1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6039857

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

JAAP MARAIS : POLITIEKE WETENSKAPLIKE (Deel 1)

GEDENKLESING gehou op  19 Februarie 2011

Deur Johan Bekker

INLEIDING

Die grootsheid van die mens word in die reël verbind aan diegene wat die moed gehad het om ter wille van ’n oortuiging of beginsel alleen te staan teenoor die gees en die koers van hulle tyd.

Mantel-swaaiers kry selde ’n ere-plek in die bladsye van die geskiedenis.  Jaap Marais het sy grootheid op die eensame beginsel pad verwerf.  As politikus was daar selde iemand wat so by sy volk gestaan het ten spyte van vervolging en vergruise deur lou Afrikaners wat hom met alle mag van die politieke toneel wou verwyder.  Die ganse Suid Afrikaanse massamedia is teen hom gebruik om in vloed van teenstand en haat teen hom op te werp.

  Skokkend was die feit dat voormalige mede stryders (Andries Treurnicht) ook stelling teen hom ingeneem het ter wille van eie belang.

Dit was Jaap Marais se lot om op ’n tydstip van die geskiedenis te verskyn toe daar ontsaglike omwentelinge in die koers en denke in die Nasionale Party van John Vorster plaasgevind het.  Volgehoue propaganda het die oortuiging dat die heil van die Afrikaner geleë is in integrasie met die Kleurling, Indiër en swartman soos ’n vloedgolf oor SA gestoot.  Die andersheid van die mens is vervang met ‘n dogmatiese eendersheid wat met waansinnige ywer verkondig is.  Gelykheid en broederskap met nie-blankes het die status van ‘n nuwe godsdiens gekry en het voorkeur geniet op sakelyste van kerklike vergaderings wat gemanipuleer was deur die Broederbond.  Elke vorm van skeiding of differensiasie, om watter goeie rede en met watter goeie gevolge het skielik ‘n doodsonde geword en is verdoem deur die kerke (veral die NG Kerk) as ‘n sonde teen die mensdom.

Met hierdie sektariese gelykheid dogma kon Jaap Marais nie saamgaan nie.  Hy het geglo dat die Skepper self verantwoordelik was vir die verskeidenheid in die sienlike, soos rasseverskille wat ‘n genetiese stempel is van die menslike identiteit.  Met sy korrespondensie aan kerklike sinodes was dit duidelik hoe sogenaamde geestelikes ‘n les gekry het in die teologie.  In stede daarvan om terug te keer tot ewewig, realisme en gesonde verstand, het die kerke gekies om die heilsleer van terroriste organisasies te aanvaar.

Jaap Marais was ‘n redenaar van formaat, daarom het die meeste van sy opponente gekies om nie met hom in debat te tree nie.  Selfs die pers, radio en televisie-wese het saamgesweer om sy stem stil te maak deur hom te ignoreer en geen prominensie te gee nie.  Gelukkig was hy ook ‘n goeie skrywer wat dokumente en boeke nagelaat het van onskatbare waarde wat deur elke Afrikaner bestudeer behoort te word.  Hy was ’n ontembare gees, ‘n gees wat geweier het om slaaf te wees.  Hy was onverskrokke in waagmoed, onblusbaar in durf en onversetlik in beginsels. 

“Wie naby die vuur van sy politieke warmte geleef het, het in die vlamme daarvan die rots van Gibraltar sien staan”.  

 

BIOGRAFIE

Jacob Albertus Marais is op 2 November 1922 op Vryburg gebore.  Sy vader was ‘n oudstryder van die Tweede Vryheidsoorlog en is as krygsgevangene na St Helena gestuur.  Sy moeder het die ellende van ‘n Engelse konsentrasiekamp in Klerksdorp deurgemaak.

Jaap Marais matrikuleer op hoërskool Vryburg.  Na sy skoolloopbaan behaal hy ‘n Nasionale Diploma in Handel te Potchefstroom.  By die Universiteit van Pretoria behaal hy ook ‘n BA-Graad in Regte en Tale.

Hy tree toe tot die aktiewe politiek in 1941.  In 1954 word hy verkies as lid van die hoofbestuur van die Nasionale Party.  In 1958 word hy verkies as volksraadslid van Innesdal in Pretoria.  Agt jaar lank dien hy in Dr Verwoerd se regering.  Met die verloëning van die Verwoerd beleid deur John Vorster, stig hy saam met Dr Albert Hertzog, Louis Stoffberg, Willie Marais, Ds Jan Jooste en andere die Herstigte Nasionale Party.  Hy veg verbete teen die verraaiers en oorgeërs van die Afrikanervolk.  Hy waarsku dat Vorster se beleidsveranderings die dun end van die wig is wat sal lei tot integrasie en swart meerderheidsregering.  Hoe waar het dit nie geword nie.

Die onheil wat jare lank vanuit Londen teen die Afrikaner aangestig is, is verskuif tot binne die Suid-Afrikaanse parlement.  So is die besitreg van SA op SWA wat deur die Wêreldhof erken is vir die wolwe gegooi.  Dieselfde het met Rhodesië gebeur waar Ian Smith deur John Vorster en Henry Kissinger gedwing is in 1976 om sy land aan terroriste to oorhandig.  Op ‘n openbare vergadering in Pretoria het Jaap Marais ‘n striemende aanval op Vorster gemaak.  Toe ‘n afvaardiging die mosie wat op die vergadering aanvaar is aan Vorster by Libertas gaan oorhandig is, is hy en ’n aantal ondersteuners in hegtenis geneem.  John Vorster het die wet teen onwettige arrestasie en aanhouding met terugwerkende krag verander, sodat skadevergoeding nie geëis kon word nie.  Die NP het losgetrek met lasterlike smeer skrywes teen Jaap Marais.  Jaap het hom tot die Howe gewend en een na die ander lastereis gewen.  Die verrotting in die NP het onder leiding van PW Botha versprei soos ’n kanker en van wat eens 'n Afrikaner gesinde party was het slegs ‘n pikswart kanker roof oorgebly toe FW de Klerk klaar was met sy skelm oorgawe beleid.

In 1981 se algemene verkiesing het die HNP dramatiese vordering getoon in kieser ondersteuning wat sekere kiesafdelings in gedrang gebring het.  AP Treurnicht en ‘n paar vermeende regses het die KP gestig om nie by ‘n volgende verkiesing verslaan te word nie.  Sterk aanduidings bestaan dat die KP juis gestig was om die regse stemme te verdeel om sodoende die HNP in die wiele te ry en sy vordering te neutraliseer.  Die bedenklike rol wat die KP sedert sy stigting in 1982 tot 1994 gespeel het, is onthul deur Jaap Marais in die dokument “DIE IDASA KOMPLOT”.

Na Dr. Albert Hertzog se uittrede uit die politiek word Jaap Marais 24 keer agtereenvolgens verkies as leier van die Herstigte Nasionale Party. Die referendum van 1994 is deur die Onnasionale Party gewen met ’n ⅔ meerderheid, hoofsaaklik vir twee redes:

Eerstens: FW de Klerk het die blankes mislei deur goedkeuring te vra tot onderhandeling en nooit is ’n mandaat verkry vir die implementering van ’n onderhandelde skikking met die ANC nie. 

Tweedens wou AP Treurnicht nie vir Jaap Marais luister nie.  Jaap se voorstel was dat alle KP lede van die parlement gelyktydig moes bedank om sodoende tussenverkiesings af te dwing voor die referendum plaasvind sodat De Klerk sy verraad aan die kiesers sou moes verdedig.  Dit sou die gang van die SA politiek ingrypend verander het.  Die KP se ingesteldheid was dat vryheid en vaderland liewer verloor kon word, solank 39 LP’s hulle salarisse behou!

Na die terugslag van ’n Afrikaner vyandige swart regering antwoord Jaap Marais as volg:

“In die Afrikaner se vryheidstryd van die verlede het die klein minderheid altyd die geskiedenis gemaak.  Beginsels is belangriker as getalle.  Daarom is deelname aan ANC-verkiesings sinloos.  Ons moet gewillig wees om tot aksie oor te gaan en tot lydelike verset te organiseer.  Die hele blank Suid-Afrika moet herower word, want hierdie land is ons land.

Die finale stryd sal tussen Nasionalisme en Kommunisme wees.  Die vyand sal voortgaan om die Afrikaners as “misdadigers teen die mensheid” voor te hou met die doel om die Afrikanervolk simbolies as die skurke van die beskaafde wêreld te brandmerk en die terroriste-leiers as die verontregtes en onskuldiges op te hemel.  Ons volk wat in hierdie land gebore is, staan nou voortdurend in die brandpunt van verguising, verarming, verdrukking en vermoording, net soos aan die Kaapse Oosgrens destyds.  Die stryd teen ons het nie gister begin nie en eindig nie môre nie.  Ons het al drie keer ons vryheid verloor en dit twee keer weer herwin, want die Bittereinders het geweier om te berus in die onreg van die verowering.  Vyandelike magte van buite kon die Afrikanervolk nog nooit in onderwerping hou nie.  Na elke terugslag het ons sterker opgestaan.  Ons moet net weer die wil toon om terug te veg teen die vyand”.                        

Op 77 jarige ouderdom sterf hierdie Afrikaner patriot en word hy vanuit die Paul Kruger Kerk in Pretoria begrawe wat deur duisende mense bygewoon is.

‘Van aansien moontlik tenger en skraal, maar geestelik solied en groots.’

KORT BEGRIP VAN JAAP MARAIS SE POLITIEKE DENKE

Die beste manier om Jaap Marais se standpunte te weergee is om homself aan die woord te stel:

Uittreksels uit die boek  “STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING”

•             Nasionalisme is nie net die groot bewegings mag in die bestaan van ’n volk nie ,

maar ook die grondslag van goeie verhoudings tussen volke in die wêreld – die bereidheid om aan ander te gun wat jy vir jouself eis.

•             Binne ‘n volk is die nasionalisme die ongeskrewe kontrak tussen die wat dood is, dié wat leef en dié vir wie die lewe wag.

•             CJ Langenhoven het gesê die verskil tussen die persoon en die volk is dat die persoon terugkyk en ’n wiegie sien en vorentoe ’n graf, maar by ’n volk is dit omgekeerd.  Hy kyk terug en sien ’n graf, en vorentoe en hy sien ’n wiegie.

•             In ’n tyd soos dié waarin ons nou leef, is daar baie verwarring en teenstrydighede.  Daar word geknaag aan mense se geloof, getorring aan hulle opvattings, gepluk aan hulle beginsels.

•             Vir ons wat geloof het in die bestemming van die Afrikanervolk in Afrika is dit goed om in ’n tyd van onsekerhede te kyk na die grondslae van ons volksbestaan en aan die lewensbeskouing van waaruit ons gegroei het.

•             Nasionalisme beoog om vir toekomstige geslagte te bewaar en te beskerm wat aan ’n volk en sy mense behoort.  Die nasionalis redeneer vanuit die werklikheid van volke-verskeidenheid wat tot stand gekom het as ’n skeppingsdaad.  Dit glo in die onoorwinbare grootheid van die menslike gees en die ondergeskiktheid daaraan van alle ekonomiese en materiële oorwegings.  Dit is derhalwe nie, soos ander –ismes, ’n politieke stelsel wat in abstraksie gekonstipeer is en aan ’n werklikheid opgedwing word nie.  Dit rus op die natuurlike geneigdheid van die mens en nie op ’n aangeleerde houding wat indruis teen die lewens wette nie.

•             Die nasionalisme is eintlik a-ideologies, omdat dit die vitale bevestiging van ’n volk se wil tot voortbestaan is, die uiting van sy hartstog vir die lewe en ’n geloof aan ’n bestemming.  Vanuit die aanvaarding van die veelheid van volke dink die nasionalis aan ’n ordelike saambestaan in die wêreld volgens vaste lewens wette.  Dit is die wesenlike versperring tot rasse verbastering en die vernietiging van volks identiteite.

•             As volkere – verskeidenheid ’n ideologie sou wees, moet dit ’n ideologie van die Skepper wees en as kerklui teologiese besware het, het hulle dit teen die skepping self.

•             ’n Mens kry die indruk van ’n soort kerklike imperialisme waardeur volke hulle aparte bestaan misgun word in ’n strewe na onderworpenheid aan kerklike voorskrifte op grond van ’n ideologie van gelykheid.

•             Deur alle mense in Suid-Afrika op gelyke voet te behandel, ongeag ras of kultuur, word die etniese begrensing van volke en groepe uit die weg gehaal en ’n beletsel geplaas op ’n volk om georganiseerd vir sy belange as ’n politieke groep te stry.  So word die ideologie van gelykmaking deur die aanvaarding van ’n menseregte –akte op ’n volk afgedwing.

•             Deur dié liberalistiese ideologie in ’n wet vas te lê, word ’n oorwinning oor opponente behaal wat bedoel is om onomkeerbaar te wees, want wat vroeër politieke verskil was wat by die stembus uitgemaak kon word, word nou deur ’n eenmalige optrede tot ’n wet verhef waarteen verset as ’n misdaad moet geld, dit wil sê, politieke opponente teen die liberalistiese gelykmaking-dogma word gekriminaliseer. 

Daar is beginsels, anders as wat baie mense vandag wil beweer.  Beginsels word afgelei uit kennis.  Die drie belangrikste beginsels van die nasionalisme is:

Identiteit, kontinuïteit en vryheid

•             Identiteit:- wat nou verweef is met die kultuur en taal; die aard, die kenmerke, wat ’n volk verwerf en ontwikkel deur die gemeenskaplikheid van historiese ervaring, lewensbeskouing en erflike hoedanighede.  Identiteit is ’n beginsel en trou daaraan is ’n onderskeidende kenmerk van nasionalisme.

•             Kontinuïteit:- wat nou verweef is met ’n volk se verlede; die aaneengeslotenheid van ’n volk se bestaan, van ’n verlede wat die hede bepaal en ’n toekoms wat weer die verlengstuk van die hede is; d.w.s. die basiese reg van ’n volk tot voortbestaan. Êrens sê Ortega y Gasset dat daar net een basiese mensereg is en dit is die mens se reg op kontinuïteit.  En die mens se kontinuïteit is afhanklik van sy kontinuïteit as lid van ’n volk.  Die veiligheid van individu is opgesluit in die samegevoegdheid van volksgenote en die volk se voortbestaan is afhanklik van die samehorigheid van die individue.

•             Vryheid:- dit is ’n moeilike begrip om te definieer omdat daar ’n verwantskap is tussen vryheid van ’n persoon en vryheid van ’n volk, maar ook verskille.  By albei is dit bowe-al die reg en die vermoë om nee te sê en om te doen wat reg is.  Vryheid lewe vanuit integriteit en waarheid; en integriteit is selfstandigheid, selfrespek, selfvertroue en die wil tot selfbeskikking.  ’n Volk wat selfrespek en selfvertroue het, is gesteld op selfbehoud en selfbehoud is die eerste vereiste vir vryheid.  Selfbehoud, selfrespek, self betuiging, is die essensie van vryheid, maar tegelyk is dit die oproep van die nasionalisme tot selfverwesenliking in die nastrewing van ’n bestemming.

•             Voorkeur vir die eie: daarvoor hoef geen volk en geen mens verskoning te vra of ’n verduideliking te gee nie.  ’n Mens het die reg om voorkeur te hê vir sy eie, of dit sy taal, of godsdiens, of land, of volk, of ras is, bloot omdat dit sy eie is.  Dit wortel in ’n onnaspeurlike wet van genetiese pre-seleksie: soort soek soort, wat die grondslag vorm van die natuurlike verskeidenheid.  Die nasionalisme rus op ’n volk se reg op voorkeur vir sy eie.

•             Begrensing:  van die eie moet daar wees, sodat dit beskerm kan word.  Begrensing is die voorwaarde vir afsondering, hetsy fisiek, ditsy geestelik of kultureel.  Grense behou en gee vorm.  Om die grense van ’n volk se identiteit te beskerm, is ’n daad van selfverweer uit selfbehoud. In die Suid-Afrikaanse geskiedenis en veral die geskiedenis van die Afrikaner, vind ’n mens telkens opnuut die poging om byvoorbeeld deur trek en afsondering die grense suiwer te kry, sodat die eie onderskei en beskerm kan word.  En trek hoef nie fisiek te wees nie, maar kan ook ’n kulturele of geestelike trek wees.

•             Diskriminasie: Dis een van die woorde wat vandag baie onder verdenking gebring word.  Diskriminasie is egter net die teenhang van voorkeur.  Elke volk en elke mens in die wêreld diskrimineer elke dag tussen goed en kwaad en tussen mooi en lelik. Daar word gediskrimineer ten gunste van wat mooi en goed is; en ten gunste van wat beskou word as aanvaarbaar en teen dit wat verwerplik is.  Elke voorkeur wat betuig word, is uiteraard verwerping van, of diskriminasie teen ’n ander.  As ’n volk nie diskrimineer ten gunste van sy eie taal, sy eie godsdiens, sy eie kultuur, sy eie land nie, sal so ’n volk verdwyn van die aarde.  Hy kan nie bestaan as hy nie ten gunste van sy eie diskrimineer nie.

•             Die nasionalisme is in tye van vrede en orde ’n sluimerende mag, maar wanneer ’n volk bedreig of onderdruk word, verrys dit in reaksie.  En dan gee dit ’n gloed af, soos die kole van ’n vuur waarvan die aslaag afgewaai is.  En dit word ’n aandrywende bewegings mag.

•             Die jongmense van vandag staan aan die drumpel van ’n nuwe Afrikaans nasionale beweging, wat na die herwinning van ons vryheid moet lei.  Laat dit ’n inkantasie wees van Jong Suid-Afrika: “Die stryd wat ons vaders begin het, sal woed tot ons sterf of oorwin het.  Dit is die eed van Jong Suid-Afrika”.   

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie