1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037340

Besoekers aanlyn

Ons het 37 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘N SAGMOEDIGE KONING

Matt. 21:1-11

Bybel“Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.” (:5).

Onse Here Jesus Christus stel vir ons so ‘n wonderlike voorbeeld met Sy intog in Jerusalem. Sy nederigheid en sagmoedigheid raak ‘n mens diep. Hy wat die Seun van God, die Allerhoogste van die heelal is, verhef Homself nie by elke geleentheid wat hom voordoen nie. Nee, op nederige en sagmoedige wyse ry Hy Jerusalem op die rug van ‘n esel binne om hiermee die woorde van die profeet Sagaria in vervulling te bring. “VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.” (Sag. 9:9).

Hierdie optrede van Jesus Christus dwing tog enige gelowige tot ‘n diep introspeksie. Dit laat ons vir ‘n oomblik in verwondering sit oor die absoluut bewonderenswaardige nederigheid van hierdie Jesus Christus – ons Koning. Dit laat ons skaam voel wanneer ons besef dat ons so deur die wêreld se begeerlikhede bekoor word. Ons wil tog so maklik soos die wêreld ons grootheid en krag aan mense ten toon stel. Ons wil tog so graag aan die wêreld rondom ons ons prestasies en rykdom ten toon stel om daardeur hulle bewondering vir ons te wek. Ja, so maklik wil ons graag onsself in die oë van die wêreld groot maak en vergeet ons maklik dat so ‘n grootheid menigmaal baie gering in God se oë is. “Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7). Ons spandeer so maklik meer krag en ywer daaraan om in die oë van die wêreld groot te wees as om die voorbeeld van onse Here Jesus Christus na te volg.  

Ek dink dat ons die waarde van nederigheid in God se oë heeltemal onderskat. Dit is ongetwyfeld ‘n eienskap wat vir God in Sy oë baie, baie kosbaar is. Dink maar by hoeveel geleenthede Jesus Christus Homself verneder het ten einde aan Sy dissipels ‘n voorbeeld van nederigheid te stel. Hy is nie in weelde in die luuksste herberg van daardie tyd gebore nie, maar eerder in ‘n stal in ‘n krip neergelê. Ja, daar is selfs van ons hier teenwoordig wat seker op Hom hieroor sou neersien. En dan ook by Sy intog in Jerusalem toon Hy Sy nederigheid. Ons dink aan die geleentheid waar Jesus die voete van Sy dissipels gewas het. Ons dink daaraan hoedat Hy selfs bereid was om die mees vernederende dood te sterf. “en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.” (Fil. 1:8). En dit alles het Hy gedoen alleen omdat dit in God se oë aanneemlik was – ongeag wat mense se reaksie hieroor sou wees.

Die aanneemlikheid van Christus se diensbaarheid en nederigheid in God se oë word vir ons in die brief aan die Filippense bevestig. “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,”. (Fil. 2:9&10). Jesus Christus het saam met die voorbeeld van nederigheid ons ook in woorde teen selfverheffing gewaarsku en tot nederigheid gemaan. “Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.” (Luk. 14:11). So het God ook reeds in die tyd van Israel Sy volk deur die mond van die wysste koning wat die wêreld ooit gesien het die waarde van nederigheid geleer. “Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.” (Spr. 15:33).

Geliefdes, ek wil u vanoggend daartoe maan om te besin hoe u lewe in ons tyd daaruitsien. Ek wil vra dat u mooi daaroor dink of die smet van hierdie wêreld nie aan u kleef om die begeerlikhede daarvan na te volg nie. Is u dalk ook besmet met die bekoorlikheid van hierdie wêreld en probeer u soos die wêreldlinge om te ywer om in mense se oë groot en aanneemlik te wees? Of begeer u, geliefde broeder en suster in Jesus Christus, om ook soos Johannes uit te roep dat Hy meer moet word en ekself al minder?

Ek wil u daartoe roep om die nederigheid en sagmoedigheid van onse Here Jesus Christus na te volg en uit te leef geliefdes. Die wêreld waarin ons leef het ‘n dringende nood hieraan en hierdie deugde is seer aanneemlik in God se oë. Ons as gelowiges wat glo in die Here Jesus Christus wat ons skoongewas het van die besoedelde kleed van sonde van hierdie wêreld, behoort ons volgens die vermaning te oorklee met die nuwe mens wat in Christus Jesus geskape is. Die is hierdie mens wat ‘n skoon lewenskleed aangetrek het. ‘n Kleed wat met onder andere liefde, nederigheid en sagmoedigheid aanmekaargewerk is. “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.” (Kol. 3:12).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie