1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10006589

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MANDELA DIE SLENTERDIAMANT

altNoudat die euforie oor die afsterwe van Mandela ʼn bietjie bedaar het sal dit miskien gepas wees om in herinnering te roep wie en wat Mandela werklik was. Hoe is dit moontlik dat ʼn groot moondheid soos die VSA, Mandela eers as ʼn terroris klassifiseer en dan weer op te hef tot ʼn blink diamant en bekroon met die status van wêreld ikoon. [ʼn Terroris is iemand wie geweld gebruik teen die publiek om sy doel te bereik] Wat ʼn mens opval is dat meeste lande in die Internasionale wêreld vas glo dat Mandela in gevangenskap was omdat hy apartheid beveg het.

Die werklikheid was dat Mandela in gevangenskap was vir die uitvoerende rol wat hy gespeel het in ʼn Soviet ondersteunde bloedige Marxistiese Revolusie wat ingesluit het menige bloedige terroristedade soos beplan om uitgevoer te word. Daar was byvoorbeeld beplan om 40,000 landmyne te vervaardig te Rivonia wat daartoe kon gelei het dat duisende onskuldige Suid Afrikaners hul lewens kon verloor of vermink gewees het. Agter hierdie beplanning was dit niemand anders as Mandela die bevelvoerder van Umkhonto We Sizwe die militêre been van die ANC.

In sy gedenkskrif oor homself; A Long Walk to Freedom, het hy blykbaar nie eenkeer berou getoon vir al sy dade nie. Inteendeel sou hy in die openbaar gesê het dat sy politieke sienswyse geensins verander het vandat hy gevange geneem was tot sy vrylating uit die Vic Verster gevangenis nie. Terwyl Mandela op Robin Eiland was saam met ander top ANC/SAKP Prisoniers het hy nog ʼn groot rol gespeel in die uitvoering van terreurdade in bevel van Umkhonto We Sizwe of in kort MK, die Militêre been van die ANC. Volgens die bron Communisation of the ANC deur Gerhard Ludi het die nuwe Polisie kommissaris mnr Mike Geldenhuys aan hom twee enorme lêers oorhandig vir verdere ondersoek deur Nasionale Intelligensie, wat transskripsies van opvangbande, notas van Mandela en afluistermateriaal wat nogmaals bewys het hoe Mandela sy terreurstryd uitgevoer het.

Die hele Mandelasage is niks anders as ʼn vals diamant wat skitter van bo maar onderlangs ʼn KGB propaganda slenter is met die doel om Suid Afrika te isoleer en in verleentheid te bring. Die Soviet Unie het al in 1921 die kommuniste party van SA gestig [CPSA] met onmiddellike aansluiting by die Moskougebaseerde [Communist International, the Comintern]. By sy sesde kongres in 1928 het die Comintern instruksies aan die CPSA gegee om ʼn onafhanklike swart Republiek te vestig wat ʼn swart werkers-en-landbouer Republiek moet word. [bron peoples war ,Anthea Jeffray]

 

Volgens die Buro van Inligting, by Mei 1987, het die land al 2,205 politieke slagoffers gehad, wat gedood was, 672 halsbandmoorde, 7,200 mense vermink of beseer en 4,600 private huise was vernietig.

Mandela het ook nog nooit berou getoon vir sy toewyding aan die vestiging van ʼn Stalinistiese/Kommunistiese Suid Afrika nie. Die propaganda in die media wat Mandela so ophef is gebaseer op leuens om die ineenstorting van die Reënboognasie te verdoesel. In 1994 toe Mandela in die kalklig begin kom, het hy homself voorgedoen as die blink diamant wie nooit ʼn verkeerde daad gepleeg het nie om die Internasionale wêreld te beïndruk. Dat die Internasionale gemeenskap, veral die Engelssprekende lande Mandela ophemel nie net as ʼn saligmaker nie maar ook as ʼn soort heilige teen die agtergrond van sy terreurdade, is waarskynlik om te verhoed dat die Afrikaner nooit weer die mag moet oorneem nie. Dit was die Afrikaner wat altyd in die pad gestaan het van diegene en lande wie ongewenste voordele uit die land wou hê. Die waarheid sal wel eendag seëvier sodat Mandela onthou sal word in die geskiedenis as die grootste slenter van die eeu.

 

Arcas v Rooyen

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie