1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5585713

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

PAKENDORF IS DIE BLIKSEM IN VIR DIE REGERING. VIR WAT WONNER EK.

Sit en val, Buurman, seg ek jou.   Amper net soos daai Loop en val Maretswayo  van vamelewe, net erger Buurman, val hy sonder ophou in arme Frans se rede nes hy amper ’n  rede het!

Vir wat wonner ek Buurman, vir wat sou die Rian kêrel nou heel regs en heel links in ’n praatsessie betrek?  Seg ek jou die waarheid Buurman, hier kruip ’n grasslang in die donker rond!  Nes wyle oom  Jaap die slang raak getrap het toe die Conservative Dialogue Program van oorle linkse van Zyl Slapte en regse oorle Dries van TLU en ge-emigreerde Piet Gous van die Vrystaat Lanbou-unie sy kop uitgesteek het.

Sit Fransie so tussen die invalle hulle ore aan Buurman, seg ek jou die waarheid, ore vir die volk se veiligheid al wil hulle oorlog hoor! Van die Sweed wat moor tot die skieter  by Skierlik kry Fransie nie van sy rede af nie en vat hy nie geld behalwe sy onkoste nie, seg hy vir hulle.  Alles net vir veiligheid totdat Riaan bang word en Harold die bliksem in.  Nou nie vir Fransie nie, Buurman, maar vir die regering  seg hulle en wat hulle selwers agteroor gebuk het om in die reënboog te kry seg ekke!  Behalwe Harold Pakendoof wat niks glo van moorde en aanvalle wat hom in ieder geval nie kan bangmaak nie omlat daar nie so iets is nie.  Seg hy as hy iets by die deur hoor bel hy net die polieste of ADT.

Wonner ek nou Buurman of hy wat Pakendoof is tweederdes van sy besittings vir Malema afgestaan het.  Want dan hoef hy nie bang te wees nie, seg dié agtergeblywende volgende SP  wat sommer nou al beplan om Botswana se SP te vervang as Zooma nie te veel interveer nie.

Buurman, wonner ek net oor Fransie wat nou die VVK aan die hare ingetrek het in hierdie gesellige geselsie met Pakendoof en Riaan.  Fransie het my nie gelyken na ’n man wat sommerso  sy land sal gaan ruil vir ‘n Stofkommetjie wat Zooma of straks nog Malema sal sê waar en hoe groot solat hulle die anner van ons wat nie wil trek nie se goedjies ok kan vat, reken ek nou.  Nee, Buurman, wonner wonner ek, seg ek jou die waarheid! 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie