‘N OORLOG SONDER KOEëLS: VERSET DIE WAPEN VIR ONS TYD
"Wat moet ons doen? Die eerste is om as Afrikaners saam te trek op die grondslag wat die geskiedenis helder aanwys, naamlik verset teen onreg. Telkens het die Afrikanervolk die gang van die geskiedenis bepaal deur sy verset teen onreg: Die Groot Trek, uit verset …; Die 1881 Vryheidsoorlog, uit verset …; Die 1899-1902 oorlog, uit verset …; Republiekwording in 1961, uit verset …” (Mnr. Jaap Marais – Julie 2000)
Ons weier om ons te berus in die toestand waarin ons volk hom op die oomblik bevind en verwerp enige gedagte of uitspraak dat die situasie onomkeerbaar is. Ons verwerp die gedagte dat ons slegs geregtig is op ‘n ongedefinieerde stukkie grond êrens in die land en dat ons, ons Vryheid moet soek in ‘n volkstaatjie wat onderworpe is aan die staatkundige en politieke mag van die huidige illegitieme regime en sy vyandige grondwet. Ons verset ons teen die onreg teen ons volk!
Ons roep u op om aktief deel te word van die stryd deur middel van verset sodat ons, ons Vryheid in ons Godgegewe vaderland kan herwin.
“Wat moet ons doen? Nie veg vir die minderheidsreg van ‘n groep nie, maar veg vir die reg om ‘n volk te wees! Eenheid in verset is die begin. Vryheid deur verset is die doel.” (Jaap Marais)
Ons het u kundigheid en deelname nodig om ons mede Afrikaners (wat insluit u familie, vriende en kennisse) aan te spoor om die vaandel van die Afrikaner Nasionalisme weer met moed en ywer op te neem, sodat ons die wekroep uit Die Stem, “ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika”, weer kan vestig in die harte van die Afrikanervolk.
“9Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. 10As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. 12Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. 'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” (Prediker 4:9-10,12)
Die Afrikaner Volksparty hou kongres op Saterdag 12 Oktober 2019, Muller Raadsaal, Sesde weg, Bredell in Kempton Park. Ons roep u op om dit by te woon!
Die kongrestema hierdie jaar is: ”’n Oorlog sonder koeëls – Verset die antwoord vir ons tyd.” Ons gaan besin oor hoe om die pad na ons vryheid in ons vaderland, vorentoe aan te pak. Ons het twee sprekers gevra om hierdie gedagte in te lei onder die volgende subtemas nl.
“Verset vanuit ‘n Christelike perspektief”
en
“Verset die wapen vir ons tyd”
Kom rus uself toe met kennis en neem deel aan die besprekings, sodat u die stryd met kundigheid en ywer kan voer. Word ‘n Bittereinder! Word deel van die stryd!
“Die mees vitale beginsel in die lewe is nie welsyn en welvaart nie, maar opoffering. Opoffering terwille van dinge wat groter is as jyself. Opoffering waarsonder daar geen prestasie, geen skepping, geen beskawing kan wees nie. Dit is die groot verskil tussen die nasionalis as die behoudende teenoor die liberalis. Die liberalis ken nie die beginsel van opoffering nie. (Jaap Marais - 1984)
Laat ons asb. voor of op 10 Oktober weet of u daar gaan wees sodat ons betyds ons reelings vir die middagete kan tref.
Per e-pos by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of
per SMS by: 083 460 6120/ 083 263 8007