1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10006201

Besoekers aanlyn

Ons het 32 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT GAAN AAN MET DIE GOUDPRYS?

altWat gaan aan met die goudprys? hoort elke ekonomies aktiewe mens in ons land te vra. Want 'n geforseerde swak goudprys is niks anders as 'n kwaadwillige strooptog wat op die Suid-Afrikaanse ekonomie uitgevoer word nie. Die ergste van alles is dat niemand in die land se finansiële owerheid 'n woord daaroor te rep het nie. Is hulle medepligtiges in die aanslag?

THE HOWS AND WHYS OF GOLD PRICE MANIPULATION.JANUARY 17, 2014

Paul Craig Roberts Dave Kranzler verstrek antwoorde in 'n artikel:

Die deregulering van die finansiële stelsel in die tyd van die Clinton en George W. Bush het die voorspelbare resultaat gehad van 'n oorkonsentrasie van mag in die finansiële sfeer en ook roekelose gedrag.

'n Handvol banke het so groot geword dat finansiële owerhede verklaar het hulle ”is te groot om te val”. Afgesonder van markdissipline het hierdie bankinstellings die belang van die regering geword, daardie belang bevorder deur die massale skep van nuwe geld met behulp van die Federale Reserwebank (Fed), ten einde deur 'n beleid van kwantitatiewe verligting die banke se finansiële state te steun.

 

Die Fed se beleid om een triljoen dollar jaarliks te druk, plaas druk op die Amerikaanse dollar, met die dollar se waarde wat dan afneem teenoor goud se waarde. Toe goud in 2011 $1 900 per fynons gehaal het, het die Fed besef $2 000 kan 'n sielkundige uitwerking hê wat weerklank gaan vind in die wisselkoerswaarde van die dollar Op sy beurt sal dit 'n geskarrel weg van die dollar veroorsaak want buitelandse en binnelandse houers gaan van dollars ontslae raak. Met dit besef, het die manipulering van die goudprys begin.

 

Hierdie manipulasie bestaan uit die Fed se aanwending van muntmetaalbanke as agente om ongedekte goudtekorte in die New Yorkse Comex-termynmark te verkoop. Kortverkope dwing die goudprys af, skep staak-verliesorders en marginale aanbiedinge en verskrik deelnemers uit die goudtrusts. Die muntmetaal kan dan aan die fisieke goudmark in Londen verkoop word, waar hierdie verkope dien as “bevestiging” van die laer goudprys, geskep deur die kortverkope in die Comex-mark. So word 'n voorraad muntmetaal daargestel om Asië se honger na fisieke goud te bevredig in teenstelling met papieraansprake op goud.

 

Die bewyse van goudprysmanipulasie is klaarblyklik. In hierdie opsomming van 'n artikel word getuienis daarvoor gebied en die proses omskryf. Daar word tot die slotsom gekom dat die vermoë om die goudprys te manipuleer verminder word deur fisieke goudplasings uit New York en Londen na Asië. Met die Weste wat gelaat word met papieraansprake op goud wat grootliks die beskikbare voorraad oorskry.

 

Die hoof arena van die Fed se manipulasie is die New Yorkse Comex mark waar die wêreld goud vooruit verhandel. Elke goudvooruitverhandelingskontrak verteenwoordig een 100-onse goudstaaf. Daar word na die Comex verwys as 'n papiergoudverhandeling weens die aanwending van sulke vooruitverhandelinsgkontrakte. Hoewel verskeie groot internasionale banke lede van Comex is, verhandel JP Morgan, HSBC en Bank Novia Scotia die meeste volumes. Die vooruitverhandeling van goud (en silwer) geskied daagliks op 'n afslaerswyse op die vloer van Comex tussen 8-20 vm en 1.30 nm. New York-tyd. Comex vooruitverhandelings geskied ook op wat bekend staan as die Globex. Globex is 'n gerekenariseerde stelsel vir afgeleide instrumente, betaalmiddele en vooruitverhandelinge.. Dit doen behalwe vir naweke onafgebroke sake. Iedereen met toegang tot 'n rekenaargesteunde handelsplatform het toegang tot die Globex stelsel.

 

Behalwe deur Comex manipuleer die Fed ook die goudprys in 'n heelwat groter mate in terme van dollar-waarde van die handel op die Londense goudmark. Hierdie mark staan bekend as LBMA (London Bullion Marketing Association). Dit bestaan uit verskeie groot banke, bekend as muntmetaalbanke (Barclays, Credit Suisse, Deutsche Bank, Goldman Sachs, HSBC, JP Morgan Chase, Merrill Lynch/Bank of America, Mitsui, Societe Generale, Bank of Nova Scotia and UBS). Waar Comex papiergoudverhandelaars is, is die LBMA die spil waarom die wêreld se fisieke goudverhandeling draai en reeds vir eeue so. Wanneer groot kopers soos die sentrale banke. groot beleggingsfondse van ryk openbare investeerders 'n groot hoeveelheid fisieke goud wil koop of verkoop, is die LBMA die aangewese.

 

Die Fed se goudmanipulasie-operasie kom neer op 'n hardhandige afwaartse druk op die goudprys deur massale hoeveelhede Comex vooruitverhandelings, wat soos bomme neergelaat word op die Comex vloer in die New Yorkse handelsure deur middel van die Globex-stelsel. 'n Onlangse voorbeeld is 'n aanbod op Maandag, 6 Januarie 2014. Ná 'n lopie van meer as $15 in Asië en Europa se markte, het die goudprys plotseling geval met $35 om 10.14 vm. In minder as 60 sekondes het meer as 12 000 kontrakte te gelde gegaan, gelyk aan 10 persent van die dag se hele volume verhandel (dit is vir 23 uur). Daar was geen klaarblyklike nuus of markvoorval wat hierdie skielike val kon verklaar nie. Terselfdertyd het geen ander sekuriteite-mark (behalwe silwer), so 'n ongewone prysverwisseling, of verwisseling in omvang, getoon nie. Altesaam 12 000 kontrakte verteenwoordig 1,2 miljoen onse goud, 'n bedrag wat met 'n faktor van drie die totale beskikbaar vir lewering deur kopers in die kontrakte in die Gomex-kluis verteenwoordig.

 

Hierdie manipulasie deur die Fed betrek die kortverkope van ongedekte Gomex goudvooruitverhandelinge.. “Ongedekte” beteken dat hierdie kontrakte verhandel is sonder die onderliggende fisieke goud-rugsteun om te lewer, sou die koper besluit om aan te dring op lewering. Dit staan ook bekend as “naked short selling.” Die uitvoer van hierdie manipulerende verhandeling word gedoen deur kanaal van die groot banke in goud-vooruitverhandelings, soos JPMorganChase, HSBC, en die Bank of Nova Scotia. Hierdie banke verkoop inderdaad namens die Fed. Die wyse waarop die Fed 'n groot hoeveelheid vooruitverhandelingkontrakte op die mark aflaai, verskil van die wyse waarop die bona fide-handelaar trag om 'n sterk posisie te verkoop. Laasgenoemde wil sy posisie versigtig en in die loop van tyd inneem met die oog om sy handelinge te verberg en die prys so min as moontlik te versteur ten einde winste so groot as moontlik te maak en verliese te beperk. Daarenteen telegrafeer die Fed sy voorneme om die prys te verpletter en slaan geen ag op die versekering van winste of die ly van verliese nie want die doel is om so veel skade as moontlik aan die prys aan te rig en moontlike kopers te intimideer.

 

Die Fed manipuleer ook goud daadwerklik deur middel van die Globex-stelsel. Die Globex-mark word gekenmerk deur tye van “stilte” waartydens die volumes skraal is. Dis in hierdie tye dat die Fed se agente die mark bombardeer met massale hoeveelhede vooruitverhandelde goudkontrakte.

 

'n Goeie voorbeeld was op 18 Desember 2013, onmiddellik nadat die FOMC sy besluit aangekondig het om maandelikse skuldbrief-aankope van Januarie vanjaar met $10 miljard te verminder. Met die res van die handelswêreld gesluit, ook Comex se vloer, het 'n massale hoeveelheid van Comex se vooruitverhandelde goud op die Globex rekenaarstelsel verhandel in daardie stilste van periodes. Dié verkope het die goudprys afgedwing met $23 in slegs twee uur. Die volgende golf vooruitverhandelings het in die oornag gebeur, beginnende by 2.30 vm. NY-tyd op 19 Desember. Meer as 4 900 goudkontrakte wat 14,5 ton goud verteenwoordig, is op die Globex-stelsel afgelaai in slegs 2 minute. Dit was nie al nie. Kort nadat die Comex-vloer later die oggend geopen is, is nog 2 295 kontrakte afgelaai. Dis 12,2 ton goud. Toe, om 10 vm. EST is nog 2 530 kontrakte afgelaai, gevolg deur nog 3 482 kontrakte net ses minute later. Hierdie verhandelinge het 18,7 ton goud verteenwoordig.

 

Als tesame en in ses minute in 'n tyd van agt uur is 'n totaal van 37,6 ton (metrieke) aan vooruitverhandelde goudkontrakte geplaas. Die rede vir die aanslag op die goudprys was om 'n verwagte aankondiging oor 'n vermindering aan uitgifte-aankope (sogenaamde “tapering”), te probeer keer. So 'n verwikkeling sou die dollar-, aandele- en skuldbriefmarkte nadelig tref.. Die markte begryp dat die likiditeit wat kwantitatiewe verligting bied die rede vir die hoë aandele – en skuldbriefpryse is en ook dat die winste goudaankope ontmoedig. Voorheen, toe die Fed genoem het dat hy sy skuldbriefaankope mag besnoei, het die markte geval en skuldbriewe is haastig verkwansel. Om markvrese te besweer het die Fed goud én skuldbriefmarkte dus gemanipuleer (Sien Pam Martens for explanation of the manipulation of the stock http://wallstreetonparade.com/2013/12/why-didn’t-the-stock-market-sell-off-on-the-fed’s-taper-announcement/ )

 

Wyl die manipulasie van die goudmark voorgekom het sedert die aanvang van die bulmark vir goud in laat 2000 het hierdie patroon van manipulerende kortverkope in vooruitverhandelings op 'n intenser wyse in die laaste twee jaar voorgekom gedurende die goudprys se afswaai van 'n hoë $1 900 in September 2011. Die aanslag op goud se prys sal kennelik voorkom gedurende een of meer sleutelverwikkelinge in 'n Globex-verhandelingsperiode van 23 uur. Die algemeenste is reg met die opening van Comex se vooruitverhandelings, dit is 8.20 vm NY-tyd.

 

Ander kwesbare tye is:

 

- 6:00 nm NY tyd weeksdae wanneer die Globex stelsel vir 'n uur heropen;

- 6:00 nm Sondagaand NY-tyd wanneer Globex vir die week open;

- 2:30 vm NY tyd wanneer die Sjanghai-goudbeurs sluit.

- 4:00 vm NY tyd, net na die oggendgoudprys vasgestel word op die LBMA;

- 2:00 nm NY tyd enige dag veral op Vrydag nadat die Comex-vloerverhandelings gesluit het – dis 'n likiede slegs-Globex-seisoen en die res van die wêreld verhandel dan nie .

 

Bykomend tot vooruitverhandeling op die Comex-mark ten einde die prys van goud of silwer af te jaag, verkoop die Fed en sy muntmetaalagente gereeld groot hoeveelhede fisieke goud op Londen se LBMA-mark. Die proses van verhandeling van fisieke goud is veeleisender en ingewikkelder as met die vooruitverhandeling. Wanneer 'n groot voorraad fisieke goud Londen op een slag tref, dwing dit markte veel laer as die ekwivalente vooruitverhandelingskontrakte. Deurdat groot hoeveelhede fisieke goud beperk is , word hierdie neersmyt versigtig uitgesoek vir tye wanneer die uitwerking deeglik gevoel sal word.

 

Die hoofdoel met kort-verkope se vooruit-kontrakte op Comex is om die dollarwaarde te beskerm weens die toenemende hoeveelheid in omloop weens dier Fed se kwantitatiewe verligting. Die Fed se aanwending van goudbruikleenverkope ten einde goud aan die bank te verskaf is deurdat die toename in die goudprys die Fed se goudvoorraad dreineer Histories beoordeel hou die meeste kopers hul goud vir bewaring in die kluise van die Fed, Bank van Engeland of private muntmetaalbanke, eerder as om verliese aan te gaan weens die verskuif van die goud na plaaslike bewaarplekke. Groot goudkopers soos China vereis egter nou dat die goud inderdaad gelewer word.

 

Die aandrang dat die fisieke goud gelewer word het die gebruik van buitengewone en inderdaad onregmatige planne ten einde fisieke goud te bekom om vooruitverhandelde kontrakte af te handel, tot gevolg. Die LBMA word nou gekonfronteer met die eis dat hy inderdaad oor die vermoë beskik om muntmetaal wat by hom gekoop is, te lewer. Goud vir lewering word bekom van die sentrale banke se goudbruikleentransaksies, deur kliënte se goud by muntmetaalbanke soos JPMorgan in LBMA-kluise te ”leen” en ook goudtrusts soos GLD te stroop van hul houerreg deur groot aandeleblokke af te los ten einde goud beskikbaar te maak.

 

Sentrale bank goudbruiklening geskied wanneer sentrale banke die fisieke goud wat hulle bewaar neem en bruikleen aan muntmetaalbanke. Die banke verkoop dan die goud op die fisieke Londense goudmark. Die goud-bruikleentransaksies stel sodoende fisieke goud beskikbaar, wat aan kopers gelewer kan word in hoeveelhede wat nie teen heersende pryse beskikbaar is nie. Die gebruik van goudbruiklening om sy prys te manipuleer het aanduibare praktyk in die 1990's geword. Wyl groot banke beken hulle is betrokke by goudbruikleenpraktyke, beken hulle nie hul doel om hoër goudpryse te modereer nie, hoewel die Fed se Allan Greenspan wel tydens 'n Amerikaanse kongres-ondervraging oor afgeleide instrumente in 1998 beken het dat “sentrale banke gereed staan om al meer goud te bruikleen, sou die prys styg”.

 

Nog 'n wyse van muntmetaal te bekom vir handel of lewering staan bekend as “rehypothecation”. “Rehypothecation” geskied wanneer 'n bank of makelaarsfirma 'n kliënt se bates “leen” wat so 'n bank in bewaring hou. Tegnies teken banke/makelaars se kliënte 'n ooreenkoms wanneer hulle 'n rekening open waarin bates in die rekening goedgestaan mag word vir ooreenkomste soos marginale lenings. . Die banke neem egter die goedgestaande bates en wend dit vir eie eerder as die kliënt se doelwitte aan. Dit is “rehypothecation”. Hoewel sentrale banke heeltemal openhartig daaroor is openbaar die banke nie die besonderhede van bruikleenpraktyke wat goud betref nie.

 

In die afgelope dertien jaar in die muntmetaalmark, het goudbruikleen, en “rehypothecation” praktyke die meeste goud in die kluise van die Fed, Bank van Engeland, die Europese sentrale bank en private muntmetaalbanke uitgewis en ook die van private muntmetaalbanke soos JP Morgan. Die vermindering van goudreserwes in die kluise het 'n vraagstuk geword toe Venezuela die eerste bank was om al sy goud te repatrieer wat deur buitelandse sentrale banke gehou is, veral deur die Fed en die BOE. Venezuela se versoeke het gevolg na gerugte dat goud toenemend gebruikleen en ge- ”hypothecated” word. Sowat 'n jaar later het Duitsland 'n soortgelyke versoek gerig. Die Fed het geweier om aan Duitsland se versoek te voldoen en het daarenteen 'n perk van sewe jaar onderhandel waarvolgens 300 van Duitsland se 1 500 ton teruggestuur word. Dit was 'n duidelike teken die Fed het nie die goud in voorraad wat hy veronderstel is om vir Duitsland te bewaar nie.

 

Waarom het die Fed 7 jaar nodig om 20 persent van Duitsland se goud terug te besorg? Die antwoord is die Fed het nie die goud in sy kluise nie. In 2011 het dit vier maande geduur om Venezuela se 160 ton terug te besorg.

 

Die Weste se banke het die fraksionele goudvoorraad vir banke gedryf tot 'n punt waar hulle nie genoeg het om onttrekkings te dek nie. Die sogenaamde fraksionele reserwebankpraktyk het sy oorsprong toe Middeleeuse goudsmede besef het eienaars van die goud in hul kluise onttrek selde die goud. Daarvoor is papieraansprake op die goud ingestel. Dis wat die Fed doen. Die Fed het papieraansprake op goud geskep, goud wat nie werklik bestaan nie en hierdie aansprake in massale hoeveelhede verkoop ten einde die goudprys af te dwing. Die Koninklike Bank van Indië voer aan dat die koers van sulke papieraansprake teenoor die werklike goud beskikbaar vir lewering is maar 93 tot een.

 

Fraksionele reserwepraktyke byt in die stof wanneer te veel deposante of houers van papieraansprake dit aanbied vir lewering. 'n Ineenstorting gebeur nou in die Fed se fraksionle-muntmetaaloperasie. In die afgelope paar jaar het Asië se markte in besonder en veral die Chinese s'n die ware fisieke lewering van muntmetaal vereis wanneer hulle so 'n transaksie aangaan. Dit het 'n dringendheid by die Fed geskep, ook by die (Amerikaanse) tesourie en die muntmetaalbanke om elke moontlike ding te doen om met die swak houers van goud weg te doen met behulp van georkestreerde prysafnames ten einde aan die eise van fisieke lewering deur die Asiërs se voldoen.

 

Die $650 afname in die goudprys sedert dit in September 2011 … $1 999 gehaal het, is die gevolg van 'n gemanipuleerde poging ontwerp om die dollar teen kwantitatiewe verligting te beskerm en soveel as moontlik goud beskikbaar te stel om aan die Asiërs se eise te voldoen.

 

Omstreeks die tyd van die taamlike afname in die goudprys sedert April 2013 het die Bank van Engeland se beweerde voorrade 'n afname van 1 300 ton getoon. Hierdie feit is nie deur die bank ontken of verantwoord na talle gepubliseerde versoeke nie. Hierdie goud is verkoop wyl in bewaring maar gewis nie deur die bank besit nie. Dis een ding vir die Fed of die Bank van Engeland om te verkoop of te bruikleen, wetend dat die bemagtigde eienaar nie sommer gou daarvoor sal vra nie, maar 'n ander om in gebreke te bly na eise deur Asiërs wat dadelik lewering eis.

 

Nie-nakoming van lewering van bekomde goud is 'n voorspel tot die einde van die Fed se vermoë om die goudprys te manipuleer. Die hele wêreld sal weet die vraag na goud oortref grootliks die lewering en die goudprys sal opwaarts ontplof. Die Fed sal beheer verloor en sy kwantitatiewe verligting moet laat vaar anders sal die dollar in duie stort en 'n einde aan Amerikaanse finansiële oorheersing in die wêreld bring.

 

Verlede jaar April het die groot afname in die goudprys afgeskop met Goldman Sachs wat 'n “tegniese analiseverslag” uitgereik het waarin die teikengoudprys $850 dollar per fynons sou wees (toe $1 650). Goldman Sachs het ook elke groot makelaarsfirma van afgeleide instrumente in New York vertel dat die goudprys sou val en by makelaars aangedring om hul kliënte uit fisieke goudvaarraadposisies en aandele te kry soos verskaf deur GLD of CED. GLD en CEF is trusts wat fisieke goud/silwer aankoop en aandele uitreik wat aanspraak maak op muntmetaalposisies. Hierdie aandele word bemark as beleggings in goud, maar verteenwoordig aansprake wat slegs afgelos kan word in groot aandeleblokke, soos 100 000, en moontlik wel deur die muntmetaalbanke. GLD is die grootste goud-ETF (inwisselsfirma), hoewel nie die enigste nie. Die oogmerk met Goldman Sachs se aankondiging is die wanhopige verkoop van goud. Ook koorsagtige kortverkope in en deur vooruitverhandelingskontrakte. Hierdie aangeblaasde verkope van vooruitverhandelde kontrakte het die goudprys afgedwing en ook die verkoop van GLD en ETF-aandele opgejaag. Hierdie GLD en ETF-aandele is dan deur die muntmetaalbanke opgeraap en vir goud afgelos.

 

Begin verlede jaar het GLD 1 350 ton gehad. Teen 12 April, toe die groot ingryp kom, het GLD 1 544 ton gehou. Ná die reeks strooptogte was daar groot afnames sodat daar toe slegs 793 ton nou gehou is. Meer as 41 persent van goudstawe van GLD is verwyder, die meeste weens die middel-April-strooptog.

 

Daarby het die Bank van Engeland sy goud vir verkope deur die muntmetaalbanke beskikbaar gestel ten einde meer goud vir Asië beskikbaar te maak.

 

Die finansiële nuusmedia, gewoond daaraan om goud as 'n veilige hawe teen papierbates af te kraak, beweer dat die afname in die GLD-voorraad 'n aanduiding is dat Jan en Alleman goud as belegging verwerp. Inderdaad word die manipulasie van die goudprys afwaarts stelselmatig gedoen ten einde die houers van GLD te dwing om van hul aandele ontslae te raak. Dit stel die muntmetaalbanke in staat om aandele te vergaar, nodig om hul goudverpligtinge af te los en die goud dan na Asië te verskeep. T

 

Voor 2013 het GLD van die grootste goudvoorrade in die wêreld gehad.

 

Die Fed kom verstrik voor. Die Fed skep jaarliks sowat $1 000 miljard ten einde die pryse van skuldafgeleide derivatiewe op die state van enkele banke “te groot om te val” te steun en ook om die groot federale begrotingstekort te finansier. Die probleem met die kwantitatiewe verligting is dat die jaarlikse skep van 'n massale voorraad nuwe dollars vrae wek by Amerikaanse en buitelandse houers van Amerikaanse dollar gedenomineerde finansiële instrumente.

 

Wat nou aanskou word is dat Amerika se sentrale bank sy integriteit en wetsgehoorsaamheid oorboord gooi om 'n handjievol banke te red wat weens deregulering toegelaat is om “te groot om te val” te word op die rekening van Amerika se ekonomie en sy betaalmiddel.

 

Dave Kranzler traded high yield bonds for Bankers Trust for a decade. As a co-founder and principal of Golden Returns Capital LLC, he manages the Precious Metals Opportunity Fund.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie