1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7449292

Besoekers aanlyn

Ons het 10 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VERVREEMDING VAN AFRIKANERWAARDES

HNP KONGRES 19 MAART 1999.

VERVREEMDING VAN AFRIKANERWAARDES DEUR DIE HUIDIGE ONDERWYSBENADERING

EIS ‘N GEES VAN VERSET! 

 

In die Sakebeeld van 10 Maart 1999 bespreek Willie Esterhuyse in sy rubriek kompas, die baie gesigte van korrupsie en debatteer hy dat die beskerming en handhawing van onbevoegdheid mense met integriteit se moed breek, wat dan die pad oopmaak vir die vestiging van ‘n kultuur van korrupsie.

Ek wil verder gaan en se dat die be-ywering, die totstandbring en uiteindelike verdediging van ‘n stelsel wat dit moontlik gemaak het vir onbevoegde mense om in beheer te kom, die term korrup, hopeloos ontoereikend maak en met niks minder as die term, veragtelike verraad, vervang behoort te word nie!

 

Die verval van feitlik elke waardesisteem van die Afrikaner het die HNP-Leiers mos darem al in 1969 vooruitgesien, die Volk daarvoor gewaarsku, vir 29 jaar ons eie mense saam met ons vyande daaroor teengegaan! Voorsitter, dit is mos voor die handliggend dat die onbevoegdes hulle eie (onbevoegdes) sal aanstel en beskerm! Ad infinnitum!!!! Of ten minste so lank as wat dit ons neem om weer politieke beheer te verkry! Kan daar ooit enige sukses wees in die behandeling van die simptoom van ‘n siekte?

Dit Voorsitter, bring my by die onderwys. Die Afrikaner se onderwys wat die opvoeding as grondslag het!

Wat kan erger wees as dat die fondasie van ‘n struktuur vernietig word, Voorsitter? Het ons dan vergeet van die totale aanslag waarteen die huidig biegende generaals en huilende predikante ons gewaarsku het?

Die opvoeding het dan mos juis vanuit sy bybelse oorsprong ten doel om die mens met God te versoen.

Om sy lewe so te orden dat sy verhoudings met sy medemens volgens die riglyne van Gods Woord kan wees. Dit alles voorsitter omdat die mens ‘n ewigheidsbestemming het waartoe elke verbondsouer opgeroep is om sy kind te onderrig en te laat onderrig! ‘n Aspek van ons Volksmondering wat tot kort voor die Fillistyne ons land oorgeneem het, nooit deur ons ge-eerde Afrikanerleiers deur die vingers gesien is nie! Inteendeel!! President Paul Kruger het by geleentheid aan ‘n vergadering onderwysers gese dat as hulle nie in staat was om die kinders ook tot belydenis op te voed nie, en die kinders bloot akademies onderrig word, van hulle gese sou kon word: HOE GROTER GEEST, HOE GROTER BEEST!!

Behalwe die aanslag op ons geestelike waardes in die onderwys is daar ook nog ons Taal, ons Tradisie, ons Geskiedenis en ons Kultuur! Nie net word ons kinders nou blootgestel aan die korrupsie waaroor Willie Esterhuyse dit het nie, maar ook aan die gevolge daarvan soos die gebrek aan boeke en ander opvoedkundige materiaal, wanpraktyk met vraestelle, en nou ook dwelms, verkragtings en selfs moord!!

Absolute ongehoorde dinge in die Afrikaner se skoolmondering en die uitwerking daarvan op die kwaliteit van onderwys behoef sekerlik geen debat nie!!

Soos berig in Amerika in 1990   sal hierdie jaar se skoolverlaters sekerlik die eerstes in ons Volk se geskiedenis wees wat akademies asook geestelik, swakker toegerus wees as wat hulle ouers was!

Nie dat ek hoegenaamd die moorde op ons oumense en boere op die plase en ander moorde, geringskat nie voorsitter, wil ek egter met die grootste nadruk vanaand hier se : Ons Volk van more word deur die onderwysstelsel vermoor! ‘n Geslag Afrikaners uitgewis!! Omdat ons Volk agter onderhandelaars, kompromiemakers, biegtende Generaals en Tjankende predikante aangeloop het!

As dit nie roep tot verset nie, voorsitter, nie net geestelike verset nie maar ook fisiese verset soos ‘n std. 7      

Ernest Hofmeyer, LAAT DIE WIND DAN OOR ONS GAAN SODAT ONS PLEK ONS NIE MEER SAL KEN NIE!! Soos Mnr, Marais van die AEB gese het,

DANIE   VARKEVISSER

 

NS. Nou onderhandel die "Herstigte Nasionale Beweging" (Nuwe Naam! Nuwe Waardes!) met die regime vir 'n volkstaatjie iewers! Wyle mnr. Jaap Marais se beleid en beginsels lê saam met hom in die stof.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie