1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6039797

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

EERS AGTERGEBLEEF EN NOU VOORUIT GEVLUG!

Kyk, Buurman, as Jakob nou aan voorbodes glo sal hy ‘n tas moet pak seg ek jou! In Suid Afrika het hulle mos so ver agtergebly dat hulle nou al sewentien jaar spook om by te kom!  En spook spook hulle Buurman!   As een net beswaarlik hom of haarself vooruit gespook het met wafferse fyntrap en systappies verby die ouditeur generaal en openbare vervolger en watter ander klein versperringtjies daar nog in die pad kom, Buurman, dan pluk ‘n ietwat vinniger agter-os hom of haar so ver terug dat hy of sy weer van voor af moet begin na so ‘n twee of drie jaar se skorsing met vol salaris en nog ‘n ander magdom nadele, seg ek jou die waarheid!

Dit was dan nou juis dié dat Mbedjie met so ‘n twintig of so miljoen se reisgeldjies voor was met sy vredemakery in Afrika, dat Jakob hom beetkry Buurman, en sommer sy vlerke knip seg die koerant.  Nie sommer verniet nie Buurman, maar so dat Jakob ook ‘n bietjie son kan kry met die vredemakery waarvoor Mbedjie so ver voor gekom het dat Jakob weer begin agter raak het.

So klim Jakob die vliegmasjien op pad na sý twintig miljoen wat hy nou agter geraak het,  om vrede te gaan maak by ou Bakbo daar in die Olifantstrand waar die stryery oor wie nou voor is en wie agter is nadat die spul klaar gestem het oor wie voor moet wees om die ivoor te bestuur.

Seg ek jou Buurman, dis hier waar Jakob se voorbode hom op die vlug laat slaan!   Hy praat toe mos met ou Bakbo se opposisie en toe kry hy so amper wat Moerbrak van Egipte en al die ander presidente op ‘n ry af tot by Kadaffie gekry het.   Woedend, Buurman, woedend seg die koerant het hulle Jakob omsingel sodat sy polisiemanne, waarvan ek twaalf swaar gewapend kon tel, hom vinnig in een van daardie amper miljoen rand se swart karre moes verwyder!

Seg ek jou die waarheid Buurman, as Jakob aan voorbodes glo sal hy ‘n tas moet pak, want Moermar Kadaffie se pit glo ek nie sit in Jakob nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie