Ons plaas enkele uittreksels uit ‘n berig van Beeld wat aandui dat die ANC se grondgrypplanne besig is om momentum te kry.
Jan-Jan Joubert vandag in Beeld oor grondgryp (Sê niks meer!):
Grondsweer bars oop
2013-04-18 23:29
........
ANC-LP’s dring daarop aan dat openbare vergaderings op belastingbetalerskoste landwyd gehou word sodat mense aangery kan word om oor die eeu oue wet te praat wat swart grondeienaarskap amptelik beperk het.
En hulle wil hê dit moet spoedig gebeur – op 29 en 30 April in Gauteng en op 2 en 3 Mei in KwaZulu-Natal en Noordwes.
Die aanwysing van sekere dele van die land vir slegs wit grondbesit is in 1991 gestaak. Besitters het in die algemeen eiendomsreg behou, wat vir Thandile Sunduza, ANC-LP, die kern van die emosionele debat vorm.
Sy en ander ANC-LP’s het verhale oor die ontberende aard en voortgesette lyding weens die diskriminerende wet vertel.
Nadat Stone Sizani, voorsitter van die vergadering en ANC-LP, die Wetsontwerp op Grondonteiening bygehark het, het ’n vraag van Anchen Dreyer, DA-LP, of die onteieningswetsontwerp dan as regstelling vir die Wet op Naturellegrond gebruik gaan word, hom rooi laat sien.
Sizani het ’n edel motief en verlede aan die ANC toegedig en aan Dreyer gesê sy kan seker maar net haar kiesersmandaat verteenwoordig, met die implikasie dat die DA slegs kan praat namens wit eienaars.
Daarna het Sizani ANC-lede lank laat praat (vir Sunduza ’n slag meer as vyf minute lank), maar as Dreyer haar saak wou stel, is sy telkens binne twee sinne deur punte van orde onderbreek..................
Nadat Dreyer in haar spreekbeurt gesê het die DA steun grondhervorming en sou in regering nie die mislukking gemaak het wat die ANC die afgelope 20 jaar daarvan gemaak het nie, het Sizani die vergadering verdaag sodat reëlings vir die res van die herdenkingsproses getref kon word.