1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10002461

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Bestaan kerke nog werklik vir die regte redes?

altDit verstom ‘n mens hoedat die kerke skarrel om praktyke wat in die Bybel veroordeel word, maar desnieteenstaande deur lidmate nagevolg word, op een of ander wyse só te plooi, dat daar nie ‘n verlies aan lidmate sal wees nie!

Die kerke self demonstreer dat daar nie meer geglo word wat in die Bybel geskryf staan nie. Meer nog, die kerk demonstreer terselfdertyd daarmee dat hy vals geword het en alles sal doen om finansieel staande te bly, ten koste van wat die Bybel sê. 1.MATTHÉÜS 12:25 Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. 2.MARKUS 3:25 en as ’n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie; 3.LUKAS 11:17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.

 

NIE ALMAL TEVREDE OOR BELHAR-BESLUIT, berig Rapport oor die besluit wat die Algemene Sinode van die NG Kerk 6 - 10 Oktober 2013 te Port Elizabeth oor Belhar geneem het. Ons haal enkele opmerkings uit die berig aan:

2013-10-12 23:01

Jean Oosthuizen

“Belhar – almal is tevrede”, juig die dagblad Beeld Woensdag oor die nuus dat die NG Kerk se ­algemene sinode ’n manier gevind het om die belydenis van Belhar só te akkommodeer dat alle lidmate “tevrede” is.

Die “deurbraak”, soos die koerant daarna verwys, was ’n sinodebesluit om ’n proses aan die gang te sit om die kerkorde te wysig sodat die belydenis van Belhar deel kan word van die NG Kerk se belydenisskrifte op ’n manier wat alle lidmate akkommodeer – sowel dié wat Belhar as in ooreenstemming met die Woord van God bely as diegene wat dit nie as belydenisskrif onderskryf nie.

 

Die optimistiese hoofopskrifte oor algehele “tevredenheid” ten spyt, stel dié kompromis steeds nie almal tevrede nie. Die opsionaliteit van Belhar laat die kerk as belydeniskerk fundamenteel op los skroewe staan, sê diegene wat die besluit kritiseer.

 

Moedswillig gesproke: As daar ruimte in die kerk is vir hulle wat die nuwe belydenisgrondslag van die kerk aanvaar, maar ook vir dié wat dit nie aanvaar nie, behoort daar sekerlik ook ruimte te wees vir diegene wat in die duiwel as persoon glo en dié wat nie in die duiwel as persoon glo nie. Dan behoort daar ook inklusiewe ruimte te wees vir alle gelowige lidmate ongeag hul seksuele oriëntasie en ook mense wat moreel-etiese saamblyverhoudings het.

Mense in dié kamp sê die kerk moes met dapper leierskap die diep evangeliese waarheid van Belhar aanvaar het – eerder as om met politieke skuiwe vir hom ruimte oop te stoei.

Néé sê ander. Belhar is ’n staf om mee te lei en nie ’n stok om mee te slaan nie.

 

Dr. Deon Kitching van die Paarl, ’n praktiserende NG teoloog en hoof van die ­Emmaus Sentrum vir Geloofsvorming in Familie-en-Gemeentebediening in die Paarl, voel anders.

 

“Die feit dat die “verdraagsaamheid” in ’n kerkorde-artikel ingeskryf is, is na my oordeel die grootste fout wat in ’n lang tyd in die hele gesprek gemaak is.

 

“Wees dan liewers eerlik. Verklaar ons gemeentes is sat vir Belhar, ons is sat vir kerkhereniging en ons is sat om mekaar op grondvlak te beloer. Maar nou het jy die spreekwoordelike Trojaanse perd binne jou belydenis ingebring,” sê Kitching, wat ’n Belhar-ondersteuner is.

 

“My vraag aan die sinode sal wees: ‘Antwoord my kort sodat ek dit vir die kinders en families waarmee ek werk, kan verduidelik.’ Wat antwoord ek in die lig van die nuwe artikel 1 (en die gevolge daarvan) as iemand my vra: Wat bely jy? Is dit iets in die lyn van ‘Ek glo, ander van ons glo nie... Sommige van ons wag totdat almal saamstem voordat ons glo?’”

 

Die moderator van die VGK, dr. Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, verstaan waarom die Belhar-besluit vir die NG Kerk ’n deurbraak is.

 

Sy sê dieselfde debatte het rondom 1986 in die destydse NG Sendingkerk gewoed. Hulle moes ook ruimte maak vir diegene wat nog nie gereed is om die belydenis van Belhar as belydenis te aanvaar nie. Daarom het sy begrip vir die NG Kerk se dilemma.

 

“Die standpunt van die VGK is egter dat die onderskrywing van al die belydenisse sonder dwang geskied. Dit geld die belydenis van Belhar, maar dit geld ook al die ander belydenisskrifte. Wat die VGK betref, het ons nog altyd konsekwent gesê die belydenis van Belhar moet presies net soos die ander behandel word, en dit beteken inderdaad sonder belydenisdwang.”

 

Ook oor ander kwessies by verlede week se sinode was dit soms een tree vorentoe, een tree terug.

 

Gay teologiestudente in verhoudings kan nou weer gelegitimeer word, maar mag steeds nie vaste verhoudings aanknoop nie.

 

Homoseksuele lidmate moet nog minstens twee jaar wag sodat die kerk die saak verder kan “bestudeer”.

 

Ongetroudes met saamwoonverhoudings is skielik ook weer op die vingers getik – dit terwyl die vorige sinode ’n sagter benadering gehad het.

 

Intussen keur talle van die kerk se predikante sulke verhoudings stilswyend goed. Dit is in elk geval onwaarskynlik dat enige ongetroude paartjie hulle aan die jongste besluit wat alle saamblyverhoudings afkeur, gaan steur.

 

Die kerk gaan eerder 'n groot aantal lidmate verder vervreem, soos met sy besluit oor egskeiding in die 1980’s.

 

Rubikon of molshoop? Een ding is duidelik: Die geloofsgesprek word lankal nie meer net op sinodevloere tussen ouderlinge en predikante gevoer nie, maar ook op die markplein.

 

Die lewendige gesprekke die afgelope week op sosiale media soos Twitter, Facebook en verskeie blogs het getoon die 200 dominees en kerkraadslede in Port Elizabeth se Veremarksaal se stemme is maar ’n druppel aan die emmer.

 

En boonop meen baie mense dat die gemiddelde sinodeganger die kerkleiding ligjare voor is.

 

Jean Oosthuizen is ’n voormalige nuusredakteur van Kerkbode.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie