Dit was in 2005 toe die leier van die AVP onder andere ook die woordvoerder oor onderwys in die Herstigte Nasionale Party was, dat hy dit beklemtoon het dat vaste beginsels in die onderwys onontbeerlik is vir die voortbestaan van 'n volk. Die uittog van ons kundige en deeglik geskoolde volksgenote, is sekerlik een van die mees negatiewe simptome wat spruit uit die versaking van die nasionalistiese beginsels waarop die Afrikanervolk totstand gekom het.
Deelname aan die aftakeling van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling bied geen voordeel vir die handhawing van identiteit, vryheid of vrede nie! Die bewys daarvan lê na 28 jaar se futiele beproewing, ons land van grens tot grens vol, in stof en as! Die moedswillige bekladding van apartheid as sondig, euwel, 'n misdryf teen die mensheid, grens aan kranksinnigheid as daar gekyk word na die resultaat van 28 jaar se rasseintegrasie met magsdeling terwille van "mensereg", en dit nadat daar by herhaling deur van die kundigste leiers wat die wêreld opgelewer het, gewaarsku was en meer nog, in geen onduidelike terme vorspel was!
Deut. 10:10-22 “Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (:14).
Geliefdes, wanneer laas het u ‘n bietjie nagedink waarom ons die HERE aanbid en dien? Dit klink dalk na ‘n vreemde vraag, maar hierdie is tog ‘n belangrike vraag om aan onsself te stel. Dalk aanbid u die HERE omdat u maar van kindsbeen af so geleer is. Dit is wat my ouers aan my geleer het om te doen. En dit het nou maar deur die jare heen ‘n gevestigde gewoonte by my geword. Ek lees gereeld Bybel, ek bid en ek gaan elke Sondag kerk toe.
As jy lyk soos ‘n eend, loop soos ‘n eend en kwaak soos ‘n eend, dan is jy ‘n eend. Jou oë én jou ore vertel jou dit. Jy is die stempel wat die Skepper op jou geplaas het. Dit is ‘n gegewe wat onveranderlik is. Om te argumenteer dat identiteitspolitiek rassisties is, verklaar jy die Skepper as ‘n rassis. Die mensheid is nie ‘n eenheid nie, maar ‘n verskeidenheid. Slegs uit selfhaat sou jy iemand anders wou wees. Anders gestel, ‘n Babelse verwarring heers in jou kop as jy nie weet wie jy is, of wil glo dat ander ook soos jy is, al kan jy sien en hoor en selfs ruik dat dit nie so is nie.
Die Britte se oorlog sonder koeëls teen die Afrikanervolk, is besig om wat bo was na onder te bring met die strekking dat die onreg wat deur hulle teen ons volk gepleeg is, besig is om hulle in te haal.
Boris Johnson se bedanking saam met die redes daarvoor, is tekenend van die verval van die eens “magtige” Britse Koningryk. Sy verleentheid vir die Britse volk, wat deur sy verkiesing as eerste minister, ook die Britte se verleentheid geword het, saamgelees met prins Harry se huwelik oor die kleurgrens, Brexit en die Engelse betrokkenheid by die oorlog in die Ukraїne, dui op ‘n volk wie se regering nie meer in beheer is nie.
DIREKTEUR MNR. ACHEL DE JONG: "ONS WEIER OM NOG LANGER TE LEWER AAN 'N ORGANISASIE WAT DIE LANDBOU SEKTOR TEIKEN"
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met mnr. Achel de Jong, die direkteur van 'n meganisasiemaatskappy wat sedert 1996 gevestig is in die Suid-Hollandse dorpie Stolwijk in Krimpenerwaard-munisipaliteit. Die aanleiding van die onderhoud is 'n brief wat meneer de Jong gestuur het aan die bewaringsorganisasie: Het 'Zuid-Hollandse Landschap'. Hierin het hy geskryf dat daar nie meer sake met hulle gedoen sal word nie.. Toe ons op die webwerf van die meganisasiemaatskappy loer sien ons dat die maatskappy Sondae nie oop is nie. Ons sal vir die direkteur o.a. vrae stel oor die brief in kwessie en of daar dalk meer organisasies of stigtinge is waarmee hy nie meer geen sake sal doen nie.
AKSIEVERANTWOORDELIKE MNR. FLORENS VAN DER KOOI: "NA MY SIENING HET EK KAN BEKLEMTOON DAT DIE ONWETTIGE ANC REGIME NIKS DOEN OM HIERDIE WREEDHEID 'N HALT TOE TE ROEP NIE"
Op Sondag 29 Mei het 15 lede van Voorpost Nederland met baniere en vlae voor die Tropenmuseum in Amsterdam (provinsie Noord-Holland) gestaan om die aandag te vestig op die tallose moorde wat Suid-Afrika sedert die sogenaamde oorname in 1994 geteister het. Dié plek is spesiaal gekies omdat die sogenaamde Afrika-dag in die gebou gehou is. In hierdie vyfde onderhoud sal ons mnr. Florens van der Kooi, die aksieverantwoordelike van die dag vrae stel oor die verloop van die protesdemonstrasie.
Titus 3:1-11 “Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.” (:3).
Geliefdes, in hierdie brief van Paulus aan Titus herinner Paulus aan die lewe voor die bekering. En hy maak melding van verskeie booshede wat nie by ‘n gelowige tuishoort nie. Hy praat van die begeerlikhede van die vlees, sinsgenot, liefdeloosheid (haat) en maak dan ook spesifiek van afguns melding. Hierdie lelike eienskap, afguns, word pertinent by die naam genoem. Dit is derhalwe nie sommer iets nietig of onbenullig nie.