Die terroris Mandela wat op duiwelse wyse gebruik is om die Afrikaner sy politieke mag te ontneem, is uiteindelik “amptelik” begrawe. Die aanloop tot wat nou afgehandel is, was egter lank, leuenagtig, vernietigend en sekerlik een van die mees bedrogvolle, ten spyte van die ooglopendheid daarvan, politieke geknoei in die wêreld se geskiedenis, waarvan die gevolge nog lank met ons sal wees! Die minagting vir die waarheid, die waarskuwings, die geskiedkundige aanskouingslesse en die lewensopofferende gevolge waarby daar verbygegryp is in ‘n proses om by verskuilde doelwitte uit te kom, is werklik só verbysterend dat die waansinnigheid daarvan steeds by baie mense verbygegaan het terwyl dit aan die gang was.
Gaandeweg begin die werklikheid egter sy weg tussen al die bedrog en leuens deur vind en staan mense verstom en verslae in die midde van die ruïne van infrastruktuur en akademiese rommel wat daaruit ontstaan het. Die ongekende omvang van geweld, korrupsie en agteruitgang wat selfs uit die geledere van die aanstigters daarvan protes ontlok, laat die wenkbroue wêreldwyd lig, veral met die baie dun lagie geveinsde beskawingsvernis wat in die oorlog om Mandela se versamelde aangebode en onverdiende bloedgeld, besig is om af te kom. Die "lang messe" is uit, of dit nou dag of in die nag, in die oggend of in die aand is! As jy net naastenby familie is, moet jy darem iets daarvan kry. As 'n graf in die gras iewers jou aanspraak op Suid Afrika se bodem bevestig, al is dit op iemand anders se kaart en transport, is familieband tog bloedverwant en dus soveel sterker?
Soos wat Mandela se beheer in Suid Afrika met ‘n leuen begin het, het sy lewe met ‘n leuen tot ‘n einde gekom. Diegene wat almal by hierdie leuens betrokke was en nog is, dra bagasie wat vroeër of later in die lig openbaar sal word wat gaan reflekteer op hulle nageslag! Die AVP het al by ‘n vorige geleentheid daarop gewys dat dit vir die betrokkenes beter sal wees om nou in die openbaar te erken dat hulle verkeerd was, sodat die geknoei aan die kaak gestel kan word. Om vir die res van jou lewe met só ‘n skuldlas te loop en dit dan aan jou kinders oor te dra, maak die veragting daarvoor net groter.