Matt. 6:19-34: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” (:31-34).
Wanneer ons na die media kyk, word daar ‘n somber prentjie vir die volgende kalenderjaar geskep, geliefdes.
In terugskouing vir die oningeligtes, is dit noodsaaklik om nou en dan om te draai en terug te kyk op jou spoor, teneinde vas te stel hoe jy uitgekom het waar jy jou nou bevind. In ‘n beknopte dog uiters geskiedkundig waardevolle opsomming, plaas die AVP met erkenning aan Gelofteland hierdie onderstaande artikel oor die verloop van ons volk se stryd sedert die 1899 oorlog teen Brittanje, die vredesluiting in 1902 en die verloop daarna tot vandag toe, met die name van die hedendaagse verraaiers, hensoppers en joiners sodat ons nie sal vergeet nie!
VERRAAIERS EN JOINERS
MNR. MARCEL BAS: "EK HET 'DIE ROEPSTEM' AANVANKLIK NET BEGIN OM DIE BELANG VAN DIE AFRIKAANSE TAAL TE BEKLEMTOON"
Geagte leser. Ons het die genoë gehad om 'n onderhoud te hê met mnr. Marcel Bas. Hy is nie net die hoofredakteur van die webwerf "Die Roepstem" wat hyself opgerig het nie, maar hy gee ook
privaatklasse in Afrikaans, en as 'n vertaler is hy sewe tale, waaronder Engels, Afrikaans, Duits en Nederlands magtig.
Hy is ook 'n outeur vir die Vlaamse nuus- en meningswebwerf Doorbraak, asook vir die Suid-Afrikaanse tydskrif Perspektief van die Vryheidstigting.
In die verlede het hy geskryf vir maatskaplik-kulturele tydskrifte soos Sta-Vast (1991-2000), Zuid-Afrika Nú (die tydskrif van die Nederland Zuid Afrikaanse Werkgemeenschap NZAW) en Saamtrek (1992-2000), Zuid-Afrika (1996), die SOS-Nieuwsbrief voor Metapolitiek (1999-2001), Weerwoord (1998-2002) en Bitter Lemon (2007-2008).
Daarnaas skryf hy oor maatskaplik-kulturele kwessies: sy boek Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? (2013) handel oor die oningeligte konsternasie wat ontstaan het oor die ou Nederlandse folklorekarakter Zwarte Piet wat nou glo rassisties is.
OU BOODSKAP VIR ‘N NUWE JAAR?
Ek herinner my as voormalige onderleier van die Herstigte Nasionale Party hoe daar tydens verkiesingsveldtogte deur Afrikanerlandgenote na ons verwys is as: “Julle hap na pap”, julle ry nog op die ossewa, julle het laertrek mentaliteit, julle sien nie die groter prentjie nie, julle is verkramp, ens.! Was u ook aan die ontvangkant daarvan of dalk het u daaraan deelgeneem? Nietemin het daar sedertdien tyd verloop en het baie van ons volksgenote die veilige laer verruil vir wat as veiliger, beter en polities as kundiger en meer in lyn met die veranderde gees van die moderne tyd voorgehou is. Was die veranderings en deel daaraan die oplossing?
Die tussenmens witmens is ‘n geaberreerde mens wat tergelykertyd wit en swart wil wees. Deur selfontkenning wil hy probeer guns wen by die swartes, met ‘n kruiperige benadering. Die andersheid van die mens word negeer om sogenaamd in tel te wees. Die waarheid van eiesoortigheid wil hy verdoesel deur voor te gee hy sien nie kleur nie.
Ex. 31:1-11: “Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:” (:2-6).

MNR. WILHELM BISSCHOP: "IN MY WERK VAN SOWEL VERTROUELING AS DOSENT EN RAADSLID VOLG EK NET IN JESUS SE VOETSPOOR"
Geagte leser,
U sal ongetwyfeld nog onthou dat ons in September 2018 'n onderhoud gehad het met mnr. Roelof Bisschop, parlementslid van die Staatkundige Gereformeerde Party, a.g.v. die feit dat 'n afvaardiging van hul toe 'n besoek gebring het aan Hongarye. Tans het ons die genoeë gehad om met mnr. Bisschop se seun Wilhelm, wat 'n raadslid is in die provinsie Overyssel se munisipaliteit Zwartwaterland, 'n insiggewende onderhoud te hê. Hy vervul sedert 2015 die funksie van raadslid en het sy politieke loopbaan as 'n skadu-partylid begin.