Enkele jare gelede betree ʼn paar rowers ‘n bankgebou in ‘n klein plattelandse dorpie. Een van hulle beveel: "Moenie beweeg nie! Die geld behoort aan die bank. Julle lewens behoort aan julle” Onmiddellik gaan almal stil op die vloer lê sonder enige paniek.
Hierdie is ‘n voorbeeld van hoe die regte bewoording van ‘n sin die massa kan oortuig om hulle siening van omstandighede te verander. ( Gedenk die referendumvraag).
Een van die vrouens het op ‘n verleidelike wyse op die vloer gaan lê. Die rower stap na haar toe en se, "Mevrou, hierdie is ‘n rooftog, nie ‘n reeksverkragting nie. Gedra jou asseblief dienooreenkomstig."
Hierdie is ‘n voorbeeld van hoe om professioneel en gefokus op die doel, op te tree. (Gedenk hoe die Grieke de Klerk sy fokus laat verloor het)
Terwyl hulle onttrek se die jongste rower (wat oor ‘n universiteitsgraad beskik) aan die oudste rower (wat beswaarlik standerd ses het): "Ons behoort eers te tel hoeveel ons bekom het." Die ouer man se dadelik: "Moenie dom wees nie. Dit is baie geld en baie beter om te wag tot by die nuusuitsending om te hoor hoeveel ons by die bank geroof het."
Hierdie is ‘n voorbeeld van ervaring en ondervinding wat belangriker is as blote akademiese opleiding. (President Paul Kruger teenoor Lord Carnavon)
Na die rooftog sê die bankbestuurder vir sy boekhouer: "Laat kom die polisie en verklaar hoeveel geroof is."
"Wag”, se die boekhouer, "voor ons dit doen, kom ons las die R800,000 wat ons ‘n paar maande terug vir onsself geneem het by sodat dit as deel van die rooftog gesien sal word."
Hierdie is ‘n voorbeeld van die benutting van ‘n geleentheid. (NP se optrede na die sluipmoord op dr. Verwoerd)
Die volgende dag word in die nuus rapporteer dat die bank van drie miljoen rand beroof is.
Die rowers tel die geld om dit te verdeel en vind dat dit slegs een miljoen rand is.
"Ons waag ons lewens vir een miljoen, terwyl die bank se bestuur twee miljoen steel sonder om ‘n oog te knip. Dit sou beter gewees het om deel van die stelsel te word en daarbinne te opereer as om ‘n simpele rower te wees,” redeneer die rowers.
Hierdie is ‘n voorbeeld van hoe kennis beter is as geweld. (Diegene wat die “democracy” wil maak werk en aan die stelsel deelneem, dink ook so!)
Moraal :Gee iemand ‘n wapen, en hy kan ‘n bank beroof. Gee hom ‘n bank en hy kan ‘n hele bevolking beroof. (Gee die politieke mag aan terroriste en hulle kan die Afrikanervolk van sy totale besit beroof)