1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7445134

Besoekers aanlyn

Ons het 185 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS MOET GOED DOEN WANNEER ONS DIE GELEENTHEID HET

BybelPred. 11:1-10

WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind. Gee n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie. (:1&2).

Ons samelewing raak toenemend individualisties en selfsugtig. Elke man vir homself. Ek is gelukkig solank dit met my goed gaan my medemens se welstand is sy eie verantwoordelikheid. Hy kan mos so hard werk soos ek om iewers te kom. Hy is mos mooi groot en kan mos na homself kyk. Dinge is klaar moeilik soos dit is. Ek sukkel alreeds hard genoeg om net in my eie behoeftes te voorsien hoe moet ek nog na n ander ook omsien?

Die Woord van die Here leer vir ons in geen onduidelike taal dat God van gelowiges verwag om ook na ander uit te reik en goed te doen waar ons die geleentheid vind. In plaas daarvan om ons te beywer om n oormatige hoeveelheid rykdom en skatte te vergader wat eindelik deur mot en roes verniel sal word, is ons veronderstel om daarna te streef om as rentmeesters van God dit wat Hy in ons hande plaas met verantwoordelikheid en tot Sy eer te bestuur. Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam, en vir hulle n skat weglê, n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf. (1 Tim. 6:17-19).

Dit is altyd vir my so hartroerend wanneer ek van tye in ons volksgeskiedenis lees waar ons mense na mekaar soos geliefde broeders omgesien het. Wanneer n boer n misoes het sou sy buurman wat weer n goeie oes gehad het n gedeelte daarvan aan hom afstaan. Die motivering was dat sy medemens ook moet leef. En om sy medemens se tekort uit sy oorvloed aan te vul sou hom nie ten gronde rig nie. Dit gestel teenoor vandag se gesindheid waar die een boer nie kan wag dat sy buurman swaarkry nie sodat hy sy plaas kan oorneem en nog groter kan boer en nog meer rykdom en skatte kan vergader wat eindelik deur mot en roes verniel sal word. En so sal ons ook die mooi verhale lees van geneeshere wat werklik besorgd was oor die welstand van hul pasiënte. Dit was vir hulle n voorreg om met hul meerdere kennis aan hul medemens diensbaar te wees. En vandag se dokters sal weier om n pasiënt te sien as daar net n geringe moontlikheid bestaan dat hy nie sy volle fooi wat buitensporig hoog is, sal kan verhaal nie.

U sal dalk vandag dink dat u anders as die onbarmhartige rykes sou wees indien u geld gehad het. U sou mense gehelp het sonder om te skroom. U hoef nie noodwendig ryk te wees om aan mense goed te doen nie. Ons het menigmaal die geleentheid om aan mense goed te doen sonder dat dit ons geld kos. U het ook mos gawes uit God se hand ontvang? U kan aan mense goed doen deur die gawes wat deur God aan u geskenk is. Ons dink maar aan Paulus wat die wêreld deurkruis het om die Evangelie te verkondig. Hy het die gawe van prediking wat hom geskenk is aan duisende mense gebring en hoe goed het hy aan hulle gedoen! Ons word tog daartoe aangemoedig in die woorde van 1 Pet. 4:10: Namate elkeen n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

In sy brief aan die Galásiërs vermaan Paulus ook hierdie mense om nie moeg te word om goed te doen nie. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. (Gal. 6:9&10). Hy herinner hulle daaraan dat ons op die regte tyd beloning hiervoor sal ontvang. Ons kan gerus hierdie vermaning ter harte neem. Ek en u is dalk ook moeg om goed te doen omdat soveel van ons opreg bedoelde mooi gebare met ondankbaarheid, kritiek en dergelike optrede begroet is. En dit kan ons heeltemal moedeloos maak. In so n geval moet ons moed skep in die wete dat ons ons goeie dade doen uit gehoorsaamheid aan God en dat Hy self ons gehoorsaamheid sal vergeld net soos wat hy diegene wat daarteenoor ondankbaar is hulle oortreding sal vergeld.

Wanneer ons weier om goed te doen, is dit uiteindelik die satan wat tevrede gestel word aangesien hy daarin slaag om ons te beweeg om ongehoorsaam aan God te wees. Ek en u moet in goeie werke volhard in die wete dat ons God se hart daardeur verbly ongeag ander mense se opinie of gebrek aan waardering daaroor. Indien ons die woorde uit Matt. 25:40 met groter erns in ons harte ronddra, sal ons dade teenoor ander mens dalk baie, baie anders daaruitsien. En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. (Matt. 25:40).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie