1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7464614

Besoekers aanlyn

Ons het 26 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HERVORM ONS, O HEER!

Bybel

Jeremia 18:1-23

“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:6).

Die weg na volksplanting vir die Afrikaner is gebaan deur die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap om ‘n verversingspos op te rig. Die opdrag aan van Riebeeck was duidelik deur sy meesters in Nederland, wat in beheer was van die VOC, uiteengesit – ‘n halfwegstasie aan die Kaap was die enigste doelwit. Kolonisasie moes ten alle koste vermy word.

Terwyl Jan van Riebeeck poog om hierdie opdrag uit te voer in diens van sy meesters van die VOC, word hy (dalk selfs onwetend) deur ‘n Hoër Hand gebruik as ‘n instrument met ‘n ander doel. In hierdie tydperk woed ‘n hewige stryd vir Christene regoor Europa om in die lewe te bly onder vervolging van die Roomse Katolieke kerk. Alhoewel die dertigjarige geloofsoorlog in 1648 beëindig is, is dit duidelik dat daar nie algehele vrede bestaan het tussen die Christene en die Roomse Katolieke heerskappy in hierdie tyd nie. Die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 deur Lodewyk XIV getuig duidelik hiervan.

Menig van hierdie Christen-gelowiges verlaat huis-en-haard opsoek na ‘n nuwe vaderland waar hul in vrede hul geloofsoortuigings kan uitleef. Hierdie mense vestig hulself aan die Kaap en kort-voor-lank is hulle bedrywig om die landbougrond aldaar te bewerk en die vrug van hul arbeid te geniet. Die getal vlugtende Christene groei vinnig aan tot ‘n punt waar hulle as ‘n nuwe volkie beskou word wanneer die sieketrooster, Willem Wylant, sy eersgeborene ter plaatse ene Afrikaander noem na geboorte.

Dit wat vir die Christene wat op vlug geslaan het na ‘n totale mislukte stryd moes lyk, was die ingryping van God waar Hy besig was om ‘n nuwe instrument te vorm uit die brokstukke van ‘n vorige poging. Daar is min mense wat sou kon glo dat die volkie wat hier aan die Suidpunt van Afrika ontstaan het binne so ‘n relatiewe kort tydperk sou kon groei tot ‘n wêreldbekende volk wat as kragtige instrument in God se Hand gebruik kon word. Hierdie volkie se lewensbloed was sy verknogtheid aan sy geloof in God Drie-Enig. Hierdie volkie is gekenmerk daaraan dat hy sy God geëer het op elke lewensterrein van die huishouding tot op staatkundige terrein – daar was nie net oral plek vir God nie, maar Hy was die middelpunt van alles!

God was dan ook nie passief in hierdie volkie se lewe betrokke nie. Hy was daadwerklik besig om die Afrikaner se heil uit te werk en het waarlik gebou en geplant aan hierdie volk en Sy seëninge nie teruggehou nie. Die Afrikanervolk het egter soos die volk Israel in die Ou Testamentiese tyd ook nie pal gestaan in die stryd teen die aanloklikheid van die wêreld nie. Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat die aanloklikheid van die wêreld die oorhand gekry het oor die verknogtheid aan sy God. Die waarskuwings vanuit die harte van opregte volksgenote is beantwoord in dieselfde gees van eiesinnigheid as waarvan ons lees in vers 12: “Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.”

Terwyl dit feitlik vir ons woord-vir-woord uitgespel word, is daar steeds mense wat wonder hoekom dit so sleg gaan met Suid-Afrika, insonderheid die Afrikanervolk in Suid-Afrika. “ Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; dié het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ’n ongemaakte pad; ‘n ongemaakte pad; om hulle land te maak ‘n voorwerp van verbasing, van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en sy hoof skud.” (:15-16). Hy, ons God en getroue hemelse Vader, is vergete in ons kerke, skole, families en ook in ons eie huisgesinne. Hoeveel skole is daar wat God steeds eer in hul doen-en-late? Hoeveel families is steeds in liefde saamgebind volgens die voorskrif van die Woord en in hoeveel huisgesinne word daar steeds getrou huisgodsdiens gehou?

Ons kan sien dat hierdie stuk werk op datum ook in ‘n mislukking ontaard het. Ons durf egter nie die Pottebakker daarvoor blameer nie, maar eerder ons onbereidwilligheid om ons te laat vorm volgens Sy Wil. Hoe lank sal ons probeer om die brokstukkies van hierdie mislukking aanmekaar te plak met ons idees van volkstate en allerlei kulturele en politieke bewegings wat alles behalwe die saak van die Pottebakker dien?

Dit is al ‘n gewoonte om diegene wat ons volk se geestelike heil bo alles verhef met die tong te slaan, maar soos in die geval van Jeremia, sal dit van geen nut wees nie. Die rasionele-oplossings is die afgelope dertig jaar van al kante af ingespan en het veel inspanning, gesinne, finansies en menig ander opofferings gevra. Dit is dalk tyd dat ons kom by die punt waar God ons wil hê – die punt van totale oorgawe om ons op Hom te verlaat.

Ons moet onthou dat Hý immers die een is wat hierdie volk in die lewe geroep het en derhalwe is daar niemand anders wat ‘n groter seggenskap oor ons volk se toekoms het as Hy nie. Dalk moet ons Hom vir ‘n slag toelaat om ons te vorm na Sy Wil en nie na ons wil nie sodat ons vir Hom die kragtige instrument kan wees wat weer vir Hom diensbaar sal wees.

Is die Afrikaner bereid om voor die troon van die Seun van God te buig en om genade te smeek? Is die Afrikaner gewillig om na Sy Wil hervorm te word? Die tyd sal leer, maar ons antwoord sal vir ewig in die geskiedenis van die volkewêreld opgeteken word. ‘n Nee sal onvoorwaardelik lei tot ons vernietiging, maar ‘n ootmoedige en afhanklike uitroep na Hom sal ‘n instrument te voorskyn bring wat die wêreld sal verstom.

As ons Skepper vandag na ons as volk roep, is die bede van my hart dat die Afrikanervolk waaraan ek behoort, se antwoord op Sy Roepstem altyd – “Spreek Here, want u dienskneg luister” sal wees!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie