“The war will continue; it will not be a war with bullets anymore, but it will be war still.”
Die belangstelling in Suid Afrika is ewe skielik, (maar vir die wat weet nog altyd) geweldig. As ons President Paul Kruger se stelling in gedagte hou wat hy tydens die onderhandelinge met Milner in Bloemfontein in Mei 1899, toe dit vir hom spoedig duidelik geword dat die Britte nie stemreg vir die uitlanders soek nie uitgeroep het: “Dis nie die stemreg wat julle wil hê nie, dis my land wat julle wil hê!”, dan besef ons vandag hoe reg hy was!
Dit was na die oorlog dat Milner gesê het: “The war will continue; it will not be a war with bullets anymore, but it will be war still.” ʼn Bevestiging van Milner, en derhalwe die Engelse se oogmerke is opgeteken in die boek van HT Colenbrander, “De Afkomst der Boeren” waarin hy geskryf het,” De wêreld heeft trots het vredesverdrag, met de Boeren nog niet afgerekend”
Wanneer die Amerikaanse betrokkenheid, deurgaans na die sluipmoord op dr. HF Verwoerd in aanmerking geneem word en hoe feitlik elke ander land in die wêreld ingesleep is om apartheid te help aftakel, ‘n aksie wat niks anders as ʼn aanslag op die Afrikanervolk self was nie, is daar nie ʼn ander afleiding te maak as dat Suid Afrika ʼn uiters belangrike strategiese en ook ander waarde het vir die Vyande van die Afrikanervolk in hulle beplanning vorentoe.
Dit word egter al hoe moeiliker vir die Britte en Amerikaners om staat te maak op hulle beplanning wat gewortel is in die Mandela opset wat in samewerking met die Broederbond, beslag gekry het na die sluipmoord op dr. Verwoerd. Die rede daarvoor is hoofsaaklik die afhanklikheid van die swart lakeie wat daarvoor opgestel en opgelei is en nou nie meer so gedienstig en inskiklik is nadat geld en status en mag gesmaak en geniet is nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat die risiko’s van mense soos prof. Willie Esterhuyse, dr. Wimpie de Klerk, Constand Viljoen en andere se riskante verraderlike optredes, nie die eindresultaat gaan lewer wat die Broederbond in samewerking met die NP beplan het nie. Terwyl die politieke spel rondom die Xhosas geweef is en steeds voortduur, is die Zulus besig om hulle op egte Afrikastyl in te grawe en swaar oor te leun na die Kommunistiese lande wat ontvanklikheid openbaar vir hierdie toenadering wat nou vir hulle deure open wat nog altyd gesluit was.
Interessante, (maar ongetoets deur die AVP) uittreksels van inligting op Vaandel se webblad versterk die belangrikheid van Obama se beplande besoek aan Suid Afrika.
By Vaandel Uitgewers | Published June 24, 2013
Die inligting wat ons hier verstrek, is van die belangrikste wat ons in ʼn lang tyd ontvang het.
Die ganse wêreld sit op die oomblik en naels kou oor wat gaan gebeur as Mandela die dag groet
Die vraag is nou: hoekom is die ANC naarstiglik besig om voor te berei asof hy n Arabiese Lente rondom Mandela se begrafnis verwag?
Dat Mandela tans op sterwe lê, is geen geheim meer nie. Op CBS News was kykers verstom om te hoor dat sy hart gaan staan het voordat hy om halfeen die nag van 8 Junie inderhaas na die Pretoria Hospitaal toe geneem is en dat hy eers bygebring moes word.
Volgens ʼn berig in die Daily Mail, reageer hy glad nie meer nie, en sy familie oorweeg dit om die hart-long-masjien wat hom aan die gang hou, te laat afskakel
Tipies Derde Wêreldstandaarde, is die Pretoria Hospitaal se watertoevoer Dinsdag skielik afgesny en moes daar inderhaas 20 000 liter noodvoorraad bekom word om Mandela te kon behandel. Die watertoevoer is Vrydag eers weer herstel, het Radio 702 gesê.
[Die] Amerikaanse vlootsoldate wat gastehuise in Waterkloof beset het, het oornag padgegee, en waarskynlik na Umtata vertrek. Op n vraag wat hulle hier kom maak het, was die antwoord bloot: “Dis hoogs geheim en ons mag nie daaroor praat nie!”
In een van die gastehuise wou hul faksmasjien nie werk nie en moes hulle noodgedwonge die gastehuis s’n gebruik. Die faks wat gestuur is, het gehandel oor n ontsaglikehoeveelheid wapens wat die land binnegebring word. En terwyl die soldate een aand besope was, het hulle vertel die wapens word na verskillende plekke in SA gestuur (ambassades?), en ook genoem dat hulle baie, baie bang is vir die oorlog wat hier gaan losbars.
Die VSA regering het ʼn tyd gelede reeds alle reëlings rondom Mandela se begrafnis uit die hande van die ANC geneem, aangesien die ANC, volgens ʼn senior Amerikaanse offisier, dit nie kon behartig nie en ook hopeloos sou verbrou het. Tot dusver beloop Amerika se kostes vir die reëlings reeds meer as 900 miljoen dollar (byna R10 miljard) en teen die tyd dat alles weer “genormaliseer” het, kan dit verdubbel.
Die skedule wat gevolg gaan word, is glo reeds volledig uitgewerk en sien soos volg daar uit ? dit mag dalk later verander.
Daar word glo beplan om Mandela se dood binne die volgende week en waarskynlik vóór die 29ste Junie aan te kondig. (Maar laat ons liewer wag totdat dit amptelik aangekondig word).
In ʼn mediaverklaring sal o.a. gesê word dat die SA regering met ʼn staatsbegrafnis mnr. Nelson Mandela se uitstaande nalatenskap wil eer en daarom ʼn amptelike routydperiode van (aantal dae) aankondig. Die heengaan van mnr. Mandela was een van die belangrikste gebeurtenisse vir beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Daarna sal hy ʼn “vinnige” balsem-behandeling ontvang wat net moet hou vir die duur van die begrafnis.
Sy liggaam sal eers in Pretoria in staatsie lê, daarna verskuif word na die Coca Cola Dome in die noordelike dele van Johannesburg, uiteindelik word sy liggaam na Umtata geneem om ook daar in staatsie te lê, voordat hy begrawe word.
Vir die duur van die begrafnis sal die OT-lughawe slegs begrafnisgangers akkommodeer.
Sekere paaie kan afgesper word.
In hierdie stadium oorweeg Amerika dit om ook Engeland en Duitsland se hulp in te roep, aangesien daar nie net sprake is van moontlike terroristiese aanvalle op begrafnisgangers nie, maar ook xenofobiese geweld wat kan uitbreek. (Regse blankes sal nie hierby betrokke wees nie).
Alle Suid-Afrikaanse “operations” (ondernemings) kan moontlik gesluit word, behalwe diensverskaffing deur sake waarvan buitelanders afhanklik is.
In hierdie stadium is dit nog onduidelik watter besighede gesluit mag word, veral omdat die meerderheid swartes met verlof sal wees vir die duur van die routyd en begrafnis. Dit kan insluit KLEINHANDELAARS, VOEDSELVERSPREIDERS, VULSTASIES, FINASIËLE INSTELLINGS, STAATSDEPARTEMENTE, SOOS BV. DIE POSKANTOOR, ens. Afhangende van die gebied waar dit geleë is.
Daar is gerugte in omloop dat swart lokasies in Witbank en Middelburg (Tvl.), asook elders, oor adreslyste van blankes beskik wat wil onttrek en glo van plan is om die huise te beset. (Aldus Vaandel)
Die AVP se siening van die situasie is dat daar wel sporadiese geweld sal voorkom deur die onregeerbare jong heethoofde onder die swartes. Dit is egter nie in of die Zuma regime, of die Afrikanervyandige belang om nou anargie en chaos in Suid Afrika toe te laat nie. Nietemin moet ons almal wat dit nog nie glo nie, in gedagte hou dat die Afrikanervolk in ʼn onverklaarde oorlog gewikkel is en dat die oogmerk is om alle weerstand van en deur Afrikaners uitgewis te kry ten einde volle beheer oor Suid Afrika te kan hê. Wees dus paraat en nugter en hou tred met nuusgebeure in u omgewing.
Verder wil die AVP benadruk dat u nie geloof moet verloor wanneer omstandighede vir u onomkeerbaar lyk nie. Bly by ons volk se beginsel van afsonderlikheid en hou goeie moed. As u verkoel of afgedwaal het, keer terug na God, na u volk en na u geloof soos wat dit gelowige Afrikaners betaam. Skei u af van dit wat volksvreemd is en wat u dring om af te wyk van ons beginsels. Behou u taal en skool u kinders in Afrikanerwaardes, want hierdie land is ons land en sal ons land bly mits ons waardig geag word in ons uitsprake, optrede en standvastigheid.
Nie Amerika, Brittanje of watter ander land ookal het enige regmatige aanspraak op Suid Afrika nie en sal nie slaag om die deure na ons minerale rykdomme oop te hou met die onderduimse gelykstelling van rasse waartoe hulle ons voormalige leiers korrupteer het om ‘n een-mens-een-stem verkiesing te hou nie. Elke misdadige optrede van elke betrokke volk in die magsoordrag na die swartes toe is besig om na die oppervlakte te kom tot hulle ewige skande en nadeel. Hou dus goeie moed want die wiel draai onverbiddelik!