatreëls in belang van jou gesondheid en die van ander wat jy dalk mag aansteek, sal weldra in geweld oorgaan.