1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7525319

Besoekers aanlyn

Ons het 95 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SINTERKLAASFEES OPNUUT GETEIKEN!!

nicolaasONS IS AMPER MIDDEL VAN JUNIE MAAR DIT LYK WAREMPEL OF DIE DESEMBERMAAND REEDS AANGEBREEK IS......

Ons het u reeds in Oktober berig oor die snode planne van die 'ouens' wat baie lief is vir die reënboognasie, om hierdie Kinderfees te teiken. Nou is dit net Junie en hulle begin te eis dat Zwarte Piet aangepas sal word sodat Swart kinders hulle nie meer voel hulle word gediskrimineer deur daardie Swart Kneg van Sinterklaas nie.

Anousha Nzume wat half uit Kameroen en half uit Rusland stam, noem haarself aktiviste, en wil haar wil deursit dat Zwarte Piet heeltemal ontdoen sal word van sy 'rassistiese' wortels sodat alle kinders in Nederland maar ook in Vlaandere dit fees kan vier. Die 'nuwe' Piet het bv. geen kroeshaar meer en ook die oor ringe het verdwyn. Hoewel in Oktober in een dag 'n half miljioen mense in Nederland die sg. Pietitie van mnre. Bas Vreugde en Kevin van Boeckholtz geteken het en binne twee dae nog een en 'n half miljoen, moet hierdie Kindervriend tog plaas maak vir 'n vreemde mannetjie wat die naam Zwarte Piet heeltemal nie werd is nie.

 

Mev. Ineke Strouken van die Nederlandse Sentrum vir Volkskultuur en Immaterieel Erfgoed het gemeen hierdie proses moet stadig gaan sodat mense kan wen aan 'n nuwe vorm van Zwarte Piet. Hulle moet glo hul aanpas aan die nie -rassistiese Piet.

jan-van-wijkMnr. Jan van Wijk wat die voorsitter van die Sint Nicolaas Genootschap Nederland is, verstaan niks van al die bohaai. "Die teenstanders haal die Nederlandse sklaverny verlede daarby en wil nou 'n perse Piet. Hy mag oa nie meer rooi lippe hê nie en sy baadjie moet ook verander word. Na my siening is dit geen Piet meer nie. Hulle dink dat hulle dit sommer kan maak maar daar is nou baie protes. Derduisende as dit nie miljoene is nie is baie kwaad vir hierdie feit. Hulle sê dat die nuwe uiterlijk gebaseer is op die uitkoms van gesprekke wat gevoer is en dat deur 'n perse Piet die debat sal gaan stop. Wat hulle net bereik het, is 'n pragtige Kinderfees wat reeds jarelank gevier word, en niemand hul nooit aan gesteurd het nie te maak tot 'n onderwerp wat elke jaar weer die kop op steek".

"Meneer van Wijk sou u die lesers asseblief kan uitlê wat u Genootkap inhoud en wanneer dit is opgerig?"

Dit is 20 jaar gelede opgerig vanuit Vlaandere. Ons het pas ons twintigjarige bestaan gevier en hoop dit nog lank te doen. Die Genootskap organiseer tal van aktiviteite en op ons webwerf kan die lezer hier nog veel meer oor lees".

"Met watter rede is dit opgeset?"

"Hierdie is opgeset om te voorsien in die behoefte van diverse organisasies wat die Sinterklaasfees 'n warme hart toedra".

"Wanneer is daar voor die eers sprake van kritiek op die figuur van Zwarte Piet?"

"Aan die einde van de jare sestig toe in die Franse hoofstad Parijs die studenteopstande teen die wettige gesag uitbreek ,is vir die eerste keer enige kritiek op die figuur Zwarte Piet te bespeur. Dié generasie wou af van aloude gebruike en tradisies want daar moest 'n nuwe revolusionaire wind gaan waai".

"Indien ons dit deurvertaal na die multikulturele samelewing waar 'heilige huisies' met geweld omver gehak word en oue waardes as ouderwets word beskou kan ons dit dus as 'n voorloper sien wat tans gebeur?"

"Ja dit kan inderdaad zo gesien word. Ons moenie vergeet nie dat degene wat toe jeug was nou groot invloed het op allerlei dinge in Nederland".

"Dink u dat die teenstanders dit voor mekaar sal kry om hierdie 'nuwe' Piet te laat wortel in die Nederlandse samelewing?

"Nee ek dink dis nie die geval nie om de doodeenvoudige rede dat die teenstanders alleen probleme het met die velkleur van Zwarte Piet. Hulle maak 'n karikatuur van die Piet door hom bruin tot donkerbruin te laat wees. Ek het geen probleme met verskillende kleure van klere nie, maar wel met mense wat meen dat hy rasisties is. Piet is nou eenmaal die kneg van Sinterklaas en dat is al sedert lang so".

"Daar gaan nou al stemme op dat Zwarte Piet bloot dieselfde moet bly dus sonder allerlei aanpassings en dat die skertsfiguur maar na die kindertjies van die linkse stemmers moet gaan. Deel u die mening?"

"Ek geloof nie dat dit so zal gaan maar dat Sinterklaas op bepaalde plekke soos in Amsterdam al alleen gaan kuier by kinders is reeds 'n vaststaande feit. So dit sal deur nie die politiek verander nie maar meer in watter omgewing die Sinterklaasfees gevierd word".

"Sou dit vanaf nou elke jaar so wees dat die teenstanders van die huidige fees van hul laat hoor?".

"Ja want die gemoedere raak steeds meer verhit en die wat 'n ander Piet beoog gaan deur tot die hoogste regbank en daarna tot die Europese Hof.Hulle sal telkens in kassasie gaan Hul voel dat hul in hul reg staan om dit te doen. Ek weet nie wat gebeur indien hul in die ongelyk word gesteld en die regter sal besluit hul het nie reg nie".

Ons het onderaan 'n skakel geplaats na die tv program Knevel & van den Brink waar u gister te gas was. U het ons vertel dat u nie op de hoogte was dat die drie verskillende Pieten sou getoond word nie. Wat is u mening oor die perse Piet".

"Die perse Piet had niets maar dan ook niets van doen nie met de egte Zwarte Piet en het my nog die meeste moet dink aan 'n figuur wat in Oos Europa 'n duiwelsfiguur het. Hulle beweer hulle wil kinders nie bang maak met 'n Swart Piet maar kom wel met so'n vreemde ontwerp".

"Baie dankie vir hierdie vraaggesprek. Ons wens u en u Genootskap nog heel veel gelukkige jare toe".

"Die genoeë was geheel aan my kant".

Inmiddels het op Facebook 'n tweede Pietitie verskyn. As u op die skakel kliek kan u hierdie ondersteun.

https://www.facebook.com/pietitie2

Kyk ook asb by:

http://www.eo.nl/tv/knevelenvandenbrink/artikel-detail/nieuw-uiterlijk-voor-zwarte-piet-1/

http://www.sngnederland.com/sng/

http://www.woordliefde.nl/ 

http://pauwenwitteman.vara.nl/media/304134

http://www.nu.nl/binnenland/3799071/nieuwe-zwarte-piet-heeft-geen-kroeshaar-en-oorringen.html

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie