1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7444738

Besoekers aanlyn

Ons het 20 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

LESERSBRIEF - KEELVOL VIR MEDIA

Goeie môre

Ek het ’n gevoel  hier binne my oor die hele saak van die aardbewing in Christchurch wat dan seker nie met hedendaagse gevoelens sal strook nie, miskien is ek heeltemal verkeerd en kan u my reghelp.

Daar is nou 200 mense dood of vermis, volgens die laaste verslag wat ek gehoor het van Christchurch. Daar word ’n vreeslike bohaai daaroor opgeskop en ons eie mense is in trane daaroor, kan nie genoeg treur daaroor nie.

Nou my probleem:

Ek het nooit ’n woord van veroordeling gehoor van die TV mense wat in een van daardie geboue was wat die ergste getref is , van dit wat in Suid Afrika met ons gebeur nie.

Die Engelse sê mos “they had it coming” so hulle klink tevrede met wat hier gebeur. Ons verdien maar net wat ons nou kry. Die Australiërs het mos in 1900 ook ’n hele mag hierheen gestuur om ons te gee wat ons verdien.

Is die mense  se geheue so kort of kan hulle nie sien wat gebeur nie, dalk blind?

Dit wat as geskiedenis aangebied was vroeër jare was ’n afgewaterde en ’n halwe waarheid van die werklikheid. smuts en botha het daarmee begin en daar is mee volgehou tot nou toe, so die mense het nie ware feite om ’n oordeel te vel nie, maar mens kan gaan ondersoek instel en verder lees as wat aan jou opgedis word. So kennis is nie ’n kwessie nie, luiheid en te sleg om iets self te doen, ja.

In Christchurch is daar 2 babas dood, dit is verskriklik. Wat van die babas hier wat in plastiek sakke toegedraai is en aan die brand gesteek is , is dit niks? Volgens wat ek verstaan is die stad op sand en op ’n geologiese fout gebou, so hoekom moet ek vir hulle jammer wees(they had it coming)hulle betaal nou ook vir die foute van die verlede. Werklike foute nie leuens wat versprei is nie.

Elke dag word ons nog swart gesmeer en oor ons gelieg. Gewoonlik word ’n saak gou vergeet deur die publiek; moord, volksmoord ens. maar nie in SA nie, nee dit word deur Afrikaanse links liberale media lewendig gehou, m.a.w. blanke mense met Afrikaanse vanne om die gedrog wat hul geskep het te bly goedpraat.

Ek skryf die vanne met kleinletters omdat ek die grootste veragting het vir die mense, nie ’n drukfout nie.

So ek is seker heeltemal uit pas uit maar dit is hoe ek voel.

Boere Groete

Charles van Niekerk

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie