Saterdag 3 September 2016 se voorblad opskrifte in onderskeidelik Citizen en Beeld.
In Rapport van 4 September op bladsy 4 gaan die hele bladsy oor moord en misdaad, met die hoof opskrif:”Suid Afrika word ál gevaarliker” Ons praat nog nie eers van die onberekenbare verlies en verval deur korrupsie, diefstal, onvermoë en blatante moedswilligheid wat ons land lankal reeds in ’n verdoeselde rommelstatus gedompel het nie. Apartheid se skuld omdat dr. Verwoerd verkeerd was???
Is daar ’n beter erkenning uit die hoofstroommedia wat vir vyftig jaar lank dr. Verwoerd en sy beginselbeleid aangeval, verdaggemaak, en verketter het tot ’n euwele beleid, dat hy reg was en hulle verkeerd?
’n Duideliker erkentenis van misdadige betrokkenheid is nouliks denkbaar! Aandadig aan die misdade wat dr. Verwoerd voorspel het ons lot sou wees onder die beleid wat húlle in belang van die vyande van die Afrikanervolk propageer en gedryf het ten koste van reg en geregtigheid.
’n Land se hoofstroommedia wat nie in belang van sy land optree nie is’n vyand en pleeg verraad teen so ’n land! Hulle eie opskrifte bassuin dit luid uit vir die wéreld om te sien. Mag dit gegee word dat sommige van die misleide kiesers in die wêreld, maar veral ook Afrikaners wat daartoe bygedra het, hetsy deur fisiese deelname, ditsy deur argelose onbetrokkenheid, hiervan deeglik kennis neem met die besef van elkeen van ons se verantwoordelikheid vir die gevolge wat ’n hele volk en bes moontlik die hele wêreld raak!