Uiteraard ruk 'n beoordeling van daardie preek weer die omstrede debat oor profete en profesieë oop.
Daardie preek wat dr. Pieter Bingle in 1989 tydens die inhuldiging van FW de Klerk as staatspresident gelewer het. Toegegee dat daardie “profetiese” preek nie die enigste saak is wat in ons land se politiek onderskat kan word nie. Ook hierdie preek, uit Jeremia 23, moet in sy groter verband gesien en beskou word, byvoorbeeld teen De Klerk se “konserwatiewe” politieke agtergrond van voor hy staatshoof geword het en wat daarna sou gebeur, sy sogenaamde Rooi Vrydag-toespraak ingesluit. Dit is egter hierdie preek, in “profetiese” trant deur Bingle bedien, wat meer as enigiets anders De Klerk se politieke gedaanteverwisseling verklaar. 'n Katarsis-oomblik is wat, gesien in die lig van die gedagte- en gemoedsbeheerprogramme van instansies soos die Amerikaanse CIA, dié sneller kon gewees het wat De Klerk vir die verwoesting wat hy aan die land sou aanbring, afgevuur het.
Uiteraard ruk 'n beoordeling van daardie preek weer die omstrede debat oor profete en profesieë oop. Elke politiek bewuste Afrikaner weet van die debat wat woed om Siener van Rensburg en Johanna Brand. Hul voorspellings, en ook die verklarings, is 'n taai onderwerp. Dan is daar ook die debat oor die Bybelse profesieë, Ou en Nuwe Testament, en hul uitleg vir ons dag. Dis geen maklike gesprek nie, ook virdie hooggeleerde teoloë van ons dag. Het Bingle daardie dag in sy uitleg van Jeremia 23 verse 16 en 22 die kat gruwelik aan die stert beet gehad? Die geskiedenis soos dit daarna ontplooi het, die ongeluk waarin De Klerk die Afrikanervolk en die land gestort het, toon dat Bingle die bal skoon mis geslaan het. Dat hy in sy toepassing van die gelese gedeelte hom streng by die lering vervat in die gelese gedeelte moes gehou het en nie regstreekse lyne daaruit moes getrek en dit op FW de Klerk se leierskap van toepassing moes gemaak het nie.
Of! Moes Bingle homself maar nie by daardie vermaning aan De Klerk teen valse profete ingesluit het nie?
En De Klerk? As 'n gelowige? Moes hy nie daarvan bewus gewees het dat daar ook iets soos 'n leuengees is wat onder die toelatende wil van die HERE onder afgedwaalde gelowiges bedrywig is nie? Wat ook al die gewone gelowige se bedenkinge oor Bingle en De Klerk se doen en late is, sal dit nie die regte ding wees dat 'n geroepe dienaar van die HERE weer na daardie verse en Bingle se uitleg kyk nie? Die Afrikanervolk soek antwoorde! Die Christen-Afrikaner soek antwoorde!
Dat Bingle se boodskap in daardie omstandighede en in daardie tyd waarin De Klerk met vele vrae moes gesit het, 'n indruk gemaak het en 'n emosionele ontlading gebring het wat hom in die uitoefening van sy “staatmanskap” sou rig, ly geen twyfel nie.
Een kommentator stel dit so: “FW de Klerk was diep geraak deur Pieter Bingle se diens. Hy was letterlik in trane. In 'n na-inhuldigingsamekoms het hy aan sy vriende en familie gesê dat hulle vir hom moet bid terwyl trane oor sy wange gerol het. Hy het verklaar dat God hom geroep het vir 'n besondere taak... om die land te red … om al die mense van die land te red. Hy het gesê hy weet dat hy deur sy eie mense verwerp sal word, maar dat hy die pad sal moet loop en dat sy vriende en familie hom behoort te help. Hy het bely dat God hom geroep het en dat hy nie die roeping hoort te versaak nie.
“De Klerk, 'n narsisis, het homself as spesiaal beskou... uitgesonder deur God Almagtig om die werk te doen... om die uiterste verraad teen sy eie mense te pleeg. “Van daardie dag af het De Klerk geweet wat om te doen. God het aan hom gesê om die land aan 'n bende marxistiese terroriste te oorhandig...”
Bingle het die Woord bedien uit verse onder die opskrif, Teen die valse profete. Uit daardie gedeelte die twee verse waarop Bingle die aandag gevestig het: 16: So sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul hart verkondig hulle; nie uit die mond van die HERE nie. 22: Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hulle handelinge.
Die reeds aangehaalde kommentator skryf: In hoofsaak het Pieter Bingle vir FW de Klerk gesê om nie meer te luister na die mense en sy raadgewers wat “almal valse profete” is nie. Hy het aan De Klerk vertel dat hy in God se raadsaal staan en dat hy 'n werktuig van God is; dat hy wat in God se raadsaal staan, 'n werktuig van God is en dat hy wat in God se raadsaal staan aggressief genoeg moet wees om die vraagstukke en uitdagings vreesloos te benader.
SÓ IS DESTYDS OOR DE KLERK SE INHULDIGING BERIG:
Pretoria is gereed vir sy nuwe Staatspresident Die FW-era begin: Eerste toespraak gretig afgewag
DIE oë van die wêreld is vanoggend op mnr. F.W. de Klerk gerig wat net voor elfuur in Pretoria as Suid-Afrika se tweede uitvoerende Staatspresident en elfde Regeringshoof sedert 1910 ingehuldig word.
Veral mnr. De Klerk se eerste toespraak as Staatspresident, wat hy net ná sy inhuldiging in die amfiteater van die Uniegebou hou, maak groot belangstelling gaande.
Die verwagting is dat mnr. De Klerk hom by herhaling tot daadwerklike vernuwing sal verbind en hom sal rig tot alle landsburgers oor die nuwe toekoms wat hy en die Regering vir Suid-Afrika beoog.
Pretoria was gister 'n miernes van bedrywigheid terwyl alles in gereedheid gebring is vir die inhuldigingsplegtigheid in die NG kerk Universiteitsoord in Brooklyn en mnr. De Klerk se
inhuldigingstoespraak daarna. Sowat 3 500 sitplekke is in die amfiteater reggesit, ook vir lede van die publiek. Die verwagting is dat die amfiteater stampvol sal wees wanneer mnr. De Klerk sy toespraak lewer.
Veiligheidsmaatreëls
Buitengewoon streng veiligheidsmaatreëls geld reeds van gister af in die omgewing van die kerk en die Uniegebou. Verskeie strate in die omgewing sal vanoggend van sesuur af tot om twaalfuur vir verkeer
gesluit word. Die kerkdiens sal om tienuur begin en die inhuldiging word
waargeneem deur Hoofregter M.M. Corbett. Die verrigtinge in die kerk en by die amfiteater sal regstreeks oor televisie uitgesaai word. Spesiale sitplekreëlings is getref vir die sowat 1 500
hoogwaardigheidsbekleders en persoonlike gaste asook vir die groot getal binnelandse en buitelandse
media-verteenwoordigers wat die verrigtinge sal bywoon.
Die inhuldiging is van heelwat kleiner omvang as dié van mnr. P.W. Botha in September 1984 in Kaapstad. Dit is so op versoek van mnr. De Klerk.
Onder die gaste by vandag se inhuldiging is mnr. Marais Viljoen, 'n voormalige Staatspresident, staatshoofde van die TBVC-lande, Kabinetslede, die Speaker van die Parlement, buitelandse gesante,
voorsitters van die Huise van die Parlement, die Administrateurs van die provinsies en Parlementslede.
Dr. Pieter Bingle, leraar van die Gereformeerde Kerk Kaapstad en 'n studentemaat van mnr. De Klerk, sal in die kerk preek. Die koor van die Potchefstroomse Universiteit, mnr. De Klerk se Alma Mater, sal in die erediens die Credo sing. Ander kore sal ook uitvoerings lewer. Prof. Johan Heyns, voorsitter van die Algemene Sinodale Kommissie van die NG Kerk, sal die liturgie tydens die diens behartig, terwyl die Skriflesing gedoen sal word deur die Aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk (Church of England), aartsbiskop J.J.B. Bell.
Mnr. De Klerk en mev. Marike de Klerk sal die kerk presies om tienuur binnekom en sal by die deur ontmoet word deur dr. Bingle, prof. Heyns, biskop Bell, Hoofregter Corbett en dr. Jannie Roux,
sekretaris-generaal in die Kantoor van die Staatspresident. Ná die kerkdiens sal Hoofregter Corbett mnr. De Klerk as Staatspresident beëdig terwyl mnr. De Klerk die ampseed met sy regterhand op die Bybel aflê. Hy sal ook die ampseed onderteken. Daarna sal die nuwe Presidentspaar per motor na die Uniegebou ry. 'n Motorfiets-begeleiding sal die ampsmotor vooruitgaan. Sekere van die strate langs die roete van vyf kilometer tussen die kerk en die Uniegebou sal belyn word deur soldate van die SA
Leër, die SA Lugmag, die SA Vloot en die SA Geneeskundige Dienste. By die Uniegebou sal mnr. De Klerk met die Nasionale Saluut deur die Staatspresidentswag begroet word. Dit sal gevolg word deur 'n
kanonsaluut van 21 skote en 'n saluutvlug deur die SA Lugmag. Dan sal de Klerk saam met die hoogwaardigheidsbekleders na Overvaal, die Administrateurswoning van Transvaal, vertrek vir 'n burgerlike onthaal.
Mnr. en mev. De Klerk sal ook later vanmiddag die ambassadeurs en hoofde van missies van ander lande in Suid-Afrika by die Presidensie ontmoet.
WHAT WAS IT THAT MOVED F.W. ...
www.feintandmargin.com, 3 June 2011 [cached]
What was it that moved F.W. de Klerk to become one of the worst traitors of his people to date? Was it one of the above, or all of the above…or was it a specific combination? In this article I will explore whether F.W. de Klerk fits the criteria to be called a traitor as well as delve a bit deeper into life of this infamous Nobel laureate.
...
Several authors as well as F.W. de Klerk's own brother Wimpie de Klerk and F.W de Klerk himself, state that F.W. never really experienced a liberal Damascus conversion moment. With him it was a slow, gradual change. This is not entirely true. F.W. de Klerk did have a Damascus moment…well sort of.
To fully grasp his conversion, it is necessary to explore the ideology of F.W. de Klerk prior to his February 1990 speech. When we say he was conservative or religious, we need to define HOW conservative and HOW religious he actually was.
...
F.W. De Klerk was, and still is, such an Ultra Conservative Christian… a "Dopper", a member of the Boer Church.
During his times of intense introspection, F.W. de Klerk also searched for such a sign from God, to show him the way, a calling to do something great.
...
De Klerk, his wife Marike and Pieter Bingle knew each other since their student days at the Potchefstroom University.
...
Pieter Bingle and F.W. De Klerk are also members of the same Afrikanerbond lodge (afdeling) , Leeuwenhof in Cape Town.
...
At the inauguration of F.W. de Klerk as State President, Dominee Pieter Bingle gave a sermon…His text was from Jeremiah 23 verse 16 and 22.
...
In essence, Dominee Pieter Bingle told F.W. De Klerk to stop listening to the people and his advisers who were all "false prophets". He told De Klerk that he was standing in the Council Chamber of the Lord, that he was an instrument of God. He told De Klerk that he who stands in the Council Chamber of the Lord will be aggressive enough to tackle problems and challenges fearlessly.
...
Mr. de Klerk, as our new President, God is calling you to do his will. Today God calls you to serve as the President of South Africa. God's commission is not to serve as the President of some of the people, but as the President of all the people of South Africa.
F.W. De Klerk was deeply moved by Pieter Bingle's sermon.
...
De Klerk, the narcissist, felt himself special…singled out by God Almighty to do this job…to commit the ultimate treason against his people.
From that day on, De Klerk knew what to do. God told him to hand over the country to a gang of Marxist terrorists.
Whilst De Klerk enjoyed his liberal Damascus moment, on the other side of the parliamentary benches, the Conservative party felt different.
...
But why was F.W. de Klerk in doubt to start off with? What cognitive dissonances were playing off in his mind at the time of his Bingle induced Damascus moment?
...
When one thinks that F.W. de Klerk was Ultra Conservative then it is still nothing compared to Marike (Willemse) de Klerk, his first wife.
...
Nevertheless the marriage lasted four and a half years and the couple got divorced around the same time that F.W. de Klerk got divorced from Marike. During Willems marriage to Hermien, rumours started circling that he and a dark-haired woman frequented a popular restaurant in Kloofnek, Cape Town.
...
As a once Ultra Conservative politician it must have chewed F.W. de Klerk up inside.
...
F.W. de Klerk had to make peace with this and that his grand-children would be coloureds. As such, his Ideology changed from Ultra Conservative to Liberal.
...
Marike and F.W. de Klerk became good friends with the Giorgiadis couple. They became frequent visitors to Greece where they were the guests of the Giorgiadises on Tony's luxury motor yacht.
To be blunt, Elita was a spoiled woman. She grew up rich and had a privileged life and was bored of all the luxury. She started to have an affair with the very religious and conservative F.W. de Klerk. Apparently, God turned a blind eye at the time, because De Klerk was still the chosen one. By 1994, Georgiadis suspected his wife of having feelings for De Klerk and confronted the outgoing president about it.
...
De Klerk agreed to sever contact with Elita, but this never materialised.
Nevertheless during the entire time of the Codesa negotiations, also known as the "Roelf and Cyril show", De Klerk was disinterested. All he had on his mind when our country was handed over to Marxist terrorists, was his Greek mistress. De Klerk was totally obsessed with Elita. South Africa was slipping into the hands of communists, and his brethern about to be slaughtered, yet De Klerk couldn't care less. De Klerk was betraying his friend Tony.
...
To gain further insight into De Klerk, one has to remember that he left his wife Marike on Valentine's Day 1998 to live with his mistress. Six days after the death of Marike he married Elita.
...
Was F.W. paid to hand over South Africa? How did he gain financially? Well, he did obtain half of the Nobel Prize which is about $1,4 million dollars. In addition he wrote a biography, travels the world, and delivers speeches as the chairman of the F.W. de Klerk Foundation and the chairman of the Global Leadership Foundation. This is all legal. The question we need to ask is was he paid a specific sum? How much was he paid, and most importantly who paid the piper and called the tune?
In a report in the Citizen , Steven Motale reported that former president P.W. Botha in an interview with a Dutch Newspaper a few days before his death alleged that De Klerk received "Millions of dollars" to hand over the country to the ANC.
...
The leader of the HNP Willie Marais eventually wrote a letter to De Klerk asking for his explanation as to why the money was never declared. De Klerk threatened with lawyers in the light of libelous accusations, yet he never went through with it. The National prosecuting Authority and the Scorpions simply ignored these allegations and it was never investigated.
What we do know is that in 2008 De Klerk owned a prestigious wine farm in the Cape called "Wildepaardejacht" which was his residence for ten years. It had 14 hectares of vineyards and 7 hectares of olives and fruit orchards. It went on the market for R35 million. After this De Klerk bought himself a R20 million mansion in Fresnaye in Cape Town where he is still living today with his Greek wife.
...
Based on the aforementioned, It appears as if these people, The Anglo American Establishment of the CFR and the RIIA through their agents, the CIA and MI6, in co-operation with big business, were the ones who made the offers to P.W. Botha and F.W. De Klerk.
...
In turn, De Klerk was a member of the SSC from 1985-1989.
...
Minutes of the meetings of the State Security Council shows that F.W. de Klerk was present when the decision was taken to "remove" Mathew Goniwe.
...
De Klerk had many skeletons in his closet, not just his love affair with his Greek mistress at the time (that nobody knew of). A few years later his former wife Marike wrote two books. Her second book, "A place where the sun still shines" was an attempt to help women who are going through the same as she went through with F. W. de Klerk.
The editor of Marike de Klerk's two books, Maretha Maartens of publishers Carpe Diem, sent a copy of the chapter to F.W. de Klerk.
...
De Klerk was livid.
...
With de Klerk, it clear that the entire scope of MICE was used to get De Klerk to capitulate and commit treason. His sins were covered up into the finest detail. The public was duped. The F.W. de Klerk that we saw on television was a tall clean shaven intelligent man always with a smile on his face. The people were taken in by him. He was the new broom, and boy was he sweeping clean…getting rid of all those cob-webs of the old Apartheid era.
...
In August 2010 F.W. de Klerk was interviewed by Murray La Vita of Beeld and F.W. said that the name "traitor" doesn't bother him.
...
Apartheid, communism, De Klerk, treason
This post was written by:
www.pittsburghspeakerseries.com, 14 Mar 2006 [cached]
F.W. DE KLERK
F.W. de KLERK Former President of South Africa and Nobel Peace Prize Laureate
...
As the last apartheid-era president of South Africa, he ended apartheid, leading his country's peaceful transition to black majority rule. In 1993, he and Nelson Mandela received the Nobel Peace Prize for their role in the democratization of South Africa. In 1999, he established the F.W. de Klerk Foundation, dedicated to the promotion of peace in multi-communal societies.
Global Panel Foundation
www.globalpanel.net, 24 April 2011 [cached]
Frederik Willem de Klerk Nobel Laureate and former President of South Africa; Honorary Chairman of the Prague Society for International Cooperation
VALSE PROFETE BUITE GOD SE RAADSKAMER
PIETER COETZEE, Posbus 632, Sanlamhof, skryf: Die teks na aanleiding waarvan die Staatspresident ingehuldig is (Die Burger 21 September, ``SP kan toekoms oopboor'' - dr. Bingle) verdien verdere aandag. Die teks ``Want wie het in die raad van die Here gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor?'' (Jeremia 23:18) is inderdaad profeties, maar dan profeties uit 'n Bybelse oogpunt! Dié deel handel oor die valse profete, (sien perikoop bokant vers 9, ou vert.) Jeremia 23:16, ``So sê die Here van die leërskare: Luister nie na die woorde van die 'valse' (Amplified Bible) profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele 'valse' (Amplified Bible) verwagtinge; gesigte 'visie'? (Amplified Bible) uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie.'' Die Here sê duidelik dat dié manne met visie, wat ydele verwagtinge wek, wat die dinge van hul eie hart verkondig en nie dié van die Here nie, wat vrede beloof aan diegene wat die Here verag en waarborg dat geen onheil hulle sal tref nie - dat hulle vals is! Die Here het hulle beslis nie raad gegee nie. Was die Cape Times se voorbladberig (23 September), ook profeties? ``FW and Tutu shares same vision.'' DR. PIETER BINGLE, Glencoeweg 29, Oranjezicht, Kaapstad, skryf: Die sleutelgedagte in die prediking tydens die beëdiging van Staatspresident F.W. de Klerk was die uitspraak van die Almagtige God: ``As hulle in my raadskamer gestaan het, sou hulle my woorde aan my volk meegedeel het . . .'' (Jeremia 23:22). Die konteks waarin dié teks geskryf staan, is naamlik dat die Here, die Almagtige God, by monde van sy profeet Jeremia waarsku teen profete wat nie in die raadskamer van God staan nie, maar met ampsgewaad - wit boordjies, manelle en togas - 'sonder opdrag' in my Naam as profete optree (vs 26). Hulle hardloop rond met 'n boodskap (vs. 21) en praat oor visioene wat hulle self uitdink en nie oor wat die Here sê nie (vs. 16). Die Here noem dit 'afstootlik' en 'afskuwelik' (vs. 13,14). Hulle dien die leuen en plunder die waarheid. Hulle is hoegenaamd nie op God se eer gerig nie, maar totaal selfgesentreerd. As hulle nie die bruid op die bruilof kan wees nie, dan wil hulle die lyk op die begrafnis wees. Valse profete wat nie luister na die bevelende wil van God nie, maar flagrant en arrogant op 'n gruwelike wyse die volk mislei en valse verwagtinge wek met demoniese 'waarhede'. As die Almagtige God teen dié agtergrond na sy raadskamer verwys as die plek waar profete moet staan om die wil van God te hoor en te verkondig, dan is dit 'n duidelik korrektief op die valse profete. God die Here waarsku dus teen die valse 'hoëpriesters en profete' wat kwyl van godsdienstige 'vroomgeit' en daarmee juis so misleidend en bedrieglik is. Die boodskap is duidelik: Luister met onderskeiding en stel die geeste op die proef. En die toets om aan te lê - die sleutel, die sjibbolet - in dié onderskeidende luister, is: 'in die raadskamer van God staan'. Wie in God se raadskamer staan - dit wil sê coram Deo (vlak voor God, in die teenwoordigheid van God) - sal die Woord van God en die wil van God onvervals verkondig.
briewe president godsdiens
SP KAN TOEKOMS OOPBOOR - DR. BINGLE
Van Ons Politieke Redaksie PRETORIA. - ``Die man wat in God se raadskamer staan, boor die toekoms in en oop met die beginsel van geregtigheid.'' Dit was een van verskeie reguit uitsprake wat dr. Pieter Bingle, leraar van die Gereformeerde gemeente Kaapstad, gister gemaak het toe hy die preek gelewer het by die inhuldigingsdiens van pres. F.W. de Klerk in Pretoria. VERKENNER Dr. Bingle, 'n jarelange huisvriend van die De Klerk-gesin, het sy preek gegrond op 'n teks in Jeremia 23: ``So sê die Here die Almagtige: As hulle in my raadskamer gestaan het, sou hulle my woorde aan my volk meegedeel het.'' Hy het gesê daar is vele getuienis dat die raadskamer van God nie vir mnr. De Klerk 'n onbekende plek is nie. Vir so 'n mens is tradisie nie 'n onaantasbare heiligdom nie en hy is geen pasmarkeerder en 'n status quo-mens nie. Vir hom lê gesonde konserwatisme daarin dat hy hom hou by die ononderhandelbare beginsels van die Woord van God. ``Maar wie in die ou groewe bly, sal agterkom dat al verskil tussen 'n graf en 'n groef die diepte daarvan is.'' Dr. Bingle het gesê daar word van iemand in die raadskamer van God verwag om die rol van eietydse verkenner te speel wat die toekoms antisipeer en nie vassteek by 'n blote repetisie van die verlede nie, want ``wie rugwaarts deur die lewe gaan, sal toekomsskok opdoen''. ``Om in God se raadskamer te staan is om die grens na die toekoms oop te maak. Daardie pad is nie sonder risiko's nie, maar hy is gekarteer. Dit breek die toekoms oop na hoop. ``In God se raadskamer vind die Groot Indaba plaas. Dit is 'n oop gesprek sonder 'n geheime agenda. Wie daar staan, sal geleenthede gryp en die regte ding op die regte tyd doen. ``Hy sal ligvoets en met evangeliese soepelheid beweeg. Hy sal die toekoms inboor en oopboor met 'n beginsel wat my geliefde vriend self hoog aangeslaan het, naamlik geregtigheid,'' het dr. Bingle gesê. ENGELS Nadat 'n dankgebed deur prof. Johan Heyns, voorsitter van die Algemene Sinodale Kommissie van die NG Kerk, gedoen is, het dr. Bingle die seën oor mnr. De Klerk en die kerkgangers uitgespreek. Die skriflesing by gister se kerkdiens was in Engels en is gedoen deur eerw. J.J.B. Bell van die Anglikaanse Kerk.