1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037298

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HEILBRON-SUID DOLEER

DIE LEUEN IN DIE KERKDit is met dankbaarheid in die hart om te kan beleef hoedat daar aan die die Woord van God nog deur sommige gelowiges voorkeur verleen word in teenstelling met die leuen wat besig is om die "kerk" in die ganse wêreld te vernietig! Die hele wêreld leef 'n leuen! Dit verstom 'n mens dat die grootste leuen in menseheugenis, die Corona leuen, sonder slag of stoot gesluk word en soos skape gelei deur 'n Judasbok, aanvaar die hele wêreld huisarres en inperking van elke basiese vryheid asof daar geen uitkoms is nie!

Soos die hiërargie van die kerk, alle kerke hulle onderwerp aan sinodebesluite en lidmate hulle weer laat saamsleep deur hulle ringe en kerkrade, só onderwerp regerings hulle aan die leiding van groter moondhede en burgers op hulle beurt weer aan hulle owerhede, ongeag of daardie besluite meriete het of nie! 

 

Nietemin loof ons van die AVP, Heilbron -Suid gemeente wat die waarheid van die Woord hoër ag as die valsheid van ringe en sinodes wat die pad byster geraak het

 

Wie dit mag aangaan

Insake: Dolering van die Ned. Gerf. Gemeente Heilbron-Suid

Volgens 'n eenparige kerkraadsbesluit (gehou 2020-03-16), word hiermee kennis gegee dat NG Heilbron-Suid in 'n tydelike staat van dolering tree. Dit behels prakties dat alle sinodale aanslae teruggehou sal word, totdat daar bekering in die Algemene Sinode en/of die Vrystaat Sinode sigbaar word en 'n terugkeer na die Woord plaasvind.

Ons neem hierdie stap met groot hartseer oor die toestand van die kerkverband, maar in vertroue, gehoorsaamheid en nederige afhanklikheid van die Here, omdat ons glo dat dit sy wil is, deur die leiding van die Heilige Gees, en volgens wat ons interpretasie is van die Bybel as ewige, enigste, ware, betroubare en lewende Woord van God.

As verdere begronding skaar die kerkraad ons in hierdie verband in die geheel by die volgende besluit van die Ring van Heilbron (Notule uittreksel Spesiale Ringsvergadering 2019-11-14):

"Die Ring van Heilbron betreur die feit, dat die Algemene Sinode 2019 die Gravamen van die Ring van Heilbron, wat oor hierdie aangeleentheid ingedien is, doodgewoon geignoreer het.

Die Ring van Heilbron betreur die besluit van die Algemene Sinode 2019 oor selfdegeslagverhoudinge/verbintenisse en verwerp dit in sy geheel en wel op die volgende gronde:

1. Besluite van Sinode

1.1 Die besluit oor selfdegeslagverhoudinge

1.1.1 Die Ring verwerp die gedagte dat ‘n ˜vasgelooptheid” bereik is ten opsigte van ons Skrifhantering en Skrifuitleg, wat dit aan willekeur oorlaat dat elke gemeente en lidmaat nou self kan besluit watter sonde nie meer as sonde gereken word nie, spesifiek seksuele oriëntasie in die geval. Die feit dat respek vir mekaar se uiteenlopende Skrifbenaderings swaarder weeg as die waarheid van God se Woord. Die feit dat die konteks van die gemeente die maatstaf vir die waarheid en nie God se Woord as die enigste onfeilbare waarheid gehandhaaf word nie.

1.1.2 Die Ring verwerp die gedagte dat die eenheid met Christus nie verbrokkel wanneer ons met mekaar verskil oor Skrifhantering en Skrifuitleg nie. Die Skrif is juis die Woord van Christus aan sy kerk wat absolute gehoorsaamheid van ons vra.

1.1.3 Die Ring verwerp die besluit dat mense in die ampte kan dien ongeag hulle seksuele oriëntasie, terwyl die Woord duidelike vereistes vir al die ampte stel. Dit gaan hier oor die LGBTIQ+ leefstyle in sy wydste sin wat in die Skrif as sedeloosheid aangedui en ten sterkste afgewys word.

1.1.4 Die Ring verwerp die gedagte dat daar ruimte geskep moet word vir almal om in hierdie opsig volgens sy eie oortuiging te kan optree. Daardeur word ‘n diversiteit omhels ten koste van die waarheid van die Woord.

1.1.5 Die Ring verwerp die besluit om ‘n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van sogenaamde burgerlike verbintenisse wat aan homoseksuele verhoudinge kerklike sanksie wil gee.

1.1.6 Die Ring verwerp die besluit om verskoning aan te bied aan gay lidmate en hulle families vir die pyn wat hulle in die kerk sou beleef het, asook die waardering wat in die besluit uitgespreek word vir die gay-lidmate wat volgehou het met hulle waagmoedige optredes in die kerk.

1.1.7 Die Ring verwerp die besluit om voort te gaan met studie oor die huwelik en menslike seksualiteit. Die Ring het geen vertroue meer in sommige teoloë wat die kerk voortdurend met onbybelse studiestukke wil konfronteer nie.

2. Die Pad vorentoe

2.1 Die Gemeentes in die Ring van Heilbron distansieer hulle in die geheel van die besluit van die Algemene Sinode 2019 rakende selfdegeslagverhoudinge.

2.2 Die Ring van Heilbron versoek die Vrystaat Sinode om dringend ‘n spesiale Sinodesitting byeen te roep, rakende die besluite van die Algemene Sinode 2019.

2.3 Indien die Sinode nie die versoek toestaan nie, sal die Ring van Heilbron gemeentes aanmoedig om aksies te neem soos wat reeds deur sommige gemeentes gedoen is.

2.4 Die Ring van Heilbron het eenparig besluit om die beraad te Moreletapark by te woon.

Ons wil steeds as kerk die oop arms van Jesus wees wat vir alle mense die boodskap van genade, vergifnis, belydenis, bekering, liefde en heling aanbied. In dieselfde asem staan ons by die woorde van die kerkhervormer Martin Luther: ˜I am not permitted to let my love be so merciful as to tolerate and endure false doctrine.”

Ds. F.C. Victor

Kerkraadsvoorsitter

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie