1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464616

Besoekers aanlyn

Ons het 28 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SUIDWES AFRIKA ONDER SWAPO LOOP IN DIE SPOOR VAN DONKER AFRIKA

Suidwes Afrika teen apartheidDie onderstaande nuusberig het in Engels op die AVP se lessenaar beland wat sonder omhaal die Afrikapatroon van korrupsie en magsmisbruik aldaar blootlê. Nie die blankes, of die Rehobot Basters, Damaras, Hereros of Namas, in kort die inheemse inwoners van Suidwes sal oor die langtermyn baat by die “bevryding” van “Namibië” nie!

Getallepolitiek is ook daar in beheer en getalle erken nie meriete, moraliteit, standaarde, godsdiens, wet en orde, geregtigheid en selfbeheersing nie. Getallepolitiek erken net die mag van die meerderheid en die korttermyn voordele wat dit meebring. Resolusie 435 was nie ‘n seën vir daardie eens pragtige land nie, maar ‘n vloek! Wie dit nie vandag kan sien en glo omdat hy dit sien en ervaar nie, het geen erg aan ordelike, beskaafde en regverdige norme waarin veiligheid, voorspoed en vrede moontlik is nie.

As dit wat in die berig hieronder staan waar is, is viva Afrika Suidwes se voorland! Soos in Suid Afrika sal gesamentlike verset teen een-en-dieselfde soort onreg die enigste aanvanklike vreedsame oplossing bied. Nie Mosambiek, Rhodesië, Agola, Suidwes Afrika of Suid Afrika het énige baat gevind by Harold MacMillan van die Brittanje se” Winds of Change” wat oor Afrika kom waai het nie! Onmin, konflik, moord en doodslag, korrupsie en ongelooflike onreg! Dit is die enigste produkte wat Brittanje se bemoeienis in die binnelandse aangeleenthede van hierdie Afrikalande gehad het.’n Vooruitskouing dalk van die huidige chaos in hulle koningshuis en regering?

queen elizabeth ii meets the president of nambia hage geingob and HAJRD9PRESIDENT HAGE GEINGOB BETREK IN KORRUPSIE

Die President van die Republiek van Namibië, Dr Hage Geingob word betrek by die korrupsie met die vis tenderskandaal en hy is dus baie bekommerd oor die huidige situasie. Geingob, word geglo, is bewus van al die korrupsie en korrupte amptenare van wie baie van hulle sy vriende is. Sy kommer laat hom poog om deur al die middele tot sy beskikking die skandaal te laat weggaan. Gerugte laat blyk dat ondersoek aan die gang is en 'n fluitjieblaser op die punt is om uit te kom oor die verhouding tussen die Namibiese President en die Namibiese Diamantmaatskappy wat as NAMDIA bekend staan.

Daar word geglo dat die Diamantmaatskappy die Namibiese diamante vir ‘n appel-en-ei aan hulle vriende in Dubai en Europa verkoop onder die globale markprys, terwyl Namibiërs ly. Die man agter NAMDIA is Kennedy Hamutenya wat vermoedelik Hage Geingob se goeie vriend en vennoot in die Diamantbedryf is. Daar is 'n groot Mafia-kartel in Namibië, wat bestaan uit oorwegend Swapo leiers en hoë regeringsbeamptes. Namibië is een van die rykste lande in Afrika maar met 'n klein bevolking, waarvan die meeste baie arm is en oor baie jare mislei is.

Die Ministers en hoër Regeringsamptenare het baie ryk geword ten koste van die Namibiese massas oor die afgelope 30 jaar. Sacky Shanghala is die grootste misdadiger wat Namibië nog ooit gesien het, en op sy ouderdom, as 'n persoon wat die Wet verstaan, het hy sy kantoor gebruik om baie wette te wysig om homself te bevoordeel. Shanghala, Geingob en Hamutenya is baie goed bevriend met baie korrupte leiers uit Europa, Amerika, Asië en die Midde-Ooste en het hierdie land in ‘n hel van armoede gedompel, net om hulself te verryk. Vir so baie jare, kon Geingob nie wag om President van Namibië te word sodat hy homself kon verryk nie. Hy het 'n belofte gemaak aan sy vriende in Harlem USA dat wanneer hy eendag President word, sal hy deure vir hulle oopmaak en hulle sal baie ryk word.

Korrupsie is die sleutel tot die suksesse van baie heggebinde individue in Namibië en dit sluit President Hage Geingob en 99% van sy Ministers en vriende in. Namibië is verkoop aan die hoogste bieër en dit sal baie jare neem om te herstel wat deur sy politici vernietig is. Hierdie politici is so gulsig dat hulle ten alle koste wil voortgaan om die mag te behou deur Swapo as instrument teneinde te kan voortgaan om te steel, met die wete dat die mense lojaal teenoor die party is weens die feit dat dit vir hulle onafhanklikheid gebring het.

Nog 'n groep mense wat die meeste baat by die rykdom en natuurlike hulpbronne van Namibië, is die Chinese.Die oorsprong daarvan is vanaf die dae van SAM Nujoma deur Hifikepunye Pohamba en nou Hage Geingob. Daar is 'n gesegde dat niks vir ewig aanhou nie en die tyd het uiteindelik aangebreek vir hierdie korrupte regering om te val en al die diewe en skuldiges sal een vir een ontbloot word en in die tronk beland.

Die bewyse is oral sigbaar en dit het net iemand nodig gehad wat baie moeg maar ook baie eerlik is, om uit te kom en die waarheid te openbaar. My Raad aan die Jong Namibiërs is om te vergeet van wie hulle vir hulle onafhanklikheid verantwoordelik was en dink oor hul toekoms en die toekoms van hul kinders en kleinkinders, omdat die mafias en hul Westerse eweknieë die land droogsuig om net nog 'n gevalle Afrikastaat te word. Dit is nooit te laat om die vrot appels van die posisie van krag te verwyder nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie