1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7033820

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

BESLUITE OF GEBREK AAN BESLUITE HET GEVOLGE!

IntelligensiebedekkingWat ek hier skryf het nie die bedoeling om te verwyt, te beskuldig of te verkwalik nie. Ek konstateer bloot feite. Of jy nou na die sluipmoord op dr. Verwoerd met die veranderde beleid van John Vorster saamgestem of in 1969 saam met dr. Albert Hertzog van die NP weggebreek het en deel geword het van die strydende minderheid Nasionaliste in die Herstigte Nasionale Party, dit het gevolge gehad!

Toe jou voorbeeld aan jou kinders en kleinkinders een van ‘n volhardende gelowige Nasionalis was met die beginselafwyking van P.W. Botha en later F.W.de Klerk, het dit gevolge gehad en wat meer is, langdurige gevolge voortgedra deur wat jy voortgebring het.

Toe jy in 1982 die kortpad van die Konserwatiewe Party gevat het omdat hulle tenminste 18 setels in die parlement gehad het, sonder inagneming die feit dat hulle vir dertien jaar in die NP gesit en die HNP oponeer het, het dit gevolge gehad. Die feit dat daardie parlementariërs deel was van John Vorster magsdeling ontaard in chaosbeginselafwykings en bloot as opvangsgebied moes dien vir al hoe meer ongelukkige Afrikaners binne die NP, het gevolge gehad. Die 1981 verkiesing se uitslag wat aanduidend was van ‘n NP nederlaag in die volgende verkiesing, het gevolge gehad.

Die feit dat jy as professionele persoon jouself verhewe ge-ag het bo die politiek wat dan so “vuil” was, het gevolge gehad. Die sportmanne en vroue wat so neutraal as moontlik wou bly terwille van hulle internasionale roem, het gevolge gehad.

Jou deelname aan die postmoderne liberale inslag as deel van die veranderde wêreld waarin ons lewe, het gevolge gehad. Die “behoudende oftewel regse” politieke groepperings wat vir vier uur lank mnr. Jaap Marais se pleidooi van “stuit de Klerk” deur bedankings uit plaaslike owerhede regoor die land, van die hand gewys het, waar die vakatures wat sou ontstaan binne 21 dae gevul moes word en ‘n algemene verkiesing uitgeroep sou moes word, het gevolge gehad.

Jou deelname aan die bestel wat ‘n wetmatigheid aan die onwettige regime se aanspraak op Suid Afrika bevestig, het gevolge. Jou goedkeuring van die Godlose grondwet en verwerping van apartheid as beleid, het gevolge.

Hierdie kollektiewe gevolge het ons nou in huisarres wat onder ‘n Nasionale Afrikaner blanke regering vermy kon gewees het. Ook die ekonomiese verval, die gebrek aan persoonlike veiligheid, werkloosheid en kommunistiese polisiestaat maatreels sou ons vrygespring het.

Die slegste gevolg van internasionale voorskrifte en ontneming van ons soewereine onafhanklikheid wat ook selfs ‘n impak op ons Godsdiensvryheid het, sou vermy geword het!

Besluitneming wat afgewyk het van jou bewese suksesvolle beginselbasis waarvan jy jou laat vervreem het deur mee te werk met ons vyande se demonisering van jou volksankers, het vernietigende gevolg gehad. Verketterde volksankers, het die Afrikanervolk se fondasie ondergrawe en ons oënskynlik weerloos gelaat in die hande van ‘n nasie sonder verstand. ‘n Nasie wat ons na willekeur kan hiet en gebied, ons kan laat vermoor en ons eiendom en besit kan onteien sonder vergoeding! Wat ‘n treurige toestand en verpletterende gevolg van ons besluitneming en/of gebrek daaraan!

Oënskynlik beteken egter dat dit op die oog af so voorkom! Voorkom asof ons weerloos gelaat is in die hande van hierdie nasie sonder verstand, ondersteun en voorgekryf deur ons imperiale vyande. Weet u waar ons hulp in die verlede vandaan gekom het? Kan u uit die geskiedenis onthou waarom ons die vrymoedigheid gehad het om hulp te vra en by wie?

” Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.”

Die onreg deur slegs die gebruik van ‘n leuen oor die omvang en gevaar van die griepvirus, sal nie standhou nie! Dit is ‘n refleksie op die intelligensie van die mens, maar ook ‘n bevestiging van die gebrek aan intelligensie van die regime wat dink dat ons almal dom en onnosel is! Dat die “lockdown” die skans van apartheid nou “tydelik” vervang vir die ekonomiese vernietiging van Suid Afrika, plaas die seël op die kranksinnigheid van die de Klerkpolitiek sedert 1994!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie