1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7449444

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

84 EN FW DE KLERK PLOETER STEEDS VOORT IN ONTKENNING!

FW de Klerk erken dat ANC beleid blankes uit die land uit dwingAnti intellektualisme is ‘n blywende draad wat sy weg deur ons politieke en kulturele lewe baan, gevoed deur die valse opvatting dat demokrasie beteken dat my onkunde net so goed is as jou kennis. Isaac Asimov

Dit is sekerlik die beste vertolking van die verskil tussen die liberale en sekulêre sienings en dié van behoudende nasionalistiese benaderings in die bestuur en beheer van staatsinstellings. De Klerk se onderhoude vadag in Februarie 2020 na aanleiding van sy herdenking van die katastrofale 1990 optrede, is tekenend hiervan.

Die refleksie op die intellek van Afrikanerleiers voor, en tot en met dr. H. F. Verwoerd en selfs leiers van sy eie tyd, soos dr. Albert Hertzog, Jaap en Willem Marais en ander Afrikaners wat met hom verskil het, word onderskryf deur Asimov se wysheid. De Klerk se erkenning in sy onderhoud met die ewe liberale Tim du Plessis, dat hy sy planne van sy eie NP LV’s weerhou het tot na sy aankondiging van 2 Februarie 1990 omdat verrassingselement deel van die strategie was, is betekenisvol!

Op dieselfde wyse is die ganse Afrikanervolk van wie hy ‘n mandaat gehad het om binne die raamwerk van afsonderlike ontwikkeling, die grondwet te handhaaf en op demokratiese wyse sy volk te lei, hierdie volk se intellek geminag vanweë sy “meerdere” kennis. Nie omdat hy onkundig was nie, inteendeel was hy as organiseerder van die De Klerk vat handeNasionale Party in 1973, nogal op skrif, eensgesind met sy volk en hulle leiers, tot en net na die sluipmoord op dr. Verwoerd!

Sy ontkenning in ‘n video vraag-en-antwoord onderhoud met ‘n swart vroulike programleidster dat hy nie beïnvloed was deur druk vanuit die buiteland nie, is bedenklik in die lig van sy besoeke aan die State Department van Amerika, gesprekke met George Soros en vele ander getuienis tot die teendeel.

As dit wat hy gedoen het in die “donker” en in geheim moes plaasvind, sy behoudende weermag en polisie generaals afgedank moes word, die Staatsveiligheidsraad ontbind moes word, die “teks” slegs ‘n paar dae voor sy toespraak met sy kabinet deurgewerk het en hulle gemaan het om dit nie eers met hulle eggenotes te bespreek nie, was sy hele volk mos in terme van hulle vermoë om te kon oordeel of dit goed of nadelig sou wees, onbevoeg in sy oë.

Wat ‘n klug van ‘n demokrasie! Die stert het die hond begin swaai soos ‘n volbloed kommunis! ‘n Stalin! De Klerk se besef dat sy volk hom sou verwerp as hulle moes weet waarmee hy besig was, nie in belang van sy volk nie, maar in belang van die vyande van sy volk! Vir dieselfde rede het hy die belofte van nog ‘n referendum voordat die nuwe grondwet aangeneem sou word, doelbewus nie nagekom nie omdat hy geweet het dat die Afrikanervolk dit nooit sou goedkeur om ‘n beleid te aanvaar wat hulle ondergang sou bewerk nie!

Die wete dat nie die ANC of wie anders ookal, die Afrikanervolk in ‘n militêre stryd sou kon dwing om magsdeling met die swartes te aanvaar nie, het hulle na verraad laat gryp. FW se opmerking dat as hy nie gedoen het wat hy op 2 Februarie gedoen het en nog tien jaar uitgehou het, Suid Afrika vandag soos Sirië sou gelyk het, is gebaseer op die vreesmotief. Hy stel dit asof dit ‘n feit is! Hoe weet hy? Is dit omdat die Amerikaners hom verwys het na Sadam Hoesein, Muamar Gadafi en Bashar Asaad van Sirië?

Geloof, en die moed wat onafwendbaar daaruit voortspruit soos ‘n dr. Vewoerd wat geweier het om toe te gee by die Statebond aan die druk om af te sien van Afsonderlike ontwikkeling, het kennelik by de Klerk en sy bondgenote ontbreek! Daardie georkestreede aanslag op ons beleid, waarskynlik vanuit Brittanje, het dr. Verwoerd deur sy ferme, redelike en beleefde weerstand, se leierskap uitgelig bokant die van sy internasionale eweknieë.Hy het daardeur sy volk se identiteit beskerm en bewaar met die sukses wat daarop gevolg het van voorspoed en groei, veiligheid en stabilliteit vir al ons inheemse volke.

Was dit die moord op dr. Verwoerd wat de Klerk laat swig het? Sy skuiling van bloed in die strate en verwoesting in Syrië is baie deursigtig en ten koste van sy volk! Die bloed in die strate het nie uitgebly en die beskerming van eiedom en besitreg nog minder! Indien de Klerk sy verstand behou en nog vyf jaar lewe, sal sy hardvogtige volgehoue ontkenning van sy verraderlike optrede ten koste van sy volk wat deur die media en mense soos Tim du Plessis besing word, hulle op hulle knieë dwing deur wat hulle gaan aanskou as God nie self ingryp in verhoring en ongedaanmaking van wat hulle onder de Klerk se leiding vernietig het nie!

Jou werk is afgehandel mnr. De Klerk! Verwyder jouself en jou volgehoue pogings vir regverdiging van jou verraad. Jou ophemeling vir daardie dag kom grootliks uit die geledere van die vyande van die Afrikanervolk. Jou beroep op die magsbasis uit jou kabinet van destyds, wat jy aanvoer as sou jy die kabinet se ondersteuning gehad het, is maar dun. Leon Wessels het dit dié week bevestig toe hy aan Tim du Plessis gesê het dat die staande toejuiging van die LP’s na jou toespraak die laaste keer was dat die NP verenig was. “In die loop van die stormagtige vier jaar daarna, het die eens magtige en gehate NP geleidelik in agt faksies verdeel”. Aldus Wessels.

Die voorbeelde van weerstand teen de Klek se beplanning tot abdikasie is legio. Die geknoei agter die skerms en sameswerings wat in die geheim beplan is bevestig dat hy nie ‘n mandaat gehad het van die Afrikanervolk waarvan hy die leier was nie. Hy het inteendeel sy mandaat verkrag deur uitoorlê taktiek teneinde aan die vyande van ons volk die mag oor ons land te oorhandig wat hulleself nie instaat was om te verkry nie.

Statebondstoespraak van dr. VerwoerdDie regime wat nou in Suid Afrika as die regering poseer is onwettig en elke wet wat hulle verander het onder die onwettige grondwet is onwettig. Elke swart volk beskik oor hulle eie grondgebied waar hulle oor hulle eievoksgenote kan regeer volgens hulle eie aard en behoefte en volgens hulle eie tradisies en kultuur. Hierdie Internasionale projek om te probeer bewys dat die swart ras gelyk is met die blanke het klaaglik gefaal vir die wêreld om te sien. Die somtotaal daarvan is dat hulle grense nou almal oop is omdat hulle dit oopgemaak het deur Suid Afrika te forseer om ons grense oop te maak vir die ideologie, (fanciful speculation) van multikulturalisme.

Die diepte van dr. Hendrik French Verwoerd sal nou gepeil word en die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat hulle nie verstaan het en nie wou verstaan nie, se waarde uiteindelik besef word. Laat die wat skoon is skoner word en die wat vuil is nog vuiler word, leer ons uit God’s Woord! Dít is die norm. Nie onreg en ongeregtigheid nie maar ‘n geordende samelewing waarin .... “vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.” I TIMÓTHEÜS 2:2

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie