MNR. THOMAS JAN VAN ELST: "TERWYL IEWERS IN DIE LAND NOG BAIE MIN PROTES KLINK TEEN DIE AFBRAAKBELEID VAN ONS TRADISIES, SAL ONS IN ALKMAAR NIE TOEGEE NIE"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onhou het, dat die Nederlandse en Vlaamse tradisies soos die Sinterklaasfees nou elke jaar geteiken word. Dié kultuurbarbare bly die fees versteur met hul
geskree en intimidasie, afdreigings en geweld.Net in stede soos bv. Eindhoven, Breda, Arnhem ens verset die inwoners hul teen hierdie barbaarse aanvalle.
Ook in die Noord Hollandse stad Alkmaar egter lê die burgers nie wakker van al die gemors nie. Mnr. Thomas Jan van Elst waarmee ons 'n insiggewende onderhoud gehad het, beplan om tydens die intog, die res van Nederland te wys dat nie op alle plekke die inwoners geswig is vir die bogenoemde afbraakbeleid.
Sag. 7:1-14
“So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.” (:9). Geliefdes, luister na hierdie opdrag van die HERE wat deur die mond van die profeet Sagaría aan ons gebring word. Die HERE beveel ons om, in lyn met die tweede gebod, liefde en barmhartigheid aan mekaar te bewys.
Die tyd waarin ons leef is ‘n tyd waarin selfsug nie ‘n onbekende gesig is nie. Die humanistiese afgodediens speel natuurlik ‘n baie groot rol hierin.
Die mens wat in sy eie oë tot ‘n tipe van ‘n god verhef word en sy eie wil en geluk is eintlik al wat vir hom saak maak. Alle besluite wat gemaak word, is net om homself te bevoordeel. En wat die invloed daarvan op ander sal wees, is vir hierdie mens onbelangrik.
Daar was en word nog steeds verwys na die "eerste" en daarby die mees moderne demokrasie in die wêreld, wat Suid Afrika gekry het na die veelrassige verkiesing in 1994. Die insinuasie dat die blanke regering nie demokraties was nie, is in geen onduidelike terme by elke moontlike geleentheid benadruk. Nie net hier plaaslik nie, maar ook internasionaal. In kort is die Afrikanervolk as diktatoriaal, ongenaakbaar en onderdrukkers beskryf en beskou
Dit was destyds 'n propagandistiese leuen en is dit vandag nog!
SOOS DIE DOOIE PERD! apologie aan R.K.Belcher
'n Bus het hom vanmiddag doodgestamp:
nou lê hy in die drie-uur son en swel
met treksweet tot salpeterwit verdamp
en plek-plek steek sy ribbes deur die vel.
Die deurgeskuurde dye is bevlek
met papsels mis wat wat uit die pens uitstoot
en vlieë swerm in die neus en bek
Waar strooigeel tande dom kners teen die dood.
'n Trekker sal hom wegsleep uit die straat
en buite waar hy lê sal wurm en son
langsaam die lyf tot kaal gebeente stroop,
en so word hy in al ons dink en praat
meteens die skrik as ons hom op die middag sien:
die dood wat wit gryns op 'n vullishoop.
Dit was vir baie jare so dat jy vry was om te besluit vir wie jy in 'n verkiesing gaan stem. Vandag was dit ook nog so. Jy kon gaan stem, of jy kon besluit om nie te stem nie en daar was niemand wat jou kon dwing deur te dreig dat jy jou werk sou verloor, of dat jy nie sal kan koop of verkoop indien jy nie gaan stem, en dan nog bowe al, vir wie jy moet stem nie.
Dit sien ons mos nou kom. Jy moet jou laat ent, al weet jy dat dit 'n doodvonnis is en nogal 'n sertifikaat om te bewys dat jy ge-ent is as jy wil reis.
2 Pet. 3:1-18 “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — “ (:9-11).
Die dankbaarheid om die Afrikaner hom te sien losruk uit die hipnose van skuld en gevoel van onmag, het by ons van die AVP, sy oorsprong in die genade en ontferming van God ons hemelse Vader.Dit is Hy wat volke en nasies in aansyn roep of vernietig. Dit is Hy wat hulle straf as hulle die land wat Hy aan hulle gegee het onteer deur af te wyk van Sy gebooie en dit is Hy wat hulle weer herstel in hulle grondgebied as hulle hul verootmoedig en Sy gebooie onderhou.