1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9990383

Besoekers aanlyn

Ons het 75 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GEWELDDADIGE VERANDERING OF OMMEKEER,(REWOLUSIE)

altMALEMA SE DOEL BINNE DIE PARLEMENT

In die Burger verskyn ‘n berig met die opskrif:DIE REWOLUSIE IS HIER’. “Andile Mngxitama, EFF-LP, het gesê die rewolusie is hier. “Dis hoekom ons hier is....  Thandi Modise, wat opgetree het as speaker van die gesamentlike sitting, het Malema kort ná 19:00 versoek om die vergadering te verlaat nadat hy geweier het om sy verklaring van Woensdag dat die ANC-regering ’n massamoord op die Marikana-myners uitgevoer het, terug te trek.” In ‘n sin is hierdie gedrag van Malema reeds revolusionêr en daarop gerig om aandag te trek. Wat egter betekenisvol is, is Malema se onverwagte insluiting as een van die tien lede van die Regterlike Dienskommissie waar hy ‘n aandeel kan hê in die aanwysing van regters. Die skok wat dit by verskeie partye en organisasies tot gevolg gehad het, is te begrype in die lig van hulle insig in Afrika-politiek. 

Met revolusie as doelwit, sy skynbaar onverklaarbare toetrede tot die Regterlike Dienskommissie, sy uitdaging van parlementêre gesag en Zuma se “siekte” en Mngxitama wat tydens ‘n pouse vir Groenewald gesê het hy is ’n dief en behandel sy werkers soos slawe op sy plaas, dui alles op ‘n verwikkeling waarmee nie tred verloor moet word nie. Op die webblad van Ditsem Blits is daar onder die opskrif van” Gerugte van Oorlog”, ook ‘n interessante artikel wat betrekking het en waarvan ons enkele opmerkings hier onder aanhaal:

 

“Later het hy (Malema) aan verslaggewers gesê dat hy nie in die Parlement is om reëls na te kom nie, maar omdat hy ‘n revolusie wil hê. Hy het bygevoeg dat die reëls deur setlaars en imperialiste (dis nou blankes) gemaak is. 'I’m not here for rules of Parliament. I’m here for a revolution. We are not going to sit back and allow a situation where a revolution is undermined in the name of rules created by colonialists and imperialists.' 

 

"Daar is ook ander uitsprake van senior persone wat mens laat besef dat hulle nie oor ‘n komende revolusie wonder nie, maar presies weet wat beplan word. Daar is ‘n hewige stryd tussen unies wat nou reeds vir weke by die Ngqura-hawe buite PE staak. Volgens die bestuur daar is die rede vir die voortslepende staking nie duidelik nie. In ‘n ondersoek deur die Mail&Guardian kom die redes baie sinister voor: "Everyone agrees there is something pretty strange going on at the Port of Ngqura outside Port Elizabeth. They differ in three ways on where the strangeness stems from, though. Is this an early preparation for the violent overthrow of the government in 2019? Is it proof that the ANC is treating a parastatal like a political chess piece? Or is the strangeness because workers are being fooled into replicating in the transport sector what is happening in the platinum sector?

 

 

‘DIE REWOLUSIE IS HIER!’

EFF-leier weier om marikana-uitlating terug te trek

Speaker jaag Malema uit NV: ‘Die rewolusie is hier!’

James-Brent Styan enMaryna Lamprecht

Vrydag 20 Junie 2014

Die EFF-leier Julius Malema en sy party se parlementslede is gisteraand deur Thandi Modise, waarnemende speaker, versoek om die Nasionale Vergadering (NV) te verlaat. “Maak seker die deure is toe,” het Modise gesê nadat die EFF-lede die NV verlaat het. Foto’s: LIZA VAN DEVENTER

KAAPSTAD. – Die EFF-leier Julius Malema en die party se parlementslede het gisteraand soos een man singend uit die parlementsgebou gestap nadat die speaker vir Malema uit die Nasionale Vergadering gejaag het. Thandi Modise, wat opgetree het as speaker van die gesament­like sitting, het Malema kort ná 19:00 versoek om die vergadering te verlaat nadat hy geweier het om sy verklaring van Woensdag dat die ANC-regering ’n massamoord op die Marikana-myners uitgevoer het, terug te trek.

 

Modise het gereageer op Jeff Radebe, minister in die presidensie, se oorspronklike beswaar teen Malema se opmerking. Modise het gesê Malema se opmerking was onparlementêr en suggereer die regering, van wie sommige parlementslede is, het doelbewus besluit om die Marikana-mynwerkers af te maai. “Dit sê nie net dat hulle onbehoorlike motiewe gehad het nie, maar beskuldig hulle van moord.”

 

Die president het die Farlam-kommissie van ondersoek aan­gestel om die saak te ondersoek en dié kommissie het nog geen bevinding gemaak nie, het sy gesê. Dit is daarom onwenslik om enige opmerkings te maak wat die kommissie se bevindings en werk in twyfel kan trek. Sy het Malema ook gewaarsku dat sy weiering die vorige dag om sy opmerking terug te trek uitdagend is en nie toegelaat sal word nie. “Ek versoek die agbare Malema om sy opmerking nou terug te trek,” het sy gesê. Die EFF-leier het weer geweier om dit te doen waarna Modise hom uitgejaag het.

 

Terwyl die EFF-lede lawaai ­gemaak het, het Modise ­­her­haaldelik gesê: “Verlaat die Huis” en “Maak seker die deure is toe”. Malema het ná die tyd aan Die Burger gesê hy hou by sy besluit. “As die misdaadstatistieke daal sê hulle dis die ANC-regering. As die polisie myners doodskiet mag ons nie sê dis die ANC-regering nie? Dis dubbele standaarde.” Andile Mngxitama, EFF-LP, het gesê die rewolusie is hier. “Dis hoekom ons hier is. Ons is hier om die mense te verteenwoordig. Ons moet ons woord hou.”

 

Malema glo nie daar is ’n parlementêre reël wat hom te lank uit die parlement sal hou nie. “Hulle kan my net ’n ruk skors, dan kan ek terugkom. Maar ek sal nie daardie verklaring terugtrek nie.” Die EFF-verteenwoordigers – al 25 LP’s en administratiewe personeel – het luidkeels in Zoeloe ’n lied gesing wat vertaal kan word as “ons gaan van Zuma ontslae raak” terwyl hulle terug is na hul kantore in die Marksgebou. Vroeër gister het Mngxitama en dr. Pieter Groenewald, VF Plus-LP, ook tydens ’n pouse ’n woordewisseling gehad. Mngxitama het vir Groenewald gesê hy is ’n dief en behandel sy werkers soos slawe op sy plaas. Groenewald het gesê Mngxitama is welkom om sy grond te besoek om te kyk wat die waarheid is.

 

Wednesday 25 June 2014 07:00

 

Mercedes Besent

 

 

Malema to serve on Judicial Services Commission

 

Description: Economic Freedom Fighters, leader Julius Malema.

 

Economic Freedom Fighters, leader Julius Malema.(SABC)

 

Economic Freedom Fighters (EFF) leader Julius Malema is to serve on the Judicial Services Commission (JSC). He is one of a number of MP's from various parties who have been elected by the National Assembly to sit on the JSC. Other MP's, including the EFF's Floyd Shivambu, have been elected to serve on the Pan African Parliament. Three members from the African National Congress (ANC) Mathole Motshekga, Thoko Didiza and Dikeledi Magadzi as well as opposition party MPs Hendrik Smith from the Democratic Alliance (DA) and Narend Singh from the Inkatha Freedom Party will also serve as members of the JSC.
Those who will be representing Parliament at the Pan African Parliament are three ANC MPs and two from the DA and EFF. Pallo Jordan, Thandi Memela, Hunadi Mateme from the ANC as well as Shivambu and Sandy Kalyan from the DA will serve on the Pan African Parliament.

All these members have been elected without any objections. Parliament has to appoint six MP's to sit on the JSC itself.


 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie