1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464779

Besoekers aanlyn

Ons het 16 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

OP HIERDIE ROTS SAL HY BOU

BybelMatt. 16:13-23

En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.  (:16).

In die gelese gedeelte stel Jesus n belangrike vraag aan sy dissipels.  Hy wou by hulle weet wie die mense sê dat Hy is.  Uit hulle antwoorde is dit duidelik dat hierdie mense Jesus nie waarlik geken het nie.  Hulle het besef dat Hy nie n gewone mens was nie en dat daar iets besonders rondom Sy Persoon was.  Nietemin was hul steeds op n dwaalspoor deur te dink dat Hy maar net nog n profeet was.  Die lang verwagte Messias, die Verlosser van die eeue, het onder hulle gewoon en gewandel en tog het hulle Hom nie geken nie. 

Hierna stel Jesus egter Sy eie volgelinge op die proef.  En dit is Petrus wat vir hierdie toets volpunte kry deur sy belydenis waarvan ons in vers 16 lees.  ...U is die Christus, die Seun van die lewende God.  Petrus bely dat Jesus nie maar net nog n profeet is nie, maar dat Hy inderdaad die Seun van God is wat na die aarde neergedaal het om onder die mense te woon.  Jesus wys egter vir Petrus daarop dat sy belydenis nie uit homself is of dat hy deur mense hiervan oortuig is nie, maar dat dit deur God aan hom geopenbaar is. 

Jesus bou voort op hierdie openbaring rondom God se koninkryk wat in Petrus se hart lê.  Hy verduidelik aan Sy dissipels dat daar n tyd van vervolging op Hom wag en dat Hy onder die ouderlinge, owerpriesters en skrifgeleerdes sal ly omdat die dinge van die hemelse koninkryk nie aan hulle geopenbaar is nie.  Hulle verstaan nie hierdie hemelse koninkryk nie en daarom sal hulle dit beveg eerder as om daaraan te bou.

 

Petrus het Jesus hieroor bestraf omdat hyself nog nie die volheid van God se raadsplan geken het nie.  Hier was die Messias dan na wie se koms hulle so lank uitgesien het en dan staan Hy en vertel aan hulle hoedat Hy doodgemaak sou word!  Hoe sou n dooie Messias kon verlos?  Maar nadat Christus oor die dood getriomfeer het, sou hierdie oorwinning en verlossing vir Christus se dissipels volkome duidelik word. 

Hierdie selfde Petrus wat in vers 17 op Jesus se vraag volpunte behaal, word in vers 23 van die gelese gedeelte skerp aangespreek.  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.  Hierdie teregwysing kom na Petrus omdat sy fokus op sy eie veronderstelling van Christus se verlossing eerder as op God se raadsplan was.

 

Sedert Christus se koms meer as 2000 jaar gelede tot vandag het baie dinge verander.  En tog het soveel dinge dieselfde gebly.  Wanneer ons luister na mense se gesprekke rondom God, Godsdiens en die Woord, besef ons hoedat baie mense ook in ons samelewing van Jesus weet, maar dat n ware kennis van Hom ontbreek.  Dink maar gerus hoeveel mense gerieflikheidshalwe die verweer sal opper dat niemand anders as God hulle mag oordeel wanneer hulle aan vermaning blootgestel word.  Ken diesulkes dan nie eens die Woord goed genoeg om tussen vermaning en oordeel te onderskei en te besef dat gedurige vermaning juis nodig is om die ewige oordeel te ontvlug nie?  En hoeveel mense is daar nie wat dink dat hulle God se guns sal ontvang ten spyte van n skaamtelose en goddelose lewe waarin Hy geensins deur hulle vereer word nie? 

 

Nader aan ons eie lyf besef ons dalk dat ons ook vandag steeds soos Petrus destyds heel dikwels eerder die dinge van mense as die dinge van God bedink.  Hoe dikwels sal ons Hom nie eerder probeer voorskryf as om opreg na Sy wil te vra nie?  Ons is dikwels besig om verskonings uit te dink oor waarom ons bepaalde dinge doen wat nie in lyn is met die Woord nie eerder as om net in nederige ootmoed die Woord te gehoorsaam.  En telkens probeer ons ons eie strewes en optrede regverdig omdat ons eerder ons eie gedagtes van God se koninkryk volg as die onbaatsugtige opofferings wat Hy dalk van ons vra. 

 

Jesus het aan Petrus bevestig dat Hy Sy gemeente op die rots van sy belydenis sal bou.  Dit beteken dat die fondament hiervan stewig en onwrikbaar is.  Wanneer ons in eiesinnigheid op ons eie gedagtes wil bou, sal ons werk nie bly staan nie.  Die enigste wyse om voort te bou aan die koninkryk van ons ware, Drie-Enige God is om te bou op die fondament, op die rots, wat alreeds vir ons gelê is.  Mag ons as Sy kinders ywerig en met nederige, opregte harte bou aan n heiligdom waar Hy onder ons sal woon.  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot n woning van God in die Gees.  (:20-22).  

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie