1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7474352

Besoekers aanlyn

Ons het 49 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

NASIONALISME IN SPANJE WORD ‘N GOLF!

Nasionalisme in SpanjeRegoor Oos Europa, Spanje, Italië en in Frankryk is daar ‘n geweldige oplewing van Nasionalisme. Die internasionale media verkies natuurlik om dit “rightwing politics” te noem om die antagonisme teen alles wat behoudend is nog te bly handhaaf, maar om andersyds hulle uiterste bes te probeer om die liberalisme lewend te hou.

In Sondag se verkiesing het Santiago Abascal, leier van die Spaanse Nsaionaliste, Vox, hulle aantal setels in die parlement meer as vedubbel! Hy is met groot gejuig op die hande gedra. Dit is die eerste maal in bykans ‘n geslag dat die nasionalisme werklik ‘n noemenswaardige sê verkry het in die Spaanse parlement.

Hierdie is ‘n tendens wat ook in Italië en Frankryk sigbaar is terwyl Angela Merkel, kanselier van Duitsland, besig is om geweldig veld te verloor teen regse elemente op die platteland. Beide Marine Le Pen van Frankryk en Matteo Salvini van Italië het Abascal geluk gewens wat daarop dui dat nasionalisme in Europa besig is om te konsolideer.

Die geweldige stryd om Brittanje se uittrede uit die EU te stuit, duur nou al drie jaar nadat die kiesers in 2016 ‘n referendum gewen het om aan te dui dat hulle wil uit! Die nuwe omstrede Britse eerste minister, Boris Johnson, verkondig dat hy wil uit en dat hy Engeland uit die Europese Unie gaan uitlei, terwyl hy ‘n verdrag goedgekeur en onderteken het wat beteken dat die Britte, al gaan hulle uit, nog onder verpligting gaan bly teenoor die EU.

Dit is hierdie postmoderne metode van uitoorlê-ery van die gewone kieserpubliek waarmee ons vandag te make het en wat goedgelowige burgery manipuleer om teen hulleself op te tree terwyl hulle oortuig is dat dit in hulle beste belang is. Die gety is egter sigbaar besig om te verander.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie