1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229111

Besoekers aanlyn

Ons het 17 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

Hý SAL JOU DIE KOP VERMORSEL Génesis 3:1-24

BybelEn Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt. (:15).

Ons hoor gereeld van sogenaamde wêreld vrede. Die vrede waarvan hier gepraat word, is heeltemal n ander vrede as waarvan ons in God se Woord lees. Die sogenaamde wêreld vrede is n vrede oor alle grense heen wat kwansuis tussen alle mense heen bewerkstellig moet word. Ten einde hierdie vrede te kan bereik, sal alle verskille uit die weg geruim moet word. En in besonder sou verskille o.g.v. geloofsoortuigings moet verdwyn. Dit is n baie slim taktiek van die Satan om hierdie vyandskap wat in die tyd van Adam en Eva reeds begin het te probeer verdoesel.

Indien jy jou vyand kan laat glo dat julle vriende is, sal die oorwinning maklik volg.

Die vrede waarvan ons in God se Woord lees, handel primêr daaroor dat daar vrede tussen God en die mens moet wees. Dit sou impliseer dat ons in vyandskap met die bose sal staan omdat God die ongeregtigheid haat. Wanneer ons in n noue verhouding met God leef, sal ons nie bloot n passiewe lewe van Christelikheid leef waarin ons probeer om niemand kwaad aan te doen nie. Ons sal ook die ongeregtigheid beveg.

Ons sê maklik dat ons verstaan dat Jesus Christus op Gólgota die oorwinning behaal het. Maar het dit vir ons regtig enige betekenis? Is daar vir ons krag daarin opgesluit? As Jesus Christus dan oorwin het op Gólgota waarom is daar dan vandag nog sonde op die aarde? Ons kan met ons eie oë mos sien hoedat mense mekaar vermoor, bedrieg, besteel, beswadder en op allerhande maniere die vernietigingswerk van Satan doen. En dan sê ons dat Jesus oorwin het dit maak mos glad nie sin nie! Feit is dat ons dalk die oorwinning wat Jesus Christus behaal het verkeerd vertolk en daardeur die krag van Sy oorwinning verlore laat gaan. Dit is mos n gemaklike vertolking om te sê dat Jesus Christus gesterf het en daardeur die sonde oorwin het. En nou is ek gelukkig van alle verantwoordelikheid in my geloofslewe ontneem omdat Jesus alles gedoen het.

Dit is tragies om te sien dat in die lewens van duisende sogenaamde kerkmense die vernietigende werke van die Satan wat hierbo genoem word, sigbaar is. En waar is Christus se oorwinning dan waar is die krag van Sy sterwe en opstanding sigbaar? Die krag daarvan word deur valse leraars vernietig wat mense in hul gehoor wil streel eerder as om die Woord van God reg te sny. Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! Terwyl daar geen vrede is nie; ... (Eség. 13:10). Wanneer n persoon sondig in die oë van God en daaroor in die gehoor gestreel word, sal hy hom baie onwaarskynlik van sy dwaalweg bekeer. Maar wanneer só n persoon tereg gewys word, sal hy dalk tot die besef kom dat hy die verantwoordelikheid het om die Satan teë te gaan in hierdie saak waarin hy sondig. Hy sal tot die besef kom dat indien hy vrede met God wil handhaaf, dit sal beteken dat hy in vyandskap met die bose sal staan. Hy sal tot die besef kom dat hy as mens nie opgewasse is teen die Satan se aanslag nie. Hy sal sy afhanklikheid van Christus as sy Verlosser besef en op dié wyse sy persoonlike verhouding met Hom versterk. En wanneer só n mens wat hom bekeer sy bose werke aflê, kan ons mos die oorwinning van Christus in n lewe raaksien!! Die krag van Sy oorwinning is dan mos duidelik sigbaar, nie waar nie?

Ons weet dat God nie kan lieg nie. En die belofte wat Hy in Gén. 3 gemaak het dat die Seun van die mens die Satan se kop sal vermorsel, is geen uitsondering nie. Christus het die volle losprys vir ons skuld betaal. En daarna het Hy die Heilige Gees in ons harte gestuur sodat Hy ook in ons lewens die oorwinning oor die bose kan behaal. Hy wil die werke van die bose in my en u lewe verbreek. Hy wil nie vir ons vertel dat Hy daarmee tevrede is nie. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. (1 Joh. 3:8). Hy wil dit uit ons lewens uit vernietig omdat Hy n God van liefde is wat nie wil sien hoe die sonde Sy kinders vernietig nie.

Die sogenaamde vrede waarvan ons deesdae in hierdie wêreld hoor, is n vrede waarin die kinders van God nie deel het nie. Dit is n vrede met die wêreld, n vredesverdrag met die ongeregtigheid waarin ons nie mag deel hê indien ons God met ons hele hart en siel lief het nie. Gelowiges het die verantwoordelikheid om hulself te verset teen die Satan en alle vorme van ongeregtigheid en nooit ons goedkeuring daaraan te skenk nie. En ons kan verwag dat die Satan met mag en groot woede sal veg teen die ware gelowiges (die bruid van Christus). En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. (Open. 12:17). Maar ons hoef hierdie stryd nie te vrees nie, omdat ons weet dat God alreeds in die Paradys die oorwinning beloof het. Ons sal met Hom oorwin om eindelik met Hom te regeer. Hy wat oorwin, sal alles beërwe, en Ek sal vir hom n God wees, en hy sal vir my n seun wees. (Open. 21:7).

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie